Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Jesus — Gehoorsaamheid — die Woord … of niks!

Danie Botha

A) In die eerste plek wil ek onomwonde sê: “Ek, Danie Botha, die gospelsanger, veroordeel geen mens nie! My werk as evangelis is om mense by Jesus te kry sodat almal kan hemel toe gaan.”

2 Petrus 3:9:
“Die Here vertraag nie die beloftes soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.”

1 Timotheus 2:4
“ … wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.”

B) Tweedens wil ek almal wat lees, daarop wys dat die hemel nie Danie Botha se hemel is nie, maar Jesus Christus s’n. Die Koning van die konings, wat binnekort weer kom om Sy kerk te kom haal. En om ná die verdrukking Sy ewige koninkryk te kom vestig.

Daniël 2:42-44:
“En dat die tone van die voete deels van yster en deels van klei is — ’n gedeelte van die koninkryk sal hard en ’n gedeelte sal bros wees. Dat u die yster gemeng met kleigrond gesien het — hulle sal deur menslike gemeenskap onder mekaar vermeng raak, maar hulle sal nie aanmekaar vasklewe nie, net soos yster nie met klei meng nie. Maar in die dae van die konings sal die God van die hemel ’n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ’n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan …”

Weens die omvang van ons bespreking kan ek nie nou die einde van die tye soos in die Bybel profeties uitgestippel word, in die asemrowendste en fynste besonderhede bespreek nie. (Ek sou graag wou!) Dit is die bewys dat die Bybel DIE ENIGSTE Woord van God is.

Jesaja 46:8-13:
“Dink hieraan en wees beslis; neem dit ter harte, o afvalliges! Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat ek God is, en daar is geen ander nie; Ek is God, en daar is niemand soos Ek nie; wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan en al wat my behaag, sal Ek doen; wat ’n roofvoël roep uit die Ooste, die man van my raad uit ’n ver land; soos Ek dit gespreek het, sal ek dit ook laat kom; Ek het dit voorberei, Ek sal dit ook doen. Luister na My, julle wat hard is van hart, julle wat ver is van die geregtigheid! Ek bring my geregtigheid naby; dit is nie ver nie, en my heil sal nie vertoef nie; en Ek gee heil in Sion, aan Israel my heerlikheid.”

Om nie eers te praat van die kodering van die teks “agter” die teks, wat die grootste wetenskaplikes wêreldwyd laat snak na hulle asem …

1) Nou, vanuit dié basis: Die Rots ... YESHUA HA MASHIACH!

Danie, of ons ouma nou ’n owerspelige was, weet ek nie, maar wanneer jy weergebore word, vind daar ’n “geestelike bloedoortapping” plaas. Jy kry ’n nuwe Vader en ’n nuwe bloedlyn. Jesus-bloed!

1 Johannes 3:8-9:
“Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werk van die duiwel te verbreek. Elkeen wat uit God gebore is, doen geen sonde nie, omdat sy saad in hom bly; en hy nie kan sondig nie, want hy is uit God gebore.”

Jou domisili het verander!

Kolossense 1:12-13:
“En die Vader mag dank wat ons bekwaam gemaak het om deel te hê aan die erfdeel van die heiliges in die lug — Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van Sy liefde …”

2) Let wel: God is die Skepper van almal, maar nie die Vader van almal nie!

Johannes 1:12:
“Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo …”

Jy word in die “Jesus-familie” in gebore!

1 Petrus 1:23:
“ … want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende Woord van God wat tot in ewigheid bly.”

Jy kan nie daarvoor werk of ’n losprys daarvoor gee nie.

Psalm 49:7-10:
“(D)ie wat vertrou op hulle vermoë en hulle beroem op die grootheid van hulle rykdom? Niemand kan ooit ’n broer loskoop nie; hy kan aan God sy losprys nie gee nie (want die losprys van hulle lewe is te kosbaar en vir ewig ontoereikend), dat hy vir ewig sou voortlewe, die vernietiging nie sou sien nie.”

Jy het dus nou ook geen verlede nie — alles het nuut geword.

