Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Kleinboer se Kontrei op die rakke

Kleinboer — een van SÍNet se gereelde bydraers — se roman het pas by PRAAG verskyn.

Hier volg meer inligting, verskaf deur PRAAG:

Kontrei

Outeur: Kleinboer. Titel: Kontrei. Fiksie/roman. Uitgewer: PRAAG. ISBN 0-9584635-4-9. Formaat: 205 x 140mm in sagteband, gestik op 90g houtvrye papier. Kleinhandelprys: R130, BTW ingesluit. Verskyningsdatum: 17 Desember 2003.

Kontrei bied ’n ryk en onthutsende kennismaking met die werklikheid. Dit neem ons op ongekarteerde paaie in Afrikaans, na die nihilistiese wÍreld van ’n seksmal hoereloper wat as blanke die geselskap van swart prostitute uit Mosambiek, Swaziland, ZambiŽ en elders verkies. Hierdie is ’n meedoŽnlose relaas oor een man se behoefte aan gereelde seks in die bordele van Hillbrow en omstreke, maar word onderbreek deur mymerende herinneringe aan sy tipies Afrikaanse kinderdae, asook die mooiste versameling Bybelversies wat enigeen nog uitgesoek het. Is hierdie debuutroman satire, bedekte outobiografie of sosiale kommentaar op die nuwe Suid-Afrika? Hieroor sal die leser self moet besluit.

Kleinboer

Kleinboer is in 1956 in die Boksburg-Benoni-hospitaal gebore. Hy het in die rekenaarwetenskap studeer, en na ’n lang, onvervullende tydperk in die rekenaarbedryf, werk hy tans as subredakteur by ’n boeretydskrif. Hy onderhou ook ’n Zoeloevrou en haar seun in sy huis naby die Johannesburgse middestad en kweek spinasie en rissies in die agterplaas. Sy houding teenoor honde is ambivalent.

Bestelbesonderhede:

Kleinboer se Kontrei kan bestel word deur On the Dot se tolvry nommer, 0800220224, te skakel. Die prys is R130, en dit sluit verpakking en posgeld in. Hulle vat kredietkaarte of kontant. Die boek beslaan 237 bladsye.

Mense wat bestellings vanaf die buiteland wil plaas, kan die internasionale nommer +27219188602 skakel of ’n epos stuur aan Peter Stout by pstout@naspers.com.

Eksklusief vir LitNet: ArbitrÍre uittreksels uit die roman:

Belinda is van Sebokeng naby Vereeniging. Sy het wortels in Lesotho. Sy rook dagga maar drink selde. Ek het gesien hoe haar vriendin crack rook, ek hoop nie Belinda doen dit ook nie. Sy noem my “sweetie”. Sy dra ’n keisersneemerk en soms ’n pruik. In haar kamer is posters van Mr Bean (Rowan Atkinson), supermodel Naomi Campbell, die band Just Jinger (Sommer Gemmer?), en ’n afdruk van ’n Europese skildery gedateer 1934. Haar oŽ is amandels en haar lyf is sag. Sy is ’n blowjob-koningin. Haar tong kielie die basis van jou balsak dat jy kriewel, dan werk sy geleidelik boontoe.

Sy het my nie gewaarsku dat sy begin menstrueer het nie. Driekwart deur die naai voel ek dinge is te glyerig en trek die papegaai uit om inspeksie te doen. O gaats, daar's rooi aan die kondoom. Ek wip by die stort in, trek die kondoom af en was my. Maar ek het nog nie waarde vir my geld gekry nie, Belinda. Ek lÍ op my rug vir fase twee van die blowjob. Haar lippe is aan die basis van die blokfluit, haar hand bewerk hom vinnig op en af. Ek kom soos ’n fonteintjie langs haar kop, darem nie in haar pruik nie. “That was beautiful,” sÍ sy.

*****

Sy het hom verlei deur haar baie mooipraatjies, deur die gladheid van haar lippe het sy hom verlok. Hy loop skielik agter haar aan soos ’n bees wat na die slagpaal gaan, en soos voetboeie wat dien tot tugtiging van die sot, totdat die pyl sy lewer splits; soos ’n voŽl haastig na die vangnet vlieg — sonder om te weet dat dit ten koste van sy lewe is. (Spreuke 7 verse 21 tot 23)

*****

In Oupa-hulle se toilet was ou tydskrifte om deur te blaai. In Landbouweekblad het ek ’n swart-en-geel-foto gesien van ’n bokser wat dood is nadat sy harsings in die kryt geskud is. Sy naam was Manfred Neuker.

