Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Afstande: Lucas Malan


Bekendstelling op 28 November 2002
Protea Boekwinkel, Stellenbosch

Geagte vriende en belangstellendes

Ek begin met die gebruiklike bedankings aan ons gashere, Protea Boekehuis en Protea Boekwinkel, wat die publikasie van my bundel en die bekendstelling daarvan vanaand moontlik gemaak het.

Dit gaan nog ’n clichť word om mnr Nicol Stassen van Protea Boekehuis te bedank vir sy waagmoed om in benoude tye soveel digbundels uit te gee, maar saam met ’n stuk of tien ander digters is ek dankbaar vir sy simpatieke houding jeens die Afrikaanse poŽsie en vir sy goeie wil om ten spyte van ’n druk program ook my bundel vanjaar te publiseer.

Ek wil ook vir dr Karen de Wet bedank vir ’n paar baie nuttige wenke in haar leesverslag oor die manuskrip. Dis verstommend hoe maklik ’n mens jou denkfoute en skryfnukke kan vertroetel of dit gewoon nie raaksien nie. Sy het my kalm en sonder irritasie op ’n paar ontsporings gewys.

Dit geld ook, en dan in die besonder, vir die redaksionele hulp wat ek van dr Jeanette Ferreira ontvang het. Die noukeurigheid waarmee sy die manuskrip nagegaan het om die taalgebruik en veral die leestekens te kontroleer, was indrukwekkend. In haar afwesigheid sÍ ek: dankie, Jeanette, vir jou kundigheid en die sagmoedige hantering van my slordigheid en aanwensels.

Ook vir Tienie du Plessis se smaakvolle tipografiese versorging sÍ ek dankie. Dis ’n pragtige boek.

Vir my volgende bedanking moet ek my helaas op die anekdotiese verlaat.

In Hennie Aucamp se dagboek Allersiele (1997) is daar ’n inskrywing onder die datum 25 Augustus 1995 wat my besondere plesier verskaf het omdat ek die betrokkenes so goed ken. Aucamp skryf: “(Ernst van Heerden) bel my verlede week en kondig aan dat hy nog twee jaar gaan leef. Wat, vra hy my streng, gebeur op 20 Maart 1996? Jy word 60, sÍ ek gelate. Ernst het weinig behae in my grappie. “Ek word 80,” sÍ hy, “en wat gaan Tafelberg doen daaromtrent?”

Vermaaklik soos dit is, wil ek dit net noem dat Daniel Hugo my ’n keer daarop gewys het dat Ernst op ’n maand na korrek was met sy voorspelling dat hy nog twee jaar gaan leef.


Wat is die verband met vanaand se bekendstelling? Wel, toe ek my aan die einde van 1997 in die Kaap kom vestig het, en geseŽn was om ’n huis in ’n stil deel van ’n stil dorpie te bekom, het my vriend en kollega John Kannemeyer my ernstig gevra: “Lucas, en wat beoog jy nou vorentoe?”

In dieselfde trant as Ernst se gesprek met Hennie, het ek geantwoord: “John, ek gaan nog vyftien jaar leef, en in daardie vyftien jaar gaan ek nog drie boeke skryf.” Onnodig om te sÍ dit het John nie juis geÔmponeer nie, want hż skryf soms drie boeke per jaar. Nietemin, hy het byna ’n jaar gewag voor hy begin vra het hoe ek met die drie boeke vorder. Ek het vir hom gesÍ ek kan nie ’n half voltooide huis afrond, bome plant, my twee hondjies vertroetel, al die nuwe Afrikaanse boeke lees ťn nog mooi gedigte ook skryf nie.

Daarna het hy elke ses maande navraag gedoen oor “die manuskrip”. Ek moes hom telkens daarop wys dat daar nie eintlik so iets is nie. Nou moet ek byvoeg dat niemand Šnders ooit navraag oor ’n vermeende manuskrip gedoen het nie, behalwe Danie Botha, wat twee jaar gelede versigtig verneem het of ek nie dalk ’n manuskrip het wat ’n uitgewer soek nie. Dank aan Danie, maar ook hy moes wag.

Vandag — nŠ vyf jaar — het die eerste van die drie hersenskimme wel verskyn, en ek bedank John in die besonder vir sy volgehoue aansporing — subtiel en soms minder subtiel — om dit tog so ver te bring.