2 Korinthiërs 5: 17-21:
“Daarom, as iemand in Christus is, is hy ’n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het, naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou. Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen. Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.”

Ouma se dinge het niks meer met my te make nie … Halleluja!!!

3) Jy noem die feit dat jy baie “kerklik-aktief” was, ’n “verenigingsmens”, “kerkraadslid”, wat baie bid … ens.

Derek Prince (nou al by Jesus); het ’n stelling gemaak wat sê: Godsdiens is dikwels die yskas wat korrupsie (sonde) preserveer. Onthou, mense in alle gelowe bid, gee geld vir die armes, help die hongeriges, is lief vir hulle naaste … En tog, volgens die Bybel gaan almal nie hemel toe nie.

2 Timotheus 3:5:
“(M)ense wat ’n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.”

1 Johannes 5:12:
“Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.”

Mattheus 7:21:
“Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! Sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.”

Hulle lyk godsdienstig en vroom, maar die krag van die Gees van God is nie daar nie.

Johannes 3:5-8:
“Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie. Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie van waar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.”

Sonder die wedergeboorte sal niemand die koninkryk van God sien nie.

Johannes 3:3:
“Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.”

4) Wat betref gebedsverhoring:

God laat die son skyn oor die regverdiges en die onregverdiges.

Mattheus 5:45:
“(S)odat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemel is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges.”

Psalm 73:3:
“Want ek was afgunstig op die onsinniges toe ek die voorspoed van die goddelose mense sien.”

5) In jou stelling oor die “goedheid en die boosheid” wat in alle mense is — soos jy dit noem, “gays” en “straights”:

As jy in Christus Jesus is, is jy in God — Jesus is God …!

Romeine 9:5:
“(A)an wie die vaders behoort en uit wie die Christus is na die vlees — Hy wat oor alles is, God, lofwaardig tot in ewigheid! Amen.”

Kolossense 1:15: “Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping …”

As jy in God is, wandel jy in die lig.

1 Johannes 1:5-7:
“En dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en geen duisternis is in Hom nie. As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie. Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus sy Seun, reinig ons van alle sonde.”

Die yin-yan-teken is dus vir die “ongereddenes” ’n teken van die ewige stryd tussen vlees en gees, lig en duister en nie vir iemand wat weergebore is nie, want alles wat uit God gebore is (siel, gees, liggaam), oorwin die wêreld (Galasiërs 5:17-20).

1 Tessalonisense 5:23:
“En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!”

6) Jou volgende stelling oor “in die kerk” eg gemaak:

Geen kerkgebou of kerkstruktuur, kerkraad, dominee, pastoor, pous of sangertjie maak enige mens eg of oneg nie. Trouens, ons is nie die produk van ons pa of ma nie, al dink ons so.

Psalm 139:16:
“U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae wat almal bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.”

Efesiërs 1:4:
“Soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld onheilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees …”

Dis hoekom mense so seer is — hulle dink dit is Pa en Ma of “boyfriend” en “girlfriend” wat besluit het, of ’n “glips” gekry het en is baie keer verwerp vanaf moederskoot. Geen identifikasie met ’n pa wat omgee nie. Die babatjie ervaar die grootste verwerping en voel onaanvaarbaar vir die samelewing. Hulle ken soms nie eers die ouers nie. Dit is wat sonde aan hierdie wêreld kom doen het. HEI! GOD WOU JOU HIER HÊ … HOOR DIT … HY HET JOU BEPLAN … JY IS KOSBAAR VIR HOM!

Goeie nuus … Vir God was jy “eg”! Voordat jy in iemand se gedagtes was, het Hy reeds van jou geweet, voordat jy nog geweet het dat daar ’n plek soos ’n kerk is.

Lewe kom van God af … Dit is immers wat Hy is — die Weg, Waarheid en Lewe!

Johannes 14:6:
“Jesus antwoord hom: Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe … niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

Geen wetenskaplike kan lewe gee nie … net God!

Elkeen het ’n kans om die ewige lewe te verkry — dit is verniet — dit is ’n gawe.

