My donkerste geheimArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


Nag van onbekende passie

Ek was in die lugmag vanaf 1989 tot 1990 en gedurende die laaste deel was ek een wintersaand na ’n uitstappie in die stad in ’n onderonsie betrokke met ’n groep mans (hierna verwys as barbare) omrede my kar ’n pap wiel voor hulle gekry het toe ons in die basis ingery het. Dit was om en by een uur in die oggend. Later gedurende die onderonsie het ek agtergekom ek gaan my gat sien, en weghardloop was my enigste oplossing. 

Met dié dat ek van die barbare wat my wou donner wou wegkom, soek ek toe ’n plek om in weg te kruip, en die eerste plek waar ek kon in, was die kantingang van die vroue-woonstelblok op Waterkloof-basis. Die deur was nooit oop nie en dit asof dit so bedoel was. Natuurlik het ek vinnig die deur oop gemaak en weer toe agter my en sommer ook gesluit voor ek met die trappe op is. Omrede die deur van glas was, was ek nie seker of die barbare my gesien het nie en ek wou nog steeds ’n wegkruip plek vind. Op die eerste vloer het ek haastig in die verligte gang afgestap en aan elke deur gevoel. Uiteindelik het ek ’n oop deur met ’n nommer op (dit was ’n nommer wat ek nie nou meer kan onthou nie, maar met ’n "C" vooraan) gekry en dit saggies maar vinnig oopgemaak. Ek kon nie sien wat binne die kamer aangaan nie, want dit was donker, toe sit ek maar binne teen die toe deur en wag ’n rukkie. Na sowat ’n halwe minuut begin ek toe sien daar is ’n bed en al die normale dinge van ’n slaapkamer binne en iemand lê op die bed en slaap. Ek het nog so 10 minute gewag en toe die klein geboude figuur op die bed wakker gemaak. Sy het groot geskrik en was half verskrik, maar ek het haar vinnig gerus gestel en gesê ek sal uit die kamer wees binne die volgende halfuur en ook sommer verduidelik waarom ek daar is. Ek moes mooi praat om haar te laat instem.

Ons het toe aan die praat geraak en sy het my vertel van haar lugmagopleiding en haar verloofde en, en, en... Ek het haar ook natuurlik baie van myself vertel. Ek was nog steeds bekommerd dat die barbare vir my wag by my gestrande kar en sy het aangebied dat ek in haar kamer kan slaap, maar teen 05h00 moet ek uit wees. Ek het belowe en so het ons aan die slaap geraak met my op die vloer langs die bed. Ek het later wakker geword en op so ’n stukkie punt van die bed gaan lê vir meer gemak. Ek weet tot vandag nie hoe dit gebeur het nie, maar toe ek wakker word so by 04h30 het ek reg langs haar gelê, nogal met ’n arm oor my. Nou weet ek dat alle mans weet waarvan ek praat, dat wanneer jy wakker word, half deur die slaap met ’n morning glory en ’n meisie langs jou, dan moet ’n ou maar voel en vat. Sy het dit toegelaat en een ding het na die ander gelei en skielik het ons twee vir sowat ’n halfuur passie beleef wat ek nog nooit van tevore en ook nog nie weer gehad het nie. Dit was beautiful, wonderlik, sensasioneel, opsienbarende seks wat ’n opskudding in my veroorsaak het wat tot vandag by my spook. As ek vandag daaraan dink, dan kom prentjies van vulkane en vuurpyle in my kop. 'n Halfuur se plesier wat ek net kan vergelyk met die blydskap van ’n mater wat se mission gekanselleer word ’n minuut voor hy die bom se knoppie moet druk. Ek wou nie eens, soos normaalweg, na die daad slaap of niks met haar te doen hê nie, ek wou bly... en net tyd saam met haar spandeer, maar ek moes gaan, want wekkers het begin afgaan in die ander kamers. So vinnig as wat ek ingekom het by die kamer so vinnig was ek uit met ’n paar woorde wat nog in my kop spook: "Ek sal jou weer sien".

Ek het daarna weer so vyf keer terug gegaan om vir ander vriendinne te kuier, maar ek kon nooit sê of sy een van dié was wat ook in die kuierkamer gesit en tee of koffie drink saam met hul geliefdes nie. Al wat ek van haar het, was haar stem. Tot vandag weet ek nie eers hoe sy lyk nie.

Ek is nie spyt daaroor nie, want dit was iets wat gebeur het en altwee van ons wou dit hê. Ek is net spyt dat ek nog nie weer so ’n sessie met enige ander vrou kon hê nie.

Cindy ek verlang na jou.

Anoniem

E-pos jou donkerste geheim na bieg@litnet.co.za.
E-mail your darkest secret to bieg@litnet.co.za.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.