Gillespiestraat-slenters - rubriek deur Johan van WykArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Oor Jensma, Jonker en ’n Suid-Afrikaanse Renaissance

’n Gevoel van herkenning ril deur my rugstring by die lees van ’n verwysing na die Klub Lusos in Maputo in ’n ongepubliseerde manuskrip van Wopko Jensma met die titel Blood and more blood. Klub Lusos is seker die bekendste nagklub in Maputo. (Was Luisa nie daar bestuurderes terwyl die mafia-eienaar sy orkes van uit die tronk gedirigeer het nie? Ek onthou nog die warm aande van laas Desember. Luisa en Lusos.)

Blood and more blood is ’n bundel wat blykbaar tydens Jensma se verblyf in Mosambiek geskryf is. Van die gedigte het later in sy debuutbundel Sing for our execution (1973) verskyn; die wat nie verskyn het nie, was duidelik te gewaagd vir die tyd — met verwysings na die gewapende stryd. Blykbaar is daar net 200 van Sing for our execution gepubliseer, sien ek in my getekende kopie. Ek het no. 29 uit die 200.

Ek het Blood and more blood per toeval in ’n literêre museum ontdek. Om meer spesifiek te wees: NALN. Hulle het eintlik self nie geweet hulle het dit nie. Ek het per toeval ’n verwysing daarna gesien in ’n argiefkatalogus. Hulle het nie genoeg personeel om alles in hulle besit deeglik in hulle inventaris te kry nie.

Ek besef daar (want ek het ook ’n paar ongepubliseerde Ingrid Jonker-gedigte daar ontdek) dat Suid-Afrikaanse letterkundestudente hulle tyd mors met al die inhoudlose geteoretiseer oor die literatuur: hulle moet geforseer word om navorsing in die argiewe en museums te gaan doen — daar is so baie van ons literêre nalatenskap wat daar ontdek moet word. Ek is seker daar is nog heelwat ongepubliseerde werk van Jensma en Jonker in die verskeie argiewe, biblioteke, en museums, en in besit van individue.

Ek sit hier by die Jazz-kafee op die Bloemfonteinse waterfront. Was pas by hulle internetkafee. Ek dink aan die African Renaissance en ek kom tot die volgende gevolgtrekking in my deurmekaar kop: Die African Renaissance is ’n spookskim solank Suid-Afrikaners ’n verdeelde nasie is. Voordat daar ’n African Renaissance kan wees, moet daar ’n Suid-Afrikaanse Renaissance wees, en voordat dit kan gebeur moet daar eers eenheid tussen wit en swart Suid-Afrikaners kom — veral tussen Afrikane en Afrikaners.

In Durban en in Bloemfontein was ek by prysuitdelings by Afrikaanse skole, en dit het my opgeval hoe lelieblank al die kinders by die skole is, en dit het my bewus gemaak van hoe apart die Afrikaner nog leef. Die Afrikaner moet in sy skole uitreik na ander Suid-Afrikaners. Dit is een van die boublokke van ’n Renaissance wat almal gaan verryk in hierdie land.

’n Ander boublok is ’n Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wat die beste navorsers, wit en swart, in Suid-Afrika verenig, wat ’n forum van kontak is en wat rigting gee met betrekking tot ontwikkelinge op skool en universiteitsvlak, wat beskermforum sal wees van die kunste en wetenskap in die land.

Die Europese Renaissance het ontstaan op daardie plekke waar Europa en die Ooste en Afrika mekaar ontmoet het — dit het ontstaan uit die interaksie met ander dele van die wêreld — uit ’n oopstelling van die self aan die vreemde.

’n Ander boublok van die Afrika-Renaissance is ’n aangepaste Afrika-wetenskapsfiksie: ’n genre waarin tradisies en bygelowe saamgedroom kan word met tegnologie en die toekoms. Ek dink byvoorbeeld aan ’n sneltrein tussen die Kaap en Kaïro met hutte, piesangbome en woestyne al langs die spoor. So ’n trein moet die kontinent verbind. Moet die draer wees van die Renaissance.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.