Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Help jouself

Ek het die storie tweedehands gehoor, by ’n vriendin wat self daar was.

Die onderwerp van die aand was “Die New Age”, en die spreker ’n dominee wat toe lankal van Nuwigheid verdink is.

Die saal was so gepak soos ’n taxi op pad Transkei toe, die gehoor so lus vir die dominee soos ’n honger leeu. Hy verras hulle egter deur heel eerste ’n vraag aan hulle te stel: “Wat is die ‘New Age’ nou eintlik?”

Gelukkig was daar ’n paar mense wat geweet het. “Dis soos selfhelpboeke,” verduidelik een vrou.

You’ve got me there.

Selfhelpboeke is nogal een van die groot plesiere van my lewe. Dankie tog vir die pop-sielkunde, sê ek, wat jou beter laat verstaan hoekom die mensdom so ’n eienaardige spesie is, en nie in so ’n geleerde styl dat jy na elke paragraaf eers gelaaf moet word nie. Nee, in gemaklike geselstrant word vertel hoe Aspoestertjie in ’n prinses verander het, en Jan in ’n boontjiemagnaat — en jy kan dit ook regkry!!

Die probleem is natuurlik dat jy veronderstel is om van die goedjies te doen wat die skrywer so mooi geduldig vir jou uiteensit. Dis hoekom Darrel Bristow-Bovey se kordate I moved your cheese so ’n uitkoms is: hierdie boek, belowe hy, sal jou lewe verander selfs al lees jy dit nie eens nie — jy hoef dit net op ’n plek te sit waar jy dit gereeld kan sien. (Net een swakheid in hierdie boek, het ’n resensent gebrom, dit bevat plek-plek regte wysheid.)

As ’n kenner van die selfhelpboek-bedryf (en jy kan ook een word! Leen, koop of steel ’n boek en begin vandag!) kan ek daardie dame van die kerksaal gerusstel: dis glad nie so ’n magtige godsdiens as wat sy vrees nie.

Anders sou ek lankal volmaak gewees het, en glo my, ek is nie.

Wat ek wel tydens al hierdie lesery wys geword het, is dat as jy jou lewe regtig wil herontwerp, daar twee basiese vereistes ter sprake is: insig in waar jy eintlik wil wees en hoe jy die pad soontoe byster geraak het; en die gewilligheid om daadwerklik ’n ander pad te kies.

Sommige mense haak sommer al by die insig vas: dalk is hulle so diep in die dinges dat hulle lankal nie meer objektief na hulle situasie kan kyk nie, of het hulle nie toegang tot mense of boeke wat selfs ’n flou liggie in die donkerte kan laat opgaan nie.

Ander mense wéét wat hulle moet doen, maar om so ver te kom … Dit kan meer moed kos vir een persoon om tien sentimeter in ’n leeftyd te beweeg as vir ’n ander om drie meter in ’n week te spring.

Wat laat mens dan uiteindelik beweeg?

Teëspoed is dikwels ’n effektiewe terpentyn onder die stert. Party mense stel dit meer positief: dis die engele wat ingryp ná jy een te veel kans verspeel het. Of soos ’n man in een van Carolyn Myss se boeke besluit het: dis God wat met hom praat — wie anders kon so ’n gemors in sy lewe veroorsaak het?

Dan is dit noodgedwonge vorentoe beweeg, mét insig of daarsonder. Kankerpasiënte, sê Bernie Siegel, het nie meer jare om op ’n psigoanalis se rusbank te lê en te gesels oor hul kritiese pa, mislike sussie en nare st 3-onderwyser nie. Dis nou of nooit, ’n laaste kans om ’n ongelukkige huwelik te verlaat, of dit te herstel, vrede te maak met die pynlike mense in jou lewe, of jou drome na te volg.

Wortels voor die neus kan ook werk. Milton Erickson was as seun van tien ooggetuie van so ’n geval. Joe was ’n jong kêrel met ’n ou tronkrekord. ’n Goedhartige boer het hom ’n werkie op sy plaas aangebied, maar Joe was fluks op pad om ook hierdie geleentheid te verbrou. Toe, op ’n dag, skraap hy die moed bymekaar om die boer se mooi dogter te vra of sy nie daardie Vrydag saam met hom na ’n geselligheid op die dorp wou gaan nie.

Haar antwoord: “You can if you’re a gentleman.”

En dis toe wat Joe geword het: ’n gentleman en vooruitstrewende boer wat uiteindelik vele kanse vir ander moeilike jong manne op sy plaas gegee het.

Of jy nou Old Age of New Age is, glo in Hoër Hulp of nie, daar is sekere verantwoordelikhede wat net jy kan nakom.

Ek vermoed ’n aansienlike aantal mense wat jy nooit voor die selfhelprakke van enige boekwinkel sal betrap nie, gebruik die Bybel darem as dié Selfhelpboek van alle tye. Kom die voorskrifte daarin almal letterlik en getrou na, en jy sal verseker wees van ’n gelukkige lewe én dood.

Maar in die lewe is daar geen waarborge nie — en dis jammer, ek sou ook daarvan gehou het. Een van die min sekerhede is dat ons mense tussen mense is, en dat ons van mekaar kan leer, uit mekaar se suksesse en mislukkings. Of dit nou die jaar 2 of 2002 is.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.