Titus 2:11:
“WANT die reddende genade van God het aan alle mense verskyn,”

Efèsiërs 2:5-9:
“Ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus. Uit genade is hulle gered — en saam opgewek en saam laat sit in die Hemele in Christus Jesus, sodat Hy in die eeue wat kom, kan betoon die uitnemende rykdom van sy genade in goedertierenheid oor ons in Christus Jesus. Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.”

7) Jy sê my uitlatings maak jou tog onrustig. Hoekom dink jy so?

Jy sal so voel, want na die uitstorting van die Heilige Gees is mense oortuig van SONDE … GEREGTIGHEID … en die komende OORDEEL (Johannes 16:8).

LET WEL: DIT IS DRIE EWIGHEIDSWAARHEDE … DIT KOM UIT GOD!

8) Die koninkryk van God is juis vir die eenvoudiges.

Lukas 10:21:
“In dieselfde uur het Jesus Hom in die gees verheug en gesê; Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het. Ja, Vader, want so was dit u welbehae.”

God maak juis die wysheid van die wêreld dwaasheid en hy plaas juis dit wat “stupid” is vir die wêreld in die middel van alles wat lewe is — die kruis!

1 Korinthiërs 1:19:
“(W)ant daar is geskrywe: Ek sal die wysheid van die wyse mens vernietig en die verstand van die verstandige mens tot niet maak …”

1 Korinthiërs 1:28:
“(E)n wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak …”

Hoe kan God sy seun doodmaak? Is dit ’n liefdevolle vader? Dit is die tipe vrae wat mense van ander gelowe vra. Daar was egter regtig geen ander manier om vir die mense se sonde te betaal nie (Lukas 22:42).

Die sonde begin in ’n tuin (Eden) … Die redding eindig in ’n tuin (Getsemane).

9) Jy sê jy soek die kerk se seën (goedkeuring)

Wie is die Hoof van die kerk? Onthou, Jesus het nie gesê volg ’n instansie, pastoor, predikant, sanger of enige ander mens nie. Hy het gesê: “VOLG MY!”

Onthou, kerke het al mense verbrand omdat hulle opgestaan het vir die waarheid.

Soek eerder die guns (seën) van God as die seën van mense of instansies.

Galasiërs 1:10:
“Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie ’n dienskneg van Christus wees nie.”

Spreuke 29:25-26:
“Die vrees van ’n mens span ’n strik; maar hy wat op die Here vertrou, sal beskut word. Daar is baie wat die aangesig van die heerser soek, maar die reg van ’n mens kom van die Here.”

10) My laaste punt … God se Woord!

As jy in die Koning se ryk (koninkryk) wil ingaan, moet jy seker doen wat die Koning sê … Of hoe?

Wat sê die Koning?

1) Bekeer julle (draai om op die pad wat julle altyd geloop het), begin anders dink.

2) Laat elke een van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sonde.

3) En jy sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. (Lukas 13: 1-5 Romeine 12:1-3, Handelinge 3:19-29, Efesiërs 2:1-9, Kolossense 3:5-11, Titus 3:5, Hebreërs 6:1-3).

4) Doen afstand van die ongeregtigheid. (2 Timotheus 2:19).

5) Glo die woord. (Mattheus 7:16-24).

Net nog twee opmerkings:

1) Daar is so baie homoseksuele mense wat al verlos is. Wie het hulle gehelp, hoe — en hoekom? (Hebreërs 7:25, Hebreërs 9:14).

2) God verlos jou net van jou en Sy vyande (sonde) … nie jou vriende nie (geregtigheid). (Joël 2:32, Handelinge 2:21, Psalm 18:17-20).

Drie aanbevelings:

1) Lees asseblief al die bogenoemde skrifte uit die 1933-vertaling biddend.

2) Kry vir jou ’n sielkundige wat Godvresend is én respek vir mense het! Vorige aanbevelings aan jou is ’n skending van menseregte … En geen grap vir God nie (Mattheus 12:36).

3) Raadpleeg ’n leraar wat die weg na saligheid ken. Daar is baie van hulle — my broers in Jesus!

Shalom

Danie die sanger

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.