Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Wat ruik die lekkerste-lekker op aarde?

Fanus Rautenbach

Pronkveer aan Swys wat kommentaar lewer op verlede week se Umfaanus. Ek het bietjie gekarring met taalwoordenaar, waar ek na praters van Afrikaans verwys het wat die taal met Engelse woorde deurspek, en geskryf het dit is nie “stunning” of “amazing” nie.

Swys verwys verder na iemand wat ‘n winkel het … ons weet tog hy is ‘n winkelier. Iemand wat tabak verkoop, skryf Swys, is dan mos ‘n twakkenier! (Nou wil ek sê: as Swys sulke woorde uitdink, en daarmee toor , is hy ‘n taaltowerwoordenaar!)

Wat ruik die lekkerste-lekker op aarde?

Miskien ‘n twakkenier. Baie min winkels wat so lekker ruik as ‘n tabakwinkel – al rook jy nie. Swys, ek kan nie onthou dat ek geskryf het dat alle rook in Nieu-Seeland verban is nie; ek het net vertel van die laaste stompie wat vir R33 000 verkoop is. Natuurlik: as dit die laaste stompie was, moes almal tog opgehou rook het!

* * *

Lekker reuke … geure …
Tans op besoek is Suid-Afrika is ‘n reuk-bemarker, Mark Laxinton. Nee, hy bemark nie reuke nie; hy maak gebruik van reuke, span geure in, om produkte te bemark.

As antwoord op die lekkerruik-vraag het hy tientalle antwoorde gekry, waarvan die reuk van ‘n nuwe motor vir die meeste boaan die lys staan. Maar Mark Laxinton sê dit is nie die nuwe motor wat so lekker ruik nie, maar ‘n spuitstof. Twee weke voordat die nuwe motor bemark word, word die hele kar met outoparfuum bespuit.

Daardie resep is een van besbewaarde geheime ter wêreld. Die geur is gepatenteer; niemand anders mag dit gebruik as slegs die vervaardigers van daardie besondere motor nie.

Hy sê die geluid wat ‘n Mercedes se deur maak as dit oop- of toegemaak word, is ook bemarkbaar.

* * *

Z O E M F!
Nou vra ‘n studentemaat my of die zoemf van ‘n meisiefiets ook geregistreer en gepatenteer word. ‘n Zoemf? Daar was snaakse outjies in die koshuis – hulle is zamfas genoem. ’n Zamfa kon nooit ‘n meisie kry om te vry nie … nou het hy vir prikkeling die meisiefietse se saals gesnuif … geruik.

* * *

Dit is nie net die nuwe-motor-reuk wat geregistreer is nie, maar, glo dit as jy wil, ook die byklanke wat die motor maak … soos die geluid wat ‘n Mercedes se deur maak as dit oop en toegemaak word. Nou lees ek die eerste rekenaar is nooit gepatenteer nie. Niemand het in daardie groot monstrositeit geglo nie. Hoe groot was die ELECTRONIC NUMERICAL AND COMPUTER, of ENIAC? Dit was 9 meter by 18 meter, is in 1945 voltooi … en het dieselfde werk kon doen as ‘n silikonskyfie.

* * *

Koffiesemoer
Mense wat al oor die hele wêreld gereis het, reken dat die mense van Kaapstad die meeste koffie van alle stede verorber. Daar is ook verskillende soorte koffie … waarvan cappuccino die gewildste is. So gewild in die Moederstad dat die naam van die koffie spottenderwys verander is na Koffie Kaap-o-chino.

Ja, eintlik moes ek gesê het die Kapenaars drink die meeste cappuccino.

Nou die groot vraag: Waar kom die woord cappuccino vandaan?

Die woord cappuccino is die verkleinwoordjie van Capuchin, die naam van ‘n monnik-orde waarna daardie koffie vernoem is. Die mengsel van melk en koffie lyk soos die kleur van die Capuchin se togas. Die koffie word gemaak, die melk ingegooi en dan geklits. Dink bietjie mooi aan ‘n monnik in sy bruin kleed … en dan is sy hare bles geskeer, eintlik “ringkop” soos die Zoeloes van ouds. Vergelyk nou die glas bruin koffie met die room wat soos ‘n ringkop geklits is.

(Wat van ‘n nuwe naam, Swys? Ringkopkoffie?)

* * *

Kos?
Die aakligste kosreuk is kool wat in ‘n losieshuis kook. Wie kan dit beskryf? Maar erger as kool is vroteiers.

Van eiers gepraat, ek eet een keer saam met my ou groot maat, Kooivlooi. Die kelnerinnetjie vra vir hom: “Hoe hou u van u eiers? Tien duisend duiweltjies flits in sy oë en hy sê: “Gepoeier … of gestreel …”

Maar moenie ‘n mamma vra wat die lekkerste ruik nie: ‘n baba wat gebad is en gepoeier is.

Of vir Boetie nie; hy sê: “Woefie se asem …” Niks ruik lekkerder as ‘n klein hondjie se asem nie!

Maar in teenstelling met vroteiers en koshuiskool: Wie kan die reuk van varsgebakte brood oortref?

Die meeste mense hou die meeste van kosreuke … kosgeure … waarvan ons nou reeds koffie genoem het. Daar is ook braaivleis … gebraaide skaapboud … sjokolade …

* * *

Die natuur
Wat ruik die lekkerste? As jy Saterdagmiddag rugby kyk op TV en Ouboet moet die gras sny …

Reën op ‘n sinkdak … veral snags …

* * *

Skool werk nie!

My maat Mot is die eerste dag skool toe. Juffrou vat toe ‘n glas water en sê: “Water is die enigste stof wat kleurloos, smaakloos en geurloos is.”

“Issie warie!” stry Mot. “Juffrou jok!”

“Kantoor toe met jou!” beveel Juffrou.

Meneer vra wat Mot gesê het. “Juffrou het ‘n jok vertel. Sy sê water het nie smaak nie, het nie kleur nie, ruik na niks nie … Juffrou het seker nog nie water op ‘n sinkdak gehoor nie. Ook nie vars reën geruik nie. Ook nie gesien hoe water in ‘n rivier afkom nie. Meneer, ek gaan huis toe, skool werk nie!”

* * *

Skielik sit ek in die kerk, my ma maak haar handsak oop, haal haar sakdoek uit. Wat ruik so lekker? 4711.

* * *

Maar tant San van Christiana het ‘n ander probleem in die kerk. Sy knyp en bloos en hoes en knyp en skuif rond. Die koster vra of daar iets is wat haar pla.

“Dis net die wind …”

“Moet ek die venster toemaak?” vra hy tant San.

“Nee, ek sal maar wag tot die orrel speel.”

* * *

Hoekom stink ‘n poepie?
Sodat dowe mense dit ook kan geniet.

* * *

Swys, is die ou wat hierdie stories uitgedink het dan ‘n grappenier?

Groetnis Fanus

Wil jy reageer op hierdie "Umfaanus"? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.