Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Onwaarskynlike engele

Annelie Ferreira

The way forwardThe way forward is with a broken heart deur Alice Walker, uitgegee deur The Women’s Press. R102.

The fall of light deur Niall Williams, uitgegee deur PanMacmillan. R121.

Op die agterblad van Alice Walker se jongste bundel kortverhale staan onder andere: “She writes like an angel. — The Times“ en agterop Niall Williams se roman: “Williams really does write like an angel. — Guardian“. As verteenwoordiger van God@LitNet het ek my natuurlik geroepe gevoel om hierdie aansprake te ondersoek.

My bevinding: al behoort mens nie skrywers van hierdie formaat in ’n paar paragrawe te probeer indruk nie, kan ek twee ooreenkomste tussen hulle uitlig. Albei skryf verhale van herkoms (Alice Afro-Amerikaans en feministies, Niall Iers) en albei raak geskiedenisse aan met ’n sekere ligtheid, ’n efemere kwaliteit — wat sekere lesers tereg dalk as “engelagtig” sal kan beskryf.

Dis egter nie die ligtheid van oppervlakkigheid nie.

In Alice se geval is dit eerder die versigtige oproep van ervarings wat haar diep geraak het, sodat sy dit kan verstaan sonder om daardeur oorweldig te word, en dit ’n plek van waardigheid in haar eie lewe en dié van ander kan gee.

Niall se ligtheid is dié van die magiese. Die verhaal handel oor die swerftog van die Foley-gesin in Ierland en daarbuite aan die begin van die neëntiende eeu, en die karakters bly in ’n soort mistigheid gehul terwyl hulle dwaal van plek tot plek, uitmekaarspat en bymekaarkom, verdwyn en verskyn asof volgens ’n anderwêreldse ritme, ’n gedurige wisseling tussen wanhoop en uitkoms.

Literêre engele dalk, ja, vir dié wat nie die gewone soort kan hoor nie.

(Ek het een eksemplaar van The fall of light om weg te gee. Kontak my by anferreira@worldonline.co.za.)


Women of spirit, saamgestel deur Katherine Martin, uitgegee deur The World Library, R197.

Alle vroue is eintlik engele, het ek eendag gelees. In watter toestand van beneweldheid, verliefdheid of psychic awareness die skrywer was toe hy dié gedagte geuiter het, weet ek nie. Hier is in elk geval ’n boek met inspirerende verhale van bekende en “gewone” vroue, ’n opvolg van Katherine se eerste boek Women of courage. Dis verhale van moed, sê Katherine, en sy verduidelik dat “klein” dingetjies — soos om jou hart te volg, jou oortuigings uit te leef, medelye te toon — soms meer dapperheid verg as dade van groot fisieke krag.

’n Lekker bundel vir wanneer die engel ’n blou dag het.


The dance of connection deur Harriet Lerner, uitgegee deur Piatkus, R145.

Harriet Lerner is ’n Amerikaanse sielkundige en feministiese skrywer. Die titels van haar bekendste boeke — The dance of intimacy, The dance of anger, The dance of deception — dui op haar spesfieke belangstelling in verhoudings. Al hierdie boeke handel oor hoe om die dinamika (dans) van enige verhouding beter te verstaan sodat jy jou eie passies kan kies. Ons leer meer van onsself in verhoudings, glo Harriet, as deur jare se meditasie alleen op ’n bergtop.

The dance of connection gaan oor verskillende maniere van kommunikasie en is met die insig van baie jare se ervaring geskryf. Insiggewend is Harriet se eie geskiedenis wat daarmee verweef word.


to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.