Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Grobler doen afstand van die Eugène Marais-prys

Persverklaring deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Reëlings is reeds deur Melanie Grobler getref vir die terugbetaling van die prysgeld, aldus die hoof uitvoerende beampte van die SA Akademie, prof Jacques van der Elst. Hierdie stap is geneem nadat geblyk het dat twee gedigte in die bundel Die waterbreker nie oorspronklike werk is nie, en die uitgewer besluit het om die bundel aan sirkulasie te onttrek. Die skrywer het dus afstand gedoen van die Eugène Marais-prys wat op 24 Junie vanjaar deur Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns aan haar vir hierdie bundel toegeken is. Die Akademie respekteer haar besluit en beskou die saak hiermee as afgehandel.

In sy reaksie op die aangeleentheid sê die voorsitter van die Letterkundekommissie, prof JP Smuts, onder andere:

“In die gebeure rondom die SA Akademie se toekenning van die Eugène Marais-prys in 2005, is daar by meer as een geleentheid in die media vrae gevra oor die wyse van hierdie toekenning deur die Akademie.

“Die betrokke prys is toegeken op aanbeveling van die Letterkundekommissie van die Akademie. Die Akademie se letterkundepryse word toegeken aan boeke wat in Afrikaans gepubliseer word, en die Letterkundekommissie word gevolglik saamgestel uit persone wat kundiges is op die terrein van die Afrikaanse letterkunde.

“Daar word elke jaar ‘n groot aantal boeke deur uitgewers aan die Letterkundekommissie voorgelê vir oorweging vir die onderskeie pryse. Die Letterkundekommissie aanvaar in goeie trou dat die voorgelegde boeke, oorspronklike werk is. “



LitNet: 10 Augustus 2005

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.