*****

In Conradstraat in Blairgowrie in Randburg, onderweg na my tandarts, sÍ die bordjie bokant ’n bushalte: Betsie Verwoerd. Een van my goue stopsels het losgekom terwyl ek ’n toffie gekou het. Betsie Verwoerd klink na ’n ouetehuis. Ouetehuise kreun in die nuwe Suid-Afrika; die staat het subsidies onttrek.

In die wagkamer is ’n groot vistenk. Mens gee nie om om te wag nie, jy raak nie eens aan die tydskrifte nie, jy verkyk jou aan die gesimuleerde tropiese watertoneel. Vissies speel wegkruipertjie tussen waaiende wiere en korale. ’n Dun heldergeel vis, ’n alleenswemmer, vin dagdromerig op en af voor ’n spieŽltjie.

“Bite as hard as you can,” sÍ my tandarts. (Hy het al meer verhemeltes as ek gesien, soos wat my loodgieter meer stront as ek moes aanskou.) Ek noem my tandarts Martin, nie “dokter” nie. Hy trek informeel aan en dra ’n blouerige stud in sy linkeroor. Hy het omtrent twintig jaar gelede per boot uit Engeland hierheen ge-emigreer. Hy het hepatitis gehad toe hy jonger was, vertel hy. Sit sy mond nie aan alkohol nie, dit maak sy lewer seer. Hy is ’n duiker, hy dra ’n duur waterdigte horlosie met knoppies en ’n bandjie met ’n vismotief. “Stay away from toffees,” groet hy.

Nicole kom van Senegal. Mooi swart. Ek het nog nie teen haar gestoei nie, maar sy lyk sterk. Ek het haar deur Francina ontmoet, en ons het foonnommers uitgeruil. Een aand het ek haar en Francina uitgeneem vir drinks. Nicole het my onder die poeltafel in gespeel. Sy woon saam met ’n ou Engelsman. Ek het hom nog nie gesien nie, maar ek het gehoor hy is maer, dalk te maer om haar goed reg te sien. Hy reis gereeld, installeer veerpyltjieborde en muurbalvloere in ontspanningsklubs. Ek het Nicole omtrent twee weke gelede gebel om te hoor hoe dit gaan. Ek noem toe dat ek nie lank kan praat nie, want my selfoon se battery is amper pap. Sy nooi my toe om die battery in haar woonstel te kom herlaai. Dit was elfuur in die oggend, en haar boyfriend sou eers sesuur die aand terug wees. Die versoeking was groot, maar ek kon nie van die werk af wegkom nie; daar was vergaderings en nonsens.

Toe ek van die tandarts af wegry, my mond nog dood, lui my selfoon, en dis Nicole. Sy vra of ek Francina onlangs gesien het; sy het haar baadjie by een van Francina se vriendinne vergeet.

Ek trek by ’n vulstasie in. Ek gesels sleeptong in die skadu van ’n palmboom met Nicole terwyl ’n ou swart man met ’n Johannes-naamplaatjie my tenk volmaak. Oranje en geel blommetjies in ’n bedding in die son. Ons voel-voel mekaar oor die lug. Lank voor ons ouetehuismateriaal is, sal ek saam met Nicole in die middel van die Stille Oseaan wil swem, sonder snorkels. ’n Boot met alle geriewe klots bokant ons.

*****

Die misterieuse koninginby beheer die hele korf met haar reuk. Vroulike diere se invloed strek ver. Onder ’n mikroskoop sal jy feromone aan my snorhare kan sien kleef, en ek is nie eens ’n muff-diver nie. Nie dat ek muff-divers verfoei nie, each to his own. Al kan ek my beswaarlik iets versmorenders indink as ’n vrou wat op my gesig sit, is dit vir sommige ouens ’n asemrowende genieting. Ek het nog net twee keer my tong in ’n vagina gedruk, en na my mening is dit ’n orgaan wat geruik, eerder as geproe moet word. Ek het geen begeerte om ’n klitoris onder ’n vergrootglas te sien nie. En dis genoeg dat my penis goed weet waar die G-kol is.

Dis ’n diep pub lunch op Noon's se stoep. “Women should be revered,” sÍ Chris. “Ons ruik beter as wat ons dink,” sÍ ek. Ek sÍ vir hom ek weet van iemand wat, voordat hy sy huis binnegaan nŠ ’n laataand uit, agter sy luierende kar se uitlaatpyp lÍ vir ’n ruk. Die petroldampe verdoesel enige vreemde parfuumreuke wat aan mens kleef (dit help nie vir lipstiffie aan die kraag nie). ’n Man moet dit net nie buite jou hek doen nie, want ’n kaper sal jou kar so maklik soos ’n fopspeen afvat. Het jy geweet, mannetjiesbye het seks met die koningin ’n ent bokant die grond, in vlug? Die naaiende mannetjie hang agter die vlieŽnde koningin. Wanneer hy kom, is daar ’n klapgeluid soos sy lyfie breek, en hy vrek. Hy val weg, en dis die volgende mannetjie se beurt om haar te bevrug. Sy vlieg terug nes toe met die nageslag in haar.

