Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Commendatio vir die WA Hofmeyr-prys 2003

Etienne Britz


Wenner: Eilande deur Dan Sleigh

Wat die verskeidenheid en gehalte van Afrikaanse letterkundige publikasies betref, was 2002 een van die beste jare in Nasboek se geskiedenis. Dié jaar van goeie boeke weerspreek Karel Schoeman se voorspelling dat sy outobiografie “die laaste Afrikaanse boek” sou wees. Schoeman se fassinerende memoires verskyn juis in ’n jaar waarin ook skrywers soos Antjie Krog, Ingrid Winterbach, André P Brink, Jeanne Goosen, Abraham de Vries, Elsa Joubert, Eleanor Baker en Petra Müller skitterende werk lewer. Sommige publikasies verteenwoordig hoogtepunte of belangrike vernuwings in ons voorste skrywers se werk, byvoorbeeld die betowerende vertalings van inheemse verse deur Antjie Krog, of die aangrypende in memoriam-gedigte van Petra Müller. Eilande van D Sleigh wen die WA Hofmeyr-prys in weerwil van hierdie formidabele kompetisie.

Binne ’n omheining van amandelbome rig Jan van Riebeeck die eerste nedersetting van die VOC op. Die vreemde inheemse bevolking, die Khoisan, word aan die kant van dié Europese enklave geskuif. Om ’n fort te bou en tuine aan te lê, voer Van Riebeeck Oosterse slawe in, gekleurde mense waaruit ’n aparte, Islamitiese bevolkingsgroep sou ontwikkel. Nog ’n afsonderlike bevolkingsgroep ontstaan uit die oorwegend Nederlandssprekende vryburgers wat begin om hulle eie plase op te rig. So ontmoet mense uit Europa, Afrika en die Ooste mekaar en hulle vorm ’n nuwe soort gemeenskap. Mense kry mekaar lief en bloedvermenging vind plaas. Maar in sosiaal-politieke opsig word dit veral ’n gemeenskap van groepe wat apart, ver-eiland, meestal in ’n skreiende wanbalans van magte en voorregte, saam bestaan in die volgende drie, dalk vier eeue. Moeilikheidmakers word op Robbeneiland gevange gehou.

Dr Sleigh werk in die Kaapse Argief en hy het die beginpunt en basiese matriks van die geskiedenis van die gekolonialiseerde Suid-Afrika vir ons gerekonstrueer met geweldige deeglikheid en gevoeligheid. Hy gebruik nie die skandalige aspekte van dié geskiedenis om ons te prikkel en te verlei om ’n bepaalde lewensbeskoulike perspektief te aanvaar soos sommige Afrikaanse skrywers al met hierdie materiaal gedoen het nie. Nee, hy delf in sy argiefdokumente na die waarheid oor die indiwiduele menselewens wat deur hierdie geskiedenis, óns geskiedenis, geraak en gevorm is. Die slotsin van Eilande lui: “Daar is geen geskiedenis nie, anders as die ontleding en vertolking van dokumente, ’n soektog na oorlewendes in eindelose ruimte.” Dit is vir die integriteit en permanente waarde van die produk van hierdie soektog dat Eilande die WA Hofmeyr-prys ontvang.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.