Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die omstrede God - Bestaan God of nie?


Klik op die omslag om jou eksemplaar aan te skaf

“Dis beter om te glo as om nie te glo nie,” skryf ene Paul op 14 November 2002 niksvermoedend op die Internet-joernaal LitNet (www.litnet.co.za). Antwoord ene Godzilla: “Om te glo is oneerlik.” En ’n onstuimige, soms woedende, soms luimige debat brand los op die gewilde brieweforum SêNet. LitNet word oorval met dringende e-posse, sommige oorhaastig geskryf, ander na diepe oordenking. Almal klim in: die man op straat, die baas by die werk, vanuit internetkafees en aanlyn-konsistories; ook bekendes soos Steve Hofmeyr, Dozi, Sonia Cabano, Maryna Blomerus en Johrnè van Huyssteen neem ywerig deel. Teoloë en dominees soos Terblanche Jordaan en Sakkie Spangenberg haas hulle na die sleutelbord. Die koerante gons, telefone lui, joernaliste bel rond ... Eers ’n halfjaar en duisende briewe later begin dit bedaar.

Die samestellers bring hiermee ’n keuse van ongeveer 400 briewe byeen. Dis ’n uit-die-vuis, hels eerlike en spontane boek. Hierdie boek is anders as die konvensionele Afrikaanse boek wat ’n godsdienstige onderwerp tot tema neem. Dis ’n boek oor twyfel en geloof, en dis ’n boek wat die waters roer. Met 545 bladsye is dit voorwaar ’n bielie van ’n boek, maar die leser kan met die grootste gemak sy/haar eie weg daardeur vind. Dit is ook ’n werkboek, met kruisverwysings en genoeg pitkos om tot self- of groepstudie te lei.

Die briewe word op unieke wyse deur ’n uitgebreide kruisverwysingsisteem met mekaar verbind, wat dit vir die leser moontlik maak om gesprekke soomloos en in al hul vertakkings te volg. Dit nooi die leser uit om te bevraagteken, uit te daag, te wonder en die debat verder te voer. Die tema is geensins beperk tot die bestaan van God al dan nie. Die volgende lys uitgebreide geloofskwessies duik telkens op in die briewe, en word ook deur ’n Bladwyser gerangskik om die volg van debatte te vergemaklik:

  • Bestaan God of nie?
  • Kreasionisme vs Evolusieteorie
  • Die aard en geskiedenis van geloof
  • Die Bybel se geskiedenis en legitimiteit
  • Die Kerk se geskiedenis, geloofwaardigheid en toekomstige invloed
  • Hoe vry is die mens om te kies?
  • Die Nuwe Hervorming
  • Konteks, verwysingsraamwerke en tradisie
  • Die historiese Jesus en die Jesus van die Bybel
  • Godsdienste en alternatiewe spiritualiteit
  • Suid-Afrikaanse konteks: Apartheid en sonde
  • Vryheid van spraak (hier word uitsprake van bekendes soos Steve Hofmeyr en Koos Kombuis onder die loep geneem)
  • Aktueel-godsdienstige vrae wat deur drie panele bespreek word:
    1. Het die moderne mens nog ’n verlosser nodig?
    2. Word ons lewens beheer deur ’n mag van buite of is ons bepalers van ons eie lot?
    3. Het ons nog godsdiens naas wetenskap nodig?
  • Ontleding van die debat deur Hendrik Venter aan die hand van ’n emosioneel-spirituele model.

Die omstrede God is ’n boek vir enige persoon wat graag sy/haar vinger op die pols van die hedendaagse geloofsbeskouing wil plaas. Dit is ’n twyfel- en geloofsboek, ’n versameling kontemporêre sendbriewe wat die temperatuur van ’n geestelike lewe meet. Dit is, glo die samestellers, beter om oor die twyfel te praat as om dit te verswyg.



Die samestellers: Etienne van Heerden is hoogleraar aan UK, en ’n internasionaal bekende skrywer. Hy is ook stigter en uitvoerende redakteur van LitNet. Erns Grundling is inhoudsbestuurder by LitNet, en voormalige kunsredakteur van Die Burger (Oos-Kaap). Thomas Mollett is ’n entrepreneur-skrywer met ’n breë agtergrond en belangstelling, wat by verskeie aspekte van die uitgewersbedryf betrokke is.

Bestel vandag Die omstrede God en stuur ’n bries van selfondersoek en ontdekking deur u geloofsbelewenis.

Hiedie boek word binne die aanlynomgewing bemark en boekhandelaars en lesers kan dit direk van African Sun Media bestel by 021 - 808 2610/11/12.

Prys: R230 (BTW ingesluit) plus R18 posgeld/verpakking

Die omstrede God, ISBN 1-919985-05-0, Rapid Access Publishers, Stellenbosch 7600

  • Lees die inleding van Die omstrede God deur Etienne van Heerden
  • Lees Die Burger se resensie van Die omstrede God
  • Lees Theo Geyser se resensie van Die Omstrede God
  • Beeld oor godsdiensstorm op LitNet


    LitNet: 09 Junie 2004

    Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.