NetFiksie - nuwe fiksieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW Hiemstra Trust



Hennie Aucamp is ’n veelbekroonde skrywer en samesteller. ’n Bundel opdragkwatryne, Koerier, verskyn eersdaags asook ’n versameling van sy liedtekste, Lyflied, saamgestel deur Daniel Hugo. Hy woon in Tamboerskloof, Kaapstad.
Lees meer oor dié skrywer

Nog kortverhale deur Hennie Aucamp:


  Hennie Aucamp

Die verlore vader

Simboliese vaders — let maar op — is geneig om seuns in die donker te knyp.
    Daar is mense wat hom in sy gesig Vader Pedo noem, en dan voorgee dat hulle ’n grappie gemaak het. Een Joodse kugel kom hom op die Seepuntse Esplanade teen en het sowaar die chutzpah om te vra: “Have you molested any boys lately?”
    Wat Vader Pedo besonder diep krenk. Sedert die verskerpte waaksaamheid omtrent minderjariges vra hy altyd na ’n seun se I.D.
    Maar die kugel is nog nie klaar met Vader Pedo nie. (Hy wil mos oor haar laster.) “Do you still take them home?”
    Vader Pedo verwerdig hom nie om te antwoord nie en staar wrokkig na die see wat bollings groen skuim op die vuil sand uitstoot.
    “What do you get in return?” hou die teef aan met neul. (Wat is haar naam nou weer: Shirley, Rebecca of Miriam?)
    Vader Pedo draai hom koninklik na sy kastyder en sê: “Dis saliger om te gee as om te ontvang.” En hy stap weg sonder om goeiendag te sê.
    Maar Miriam se vrae het hom tog oor sy modus operandi laat nadink. Dis werklik nie verstandig om hulle huis toe te neem nie; hierdie verlore seuns kom ongenooid terug, soos die dood van arme Hymie opnuut bewys het. Sy kop is met een van sy antieke papiergewigte verpulp, en Hymie wás so gek na dié besondere item.
    Vader Pedo besluit om sy brood voortaan na die watere te neem. Hy laat sy huishoudster ’n piekniekmandjie pak met stewige toebroodjies, koue hoenderboudjies, worsies, etcetera, etcetera. (Ok nie te baie etcetera nie: aspersies en artisjokke is verkwis op boerelummels.) En natuurlik ’n pakkie ses, yskoud in ’n koelsak.
    Hy gaan op laat en eensame tye stasie en see toe, en altyd, altyd is daar iemand wat rasend honger is en noodgedwonge gewillig. Teen die derde bier stel Vader Pedo dit sonder enige windsels: Now pay up.
    Op ’n aand sit hy met ’n seun wat Bybels weerstand bied: “Uncle kan mos nie seën verwag as Uncle betaling wil hê nie?” (Die waarheid is dat dié seun dié betrokke nag al twee keer gegooi het, en nie seker is dat hy weer die mas kan opkom nie.)
    “Dink jy dat ek, soos jy dit so vulgêr stel, betaling verwag? Ek vra net een ding: medemenslikheid. Klim uit, en moenie eers probeer om my in die toekoms te probeer groet nie. Van my, ou seun, kry jy geen getuigskrif nie — en ek is invloedryk, laat ek jou dit maar sê.”
    Waaraan die seun op dié oomblik dink, is die orige biere, die Russiese worsies, die stuk appeltert wat hy skrams gesien het. Want hy het die toebroodjies net so laat staan: varkpatee akkordeer nie met hom nie, en so wragtag, op elkeen van die blêddie broodjies.
    “Nou toe dan maar, Uncle,” sug hy, en sprei sy bene, maar tussen Uncle se handtastelikhede en nat soene deur, wat hom skaars kans gun om asem te skep, dink hy deurentyd: Jesus, this is too much.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.