GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

 

Johann Rossouw

“Ek het teologie aan die Potchefstroomse Universiteit vir CHO geswot van 1989 tot 1992. Het BA en BA Hons in Semitiese tale.Van 1993 tot 1996 was ek student in Pretoria en voor ek my finale eksamen kon skryf, is my “gayheid” gediagnoseer. Ek is summier gevra om die kerk te verlaat. Paar maande later begin werk as junior klerk by ’n finansiële maatskappy, myself met die “corporate ladder” opgewerk tot assistent-CEO van die maatskappy. Suid-Afrika se ekonomie het ’n duik gevang en die maatskappy het gesluit. Werkloos en met baie skuld Taiwan toe gekom as ’n expat. Is nou amper nege maande hier. Skryf is ’n stokperdjie en ek dink nie ek is ’n tweede André P Brink, Coetzee of Koos Prinsloo nie.”

Wanneer vriende stil word

Johann Rossouw se tweede nuusbrief*

Vreemde dinge gebeur met jou wanneer jy weg van jou vriende af is. My vriende in Suid-Afrika word net stiller by die dag.

Jy stuur e-pos, SMS’e ens, maar die antwoorde is traag en soms is daar geen reaksie nie. Seker maar ’n geval van “uit die oog, uit die hart”. Wat word van lojaliteit en vriendskap wanneer jy eers wortels skiet in ’n ander land?

Taiwan is ’n snaakse plek met snaakse mense en sulke snaakse gewoontes. Eersdaags is dit Kersfees en dan is ek vir die eerste keer in my lewe weg van my familie oor Kersfees. Eers was ek baie negatief en depressief. Toe dink ek daaraan: geen Boney M, geen “plastiek, kommersiële” Kersfees vir my nie. Dankie tog.

Toe is dit nie so nie! Boney M kan kom kers opsteek by hierdie Kersfeesliedere. “Jingle Bells” klink soos iets wat Marilyn Manson sal sing, om nie eens van “Merry Christmas” te praat nie. Hier in Taiwan gaan hulle regtig oorboord met “plastiek” Kersfees. Die versierings is erg afgryslik “kitch” en die Kerskaartjies maak nie sin nie. Om een se woorde aan te haal: “A Mearry Chistmas and date with success in the new year”. Ek mis Boney M, ek mis mooi Kersbome, versier met klassieke, tradisionele Kersversierings en mooi “gepaste” Kerskaartjies. Kerskoek is vreeslik duur en jy moet omtrent mooi meet en pas om vir vier mense ’n ou stukkie te gee. So, hierdie Kersfees is ek “koekloos”.

“Wat doen jy oor Kersfees?” wil almal weet. Wel, ongelukkig is Kersfees hier net nog ’n werkdag op die Chinese maankalender. Ons “foreigners” moet maar af vra om Kersfees te vier. Ek is een van die gelukkiges wat sal af wees. Maar wat gaan ek doen? Hoe vier jy Kersfees in Taiwan? Jy koop ook maar geskenke en deel dit uit. Jy luister Kersmusiek op een van jou CD’s wat jy in Taiwan gekoop het. Die Kersliedjies is deur karaoke-sangers iewers in ’n ateljee in Taipei gemaak. So nood leer bid. Ek gaan Thai-kos eet op Kersdag en mistroostig verlang na Kersfees in Suid-Afrika.

Ek gaan gelukkig my Kersdag met iemand spesiaal deurbring, alhoewel hy nie in Kersfees glo nie. Ons gaan darem vir mekaar geskenke koop en die dag saam deurbring.

Terug by die snaakse gewoontes in Taiwan. Was ’n paar weke gelede by een van die tempels op die dorpie waar ek bly. Daar is een groot draak en ’n hele paar tempels bymekaar. Ek en twee van my biologiese vriendinne het die plek een Sondag besoek (sorry, Ma, ek het belowe ek sal kerk toe gaan). Baie interessante plek. Daar is drie ingange: een vir die hemel, een vir die see en een vir die hel. Die hel het my vriendinne ontstel. Daar is meganiese poppe wat verskillende strawwe vir verskillende sondes uitbeeld. Die poppe se bewegings gaan gepaard met onaardse geluide. Dit klink werklik na ’n geween en ’n gekners van tande. Ek wonder nou nog waar die “straf” vir homoseksualiteit is? Daar was geen aanduiding van dié “sonde” tussen al agtien sondes en strawwe nie. Laat mens wonder.

Die gay lewe in Taiwan is maar baie dieselfde as dié in Suid-Afrika. Ek bly nou wel nie in Taipei nie, maar ek hoor en sien tog baie gebeure. Ek het so ’n paar weke gelede in die nasionale koerant gelees dat daar onder meer teen gays in Taiwan gediskrimineer word. ’n Aantal mans en vroue het vraelyste gekry om te beantwoord. Volgens die opname word daar teen ongeveer 37 persent van die mense gediskrimineer omdat hulle gay is. Die grootste hoeveelheid het egter daarop gewys dat daar op universiteitskampusse die meeste diskriminasie is. Daarop volg kantore en laastens die weermag.

Wel was ek stom geslaan: Die gay mans glo ook hier in Taiwan in “labels”. Tiffany & Co, Hugo Boss en Versace maak groot geld uit gay mans. Hulle val ook vir “brand names”. Gucci-sonbril op die voorkop, die nuutste modes en parfuum en daar gaan hulle. Hulle kom bymekaar in “department stores” soos Dali, SOGO, Shinkong Mitshokoshi en FE 21. Klink dit bekend?

So, die gay lewe is 13 000 km verder nie juis anders as in Suid-Afrika nie. Gays moet die regte klere dra, die regte motors ry en die regte “naam” vriende hê. Om Hang Ten of Giordano (amper soos Edgars) te dra is nie van pas nie. A nee a, jy wil nie daarin gesien word nie.

My dae van modeklere is gelukkig verby. Ek het aanbeweeg in die lewe. Maak die vere werklik die voël? Maak dit werklik saak wat jy dra? Kan jy enigsins jou persoonlikheid verander deur Gucci te dra?

Wel, Kersfees in Taiwan sal seker ’n ondervinding wees soos nooit tevore nie.

Aan almal wens ek die volgende toe: ’n Geseënde Kersfees en ’n baie voorpoedige nuwe jaar.

*Johann se brief het ons voor Kersfees bereik, maar moes eers deur produksie gaan en word daarom nou eers geplaas. — Erns

27 Desember 2003

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.