Waarom het dit so lank geneem? Nie omdat (veral twee) resensente beweer het my vorige bundel, Hongergrond (1994), was ’n mislukking nie. Nee, ’n skrywer is ’n wysneus en hy laat hom nie maklik van stryk bring nie. In diť verband verwys ek as tersyde net gou na prof H P van Coller se D J Opperman-gedenklesing van 1999 waarin dit oor bloemlesings en die kanon gaan. Hy sÍ daar: “Waarskynlik waan digters hul van oudsher as die beste toegerus vir die taak van bloemleser.” (1999: 10, ek kursiveer.) Ek dink nie sy vermoede oor die “waan” van digters is heeltemal verkeerd nie, maar dis ook nie ’n volle waarheid nie. Dit egter net so in die verbygaan.

Nee, ek was gewoon besig om aan die praktiese eise van ’n grondige verskuiwing gehoor te gee. Ek moes my aanpas by ’n ander landskap, ’n gemeenskap waar ek dikwels as “oom” aangespreek word en ’n langsamer lewenswyse wat die platteland meebring. Op 50-plus het ek van talle dinge afstand gedoen, en in talle opsigte het ek van afstande bewus geraak.

Daarby het die behoefte of noodsaak om hierdie veranderde lewenswyse te beskryf, net sporadies ontstaan. Soms het daar twee “invalle” per week gekom, ander kere was dit maande lank afwesig.

Hieroor wil ek u herinner aan ’n uitspraak van Elisabeth Eybers wat sy in 1991 by die ontvangs van die P C Hooft-prys gemaak het: “PoŽsie is nie iets wat ’n mens onderneem nie, dis iets wat met jou gebeur.”

Diť uitspraak vind ek van groot belang vir enige kunstenaar, al is dit ůůk nie ’n volle waarheid nie. As ’n mens maar net in ons poŽsie kyk na komplekse digbundels soos Opperman se Komas uit ’n bamboesstok of Antjie Krog se Lady Anne, kan jy dit nie miskyk dat die outeur(s) algaande iets “onderneem” het nie. Verder is daar skilders en komponiste soos Michelangelo, Rembrandt en Mozart wat van hul grootste werke “onderneem” het.

Die belangrike punt in Eybers se uitspraak is egter dat sy ’n spontane element in die skeppingsproses voorop stel. En dit kan jy nie “bestel” nie, al moet ’n mens jou tůg daarop voorberei. Johan van Rooyen het my onlangs daarop gewys dat die gevierde natuurwetenskaplike Louis Pasteur beweer het: “Chance favours the prepared spirit.”

’n Eensydige ontvangs van kreatiewe energie lyk my dus nie moontlik nie. Eweneens lyk ’n ywerige beheptheid om kreatief te “produseer” ook vir my na die maak van baie nuttelose boeke, waarteen die Prediker ons al gewaarsku het.

Ten slotte iets oor die “has-beens” en die “wannabe’s”, as ek dit reg spel. Op Litnet het daar die afgelope tyd allerlei snedighede oor die ouer garde in die Afrikaanse literatuur verskyn. Ek vermoed dit kom van gefrustreerde “wannabe”-digters of -skrywers. Een van diť sluipskrywers wat onder ’n skuilnaam paradeer, het byvoorbeeld na my verwys as “plegstatig en reaksionÍr”. Volgens die goeie woordeboeke wat ek aanhou ťn gereeld gebruik, beteken dit dat ek konserwatief is en “streef na die behoud of herstel van die ou toestand”.

Wat my opvattinge oor die poŽsie betref, het diť closet-skrywer volkome gelyk, want ek skryf nie “poetry” nie. Daar is genoeg jongeres wat dit doen — soms goed, meestal sleg. Maar diť sluipskrywer kan gerus weet: Ek voel my heeltemal tuis in die tradisie van “plegstatige” digters wat hul medium en ambag ken, en respek vir hul lesers het. Ek het dit ook in hierdie bundel probeer handhaaf en ek hoop u sal dit geniet. Net voor ek ’n eksemplaar van Afstande aan dr John Kannemeyer oorhandig, lees ek op versoek van Louis Esterhuizen twee gedigte uit die bundel.

Dankie vir u teenwoordigheid.

Lucas Malan

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.