Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Fanus Rautenbach se Grapvasvra gaan die lagspiere prikkel

Erns Grundling

Wen! Wen! Wen!

‘n Gelukkige leser kan twee kaartjies wen na Fanus Rautenbach en Piet Coetzer se Grapvasvra in die Dorpstraat Teaterkafee op 30 April. Stuur ‘n e-pos na erns@litnet.co.za en noem jou gunstelingruimte op LitNet. Sluit ook asseblief ‘n selfoonnommer in, sodat ons jou betyds kan kontak. Die wenner sal Vrydag in kennis gestel word.

Die legendariese omroeper en storieverteller Fanus Rautenbach bied eerskomende Saterdagaand (30 April) om 20:00 vir die heel eerste keer ‘n Grapvasvra aan in die Dorpstraat Teaterkafee op Stellenbosch.

Fanus is reeds vir dekades bekend as ‘n storieverteller en grapmaker van formaat. In die dae voor televisie was hy een van dié bekendste en mees geliefde stemme op die radio, en sy Flink uit die Vere-program is deel van ‘n hele geslag se verwysingsraamwerk.

Ek het vanoggend gou met Fanus gesels terwyl hy besig was om voor te berei aan Saterdagaand se vertoning.

Wat kan die gehoor verwag van hierdie Grapvasvra?

Ek en my vriend Piet Coetzer het besluit om vir die eerste keer ‘n Grapvasvra aan te bied. Dit is amper soos Flinkdink, maar in plaas van ‘n paneel met drie deelnemers wil ons graag die hele gehoor daarby betrek, met ‘n lekker prys op die spel.

Hoe gaan julle dit aanpak?

Ek sal die vertoning afskop met ‘n paar stories, ou grappe en ‘n paar nuwe grappe, of pous-grappe. Het jy gehoor hulle praat van ‘n “pous mortem”? Ons sal vooraf ‘n paar graponderwerpe kies, waarna die gehoor dan uitgedaag word om self met grappe en stories vorendag te kom. Die gehoor hoef nie te bekommerd te wees nie: as ‘n onderwerp getrek word en niemand ken ‘n grap daaroor nie, sal ek my bes probeer om iets daaroor te vertel.

Daarna kry die gehoor weer die geleentheid om vir my en Piet vas te vra met graponderwerpe.

Twee van my lagskywe kan deur lede van die gehoor gewen word. Tussendeur sal ons nog grappe en stories vertel.

Wat maak “ou grappe” na al die jare nog steeds so gewild?

‘n Ou grap het oorleef omdat hy snaaks is – daar is ‘n absolute sekerheid betrokke. Baie jongmense het baie van hierdie ou grappe, of “oopskopgrappe”, nog nie gehoor nie. Ek lag dikwels in my mou as my seuns vir my ‘n “nuwe” grap vertel en ek dan besef ek het dit reeds in standerd drie gehoor!

Waar kom die woord “oopskopgrap” vandaan?

Die naam kom van een van die oudste grappe wat ek ken – die een van die dronkie wat na ‘n lang aand se kuier in ‘n oop graf geval het. Later loop iemand by die graf verby en die dronkie roep om hulp: “Help my, help my, ek kry koud!” Waarop die man droogweg antwoord: “Geen wonder nie, jy het jouself dan oopgeskop!”

Is jy nie bang om vasgevra te word nie?

Nee wat, mens is seker bietjie op jou senuwees, en partykeer vang die gehoor my uit. Maar Piet is darem ook daar om te help; hy is baie goed met die oopskopgrappe.

Is jy bekommerd dat grappe en stories aan die kwyn is?

Ja, die stories en grappe word minder. Daar is heelwat mense wat luister na stories, maar ek kry die idee daar is al hoe minder mense wat dit vertel. Die feit dat ek nog altyd goeie bywoning by konserte gehad het, wys darem daar is belangstelling. En daar is deesdae al hoe meer jongmense wat die vertonings bywoon.

Vertel meer oor jou lagskyf wat lede van die gehoor kan wen.

Ek het onlangs 'n dubbellaserskyf (CD), Hele opvoering, vrygestel. Dit bevat onder meer: "Hoogtepunte van Flinkveria se tiende verjaarsdag in Bronkhorstbaai", "Die Bronkhorstbaaifees", "Fanus se grapplaat", optredes in onder meer die Kangogrotte, en geselsies met Simon van de Wildt.

Die Bronkhorstbaai-fees beskou ek steeds as die eerste “karnaval” in die land. Dit het spontaan begin en deur die medium van radio het reklame baie gehelp. Meer as 20 000 mense het destyds daar opgedaag en dit was ‘n fees vol stories, grappe en gekheid.

  • Die vertoning begin om 20:00 op 30 April in die Dorpstraat Teaterkafee. Kaartjies kos R40 per persoon. Bespreek by (021) 88 66 107 of info@dorpstraat.co.za. Besoek www.dorpstraat.co.za vir meer inligting.



    LitNet: 26 April 2005

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.