GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Gays se grootste gevaar: geïnternaliseerde homofobie en heteroseksisme

Johann P Boshoff


Die Christelike Kerk, en beslis nie net die Dopperkerk nie, is steeds in hoë mate uitgelewer aan ’n geweldig naïewe biblistiese siening van gays.

Burger praat ten slotte van die leegloop van “tradisionele” kerke. Die aanhalingstekens is juis, want dis beslis nie net tradisionele kerke wat (Rooms-) Katoliek of gereformeerd Protestants is nie, maar ook tradisioneel Pinkster en charismaties. En ek waag dit om te sê dat nie alle denominasies leegloop nie; nog minder bars die sg gay kerke uit hulle nate.

Dis egter nie net die Christendom wat alleen skuld moet dra vir die steeds oorwegend onverdraagsame houding van die samelewing betreffende gays nie. Nee, ander godsdienste en kulture is, eksplisiet of implisiet, ewe verdoemend: Islam, Judaïsme, noem maar op.

Godsdiens, kultuur, die onderwys en die samelewing met sy elektroniese en gedrukte media is gewoon maar net magtige, geoliede instrumente van heteroseksisme (= “as jy nie heteroseksueel is nie, behoort jy te wees, anders ...”). Om die waarheid te sê, dis so doeltreffend in die hele kondisioneringsopset dat elke leser van hierdie woorde sal moet erken dat hy of sy grootgemaak is om in die blik van heteroseksuele rolverdeling te pas. En natuurlik dat om gay te wees sielkundig en moreel-godsdienstig afwykend/siek is en nie gewens nie.

Voorbeelde: Vanessa Ellis maak dit in haar bydrae baie duidelik dat sy, wat self gay is, met heteroseksuele verwagtings oor haar dogter rondgeloop het. Kyk na die woordkeuse in “advertensies” wat deur gays op die internet en elders gepubliseer word wanneer hulle vriende of minnaars soek: “Ek is ’n straight-looking, straight-acting so-en-so ... en soek dieselfde ...” — dis gays wat self glo dat om heteroseksueel te wees, die toppunt van menswees is.

Myns insiens is gays se grootste vyand dus die heteroseksistiese leuens omtrent hom-/haarself wat hy/sy kies om te glo. Sielsongelukkig sit hulle dan toemond in organisasies (sekulêr of godsdienstig) wat bekend is daarvoor dat hulle tradisioneel antigay is, want hulle wil tog ten alle koste nie bekend wees as gay nie, behalwe in die gewaande “veiligheid” van laatnagbesoeke aan gayklubs, -kerke, -kroeë en seksoptelplekke.

Hier in demokratiese Suid-Afrika is ons eerste verpligting teenoor mekaar om mekaar te help om van hierdie geïnternaliseerde homofobie en heteroseksisme ontslae te raak en vry te leef soos wat nie alleen ons Grondwet dit vir almal moontlik maak nie, maar soos wat ons inderdaad in die aangesig van ’n Skepper-Verlosser moet leef — gelyk, want daar is geen Goddelike witbroodjies nie.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.