My donkerste geheimArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


Geen jammerte

Ek moet bieg: ek het geen jammerte vir jou nie.

Daisy, ek kry jou nie jammer dat jy lyk soos jy lyk nie.
Dis jy self wat besluit het om te bly eet en eet en eet.
Dis jy self wat besluit om nie te begin en aan te hou oefen nie.
Dis jy self wat besluit om te wag.
Dis jy self wat besluit om jouself weg te steek vir die wêreld.
Dis jy self wat jou lewe maak wat dit is.

Dalk kry ek jou tog jammer, omdat jy dit aan jouself doen. Net jy kan jouself daaruit kry.

Gaan staan naak voor 'n spieël en kyk na jouself. Is dit wat jy sien wat jy vir jouself of jou toekomstige man en kinders wil hê?

Plak 'n foto en briefie van hoe jy wil lyk en wees langs die spieël. Besluit vir jouself, ek wil nie wees wat ek hier sien nie, ek wil soos die persoon in die prentjie en briefie lyk en wees! Maerder, gelukkiger, vriendeliker, opgewekter, baie vriende, ens.

Gaan staan daagliks daar en kyk of jy meer word soos die "nuwe" persoon.

Wens jouself geluk as jy nader daaraan kom. Herhaal elke dag jou lysie hardop, oor en oor. Net jy gaan weet hoe jy elk van die dinge op die lysie kan word. As jy maerder wil wees en bly, eet minder, oefen meer. Dis al wat gaan help. As jy gelukkiger wil wees, omring jou met dinge wat jou gelukkig maak.

Jy en net jy bepaal hoe jy gaan lyk. Jy en net jy bepaal wat jy gaan wees en hoe jy gaan word.

Die keuse is joune, die besluite joune om te maak. (Wil jy of wil jy nie?)

As jy dit nie besef nie, verwag geen jammerte!



LitNet: 30 Mei 2006

E-pos jou donkerste geheim na bieg@litnet.co.za.
E-mail your darkest secret to bieg@litnet.co.za.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.