NŠ vier biere elk begin ons oor ons huise gesels. “Ek is nie juis ’n control freak tuis nie,” sÍ ek, “maar as besoekers my wil afpis, moet hulle nat lepels in my suikerpot druk.” Chris praat oor die dinge wat hy op die draaibank in sy garage doen. Hy kan ook mure teŽl en skilderye raam en potte bak. Ek hou van hamers en skroewedraaiers en kan ’n gloeilamp vervang en ’n verstopte drein soos ’n vulkaan laat borrel met suur, maar dis omtrent al. Ek is ’n gespesialiseerde vakman. Teen die einde praat ons oor werk. Ek sou graag ’n kroegbaas op ’n strand wou wees. Met ’n woordverwerker op die toonbank, gekoppel aan e-pos en die Internet. Onder ’n grasdak. Ons kyk hoe ’n akkedis in die son kom ruik aan ’n koue sigaretstompie. Ek lig my glas en hy skarrel weg.

*****

Paul Hoeksema het in ’n hoekhuis naby die kerk in HoŽveldweg gebly. Hy was naas my die kortste seun in die klas. Cor Dirks was die skrywer van Die Uile. Arrie Bantjies was een van Pa se kollegas. Meneer Smuts was die kort, vet Engelse onnie met een nier en die Hitler-snorretjie wat baie gelag het. Louw Erasmus se bynaam was RubbervoŽl, en Andrť Schutte s’n Pikkezol. Almal van hulle lewe seker nie meer nie.

*****

Episode 999. ’n Kakkerlak sit teen die kombuismuur en wag dat ek die kamer moet verlaat. Ek stel hom teleur, slaat hom met ’n nat vadoek van die kant af, soos met ’n handrughou in tennis. Hy trek so vinnig, ek kan nie sien waar hy te lande kom nie. As hy nie moer toe is van die hou nie, is hy vrek van die skok. (Dis baie moeilik om kakkerlakke as ’n grůťp ’n les te leer.)

Ek het toenadering gesoek, my arm om Lungi gesit en haar gestreel. Sy het die argument wat ons vroeŽr gehad het, probeer voortsit. Ek het my arm weggetrek en rug gedraai. Vir ’n ruk lÍ ons in stilte. Sy sit haar been oor my lyf. Ek steek my hand weer na haar uit. Seks in die donker. Ek het die kondoom in die badkamer gaan afhaal en gewas. Die syfers op die wekker het 23:59 gegloei toe ek terugkom in die slaapkamer. Ek het op die rand van die bed gesit en gewag vir 0:00 (sommer ’n bygelofie) voor ek weer onder die komberse ingekruip het. Ek het Lungi vasgehou. Ek kon nie slaap nie. My maag het gebrand van die middag se vyf biere en die aand se glas wyn. Ek het opgestaan en ’n piesang in die spens loop haal. Terug in die bed, het ek dit afgeskil en geŽet. Lungi was aan die wegraak. Ek moes omtrent eenuur aan die slaap geraak het. Sesuur, ’n halfuur voor die wekker sou lui, word ek wakker, koud. Ek het die ekstra kombers aan die voetenent boontoe getrek en die radio aangeskakel. Kan nie nou onthou wat nuus was nie. Ek het nie op die piesangskil gegly toe ek uit die bed klim nie. Boonop was Bitterkomix in die posbus om my op te beur. Later was daar ’n onderhoud oor die radio met Adriaan Nieuwoudt. Hulle het hom in Garies in die Noord-Kaap gebel. Ek hou van sy aksent. Hy sÍ “begint”, nie “begin” nie. “Dat ek al ’n diamantjie of wat gekoop het, sal ek niemand ontstry nie,” het hy ook gesÍ. Ek het ’n plank teruggesit wat uit die hek geval het; ek wil nie hÍ Bokkie en Woester moet weghardloop nie.

*****
Boi (uitgespreek Boei) en ek in die sendelingposisie in Andreas se rondawel. Sy is van Botswana. Uit die hoek van my oog sien ek haar bene reguit die lug in steek, hier langs my skouers verby. Sy is baie naaifiks; om so met reguit bene in die lug te lÍ, sal uitputtend wees vir ’n novice.

*****

In die skemer, in die aand van die dag, in die middel van die nag en die donker. En kyk, daar kom ’n vrou hom tegemoet, soos 'n hoer aangetrek en listig van hart — sy is onrustig en losbandig, haar voete kan nie in haar huis bly nie — nou buitekant, dan weer op die pleine, en sy staan by elke hoek en loer. (Spreuke 7 verse 9 tot 12)



19 Desember 2003

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.