NetFiksie - nuwe fiksieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW Hiemstra Trust



Marita van Aswegen
woon op ’n plaas buitekant Bloemfontein. Sy het tot op datum hoofsaaklik jeugverhale geskryf en het nog geen volwasse roman of kortverhaalbundel gepubliseer nie. Daar is wel kortverhale, ’n novelle, vervolgverhaal en agterblaaie vir tydskrifte aanvaar.
  Marita van Aswegen

Die vangs

Marita van Aswegen

Die hele familie kan gewoonlik nie uitgepraat raak oor Yzerfontein se bekoring nie. Daar is nie nog ’n plek wat so mooi kan lyk as die silwer van die namiddag oor die see kom lÍ nie, nie nog sulke branders nie, nie nog so ’n visvangplek nie.

Die afgelope ses jaar wat hulle hier vakansie hou, het sy maar altyd net geluister en in hulle vreugde gedeel en gewens sy kan dit ervaar wat hulle aan die lyf voel. Maar dit is dood eenvoudig net nie moontlik nie en daarom het sy net elke keer vriendelik totsiens gesÍ as almal in die huis strand toe stap en sy alleen terugdraai om in te gaan. Want daar was Pieta. Pieta het haar nodig gehad en sy wou daar wees vir hom.

Selfs op Kersdae wanneer almal hulle oorhoeks geŽet het en daarna op hulle beddens neergeval het, het sy wakker gebly en saam met hom buite gesit, haar oŽ op die horison, syne meestal op haar. Teen vieruur staan almal gewoonlik lui-lui op, eet weer ’n stuk koek en drentel dan in ’n groep van karavaan tot karavaan, van huis tot huis, hul liggame los en vry sonder enige hindernis, hul arms swaaiend, hul treŽ hups en energiek.

Wanneer die laaste klanke van hulle skertsery wegsterf, tel sy Pieta se uitgegroeide tienerlyf op haar skoot en met haar mond in sy nek sit sy wiegend oor die see en uitkyk terwyl sy misvormde lam bene oor hare hang.

“Ek is baie lief vir jou,” fluister sy in sy nek en hy verstaan haar soos wat ’n vier maande oue baba haar sal verstaan. “Dit maak nie saak dat ek nie kan saamgaan nie, ek het jou.” Sy vee sy mond met sy borslap af. “Dis nie jou skuld dat daar fout by jou geboorte gekom het nie, dis ek wat te lank gesloer het om by die hospitaal te kom.”

“Dit lyk of hy heeltemal in ’n ander wÍreld is as hy op jou skoot sit”, het soveel mense al vir haar gesÍ. “Sy tevredenheid is amper tasbaar.” Dan het sy net stil geglimlag. En soos duisende kere tevore het sy woordeloos gevra vir krag om op te offer.

Saans wanneer hy slaap sit sy by die braaivleisvure en luister hongerig na die vistermanne se stories. Hoe graag sal sy net nie een keer in haar lewe ’n vis wil uittrek nie. Van kleintyd af is dit al haar begeerte. Ander meisies het gedroom oor hoe hul trourokke moet lyk, sy’t gedroom oor die dag wat sy ’n vis kan vang.

Die vistermanne kla moedeloos hoe skaars snoek deesdae is, dit lyk behoorlik of die snoek na ander waters toe is. En sy wonder hoe dit moet voel om op die diepsee te wees met net water om jou en ’n visstok in jou hand. Haar gedagtes spring na die vistermanne van die see van Galilea en die net vol vis wat hulle ingetrek het na hulle dae lank moedeloos was. En sy wonder hoe hulle gevoel het.

Sy droom die volgende dag verder hieroor toe sy weer alleen by die huis is. Sy streel oor Pieta se kop terwyl hy sy tee drink uit die bekertjie wat sy voor sy mond hou. Sy hand beweeg in ’n onwillekeurige spasma en slaan die klokkie wat voor aan sy stootkarretjie vasgemaak is en hy bly met onbegrip voor hom uitkyk.

Toe die lig van die nuwe dag begin om die donker weg te jaag, staan sy op om vir haar man sy broodjies reg te maak vir die dag op die see. Wanneer hulle op vakansie is, gaan hy elke oggend uit as die weer dit toelaat. Sy is nog besig om die brood te smeer toe haar skoonma met haar slaapklere aan die vertrek binne slof.

“Ek wens ek kon saam, “ sÍ sy vir haar skoonma sonder om te hoop vir enige reaksie.

“Nou toe, gaan trek aan en gaan saam, ek sal vandag na Pieta kyk,” sÍ sy met haar stem nog dik van die slaap.

Vol onbegrip kyk sy na haar. Het sy reg gehoor? Nog nooit het iemand ooit aangebied om na Pieta te kyk nie. En hier kry sy nou so vroeg in die mŰre onverwags ’n geskenk dat haar kop daarvan duisel en haar oor haar eie voete laat struikel toe sy haar langbroek inderhaas aanpluk.

Sal dit reg wees? wonder sy. Gaan Pieta haar nie mis nie? Sy moet maar seker liewer bly. Nee. Sy moet vandag gaan. Dit is dalk haar eerste en haar laaste kans om vry te kan wees.

Die vars seelug knyp haar gesig en sy staan en verlustig haar daarin toe een van die vistermanne op die boot meteens uitroep: “Manne, kyk! Snoeke, galore! Vroumens, gryp daai visstok. So iets het ek in my lewe nog nie gesien nie.”

Is dit hoe die dissipels gevoel het, wonder sy terwyl sy die eerste snoek inkatrol. So uitgelate oor die genade wat sommerso in hul eenvoudige boot kom val het?

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.