Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Fanus Rautenbach

Hallo daar!

Fanus Rautenbach

Honiss sal ons mense nog 'n ruk aan die praat hou - dis nou as komende Saterdag teen die Engelse hom nie van die agenda haal nie. Maar die nuus beweeg aan en dié naweek begin die krieketmanne die kerrie met hulle kolwe roer. Ons plaas vandag nog 'n paar voorstelle vir ons rubriek se naam. Teen die einde van die week sluit ons daarmee af. Oor die prys* vir die wennaam vertel ons meer onder aan die rubriek. Hierdie is almal wat lus het om saam te speel se rubriek. Fanus soek rubriekers om saam te klets, te vertel, nuwe woorde te skep, humor te deel - te rubriek in die rubriek sonder brieke by erns@litnet.co.za

Tossel

Tossel sê - Daai skytie het Henk Bierman
Bromsing - Kooivlooi wil met hom praat!

Hy word toe die Iere se Boniss,
dié skelm kalant, Paultjie Honiss.
Ek gaan hom vanmôre gou bel
om hom sy fortuin te vertel …
as ek net weet waar my flippen Foniss.

Kooivlooi het darem ook raad vir die manne - en hulle vrouens - wat deur Honiss tot drank gedryf is:

Aangesien jy nie kan ophou drink nie, begin jou eie kroeg by die huis. Gee jou vrou R840 (12 x R70) om 'n kis brandewyn te koop. Mens skink 360 sopies uit 12 bottels. Betaal jou vrou R6 per dop. Wanneer al die brandewyn op is, sal sy R1 320 in haar sak steek. Met die oorblywende R840 koop sy weer 12 bottels.

Sou jy na tien jaar lepel in die dak steek, sal sy ongeveer R396 000 plus al die rente in haar bankrekening hê! Oorgenoeg om 'n ordentlike begrafnis vir jou te reël, jou kroos te versorg, met 'n ordentlike man te trou en te vergeet dat sy jou ooit ontmoet het!

Robbie Klay

Klaytrap

'n Jong hartebreker, Robbie Klay,
wil sy dogtertjie net vir een dag kray
glo dit as jy wil
maar die mammie, Raychill,
sê sy en Robbie het net een keer gevray.

Mamma, waar kom ek vandaan? is die naam van 'n boek. En 'n ander boek, Waar kom die blom vandaan?

Nou moet ons miskien dink aan Waar kom die woord vandaan?

Soos sandwich: Afrikaans: toebroodjie, of soos vriende van ons se kinders daardie broodjie noem, 'n tweebroodjie, want dit is mos twéé snye brood waarvan die toebroodjie gemaak is!

Sandwich is vernoem na lord Sandwich, die 4e Hertog van Earl, wat een keer in 1762 vir 24 uur lank aan 'n dobbeltafel gesit en dobbel het - sonder om iets anders te eet as 'n groot stuk brood en vleis. Eintlik twee groot snye brood met skywe beesvleis, ham of eier tussenin. Soms is dit ook soet geëet, twee skywe lemoenkoek met lemoenkonfyt of heuning of room tussenin.

In daardie dae was daar ook 'n toebroodjieman. Dit was 'n man wat twee reklameborde weerskante van hom gedra het.

Daar word die mooi storie vertel van die briekie ('n "bricklayer", of messelaar) wat by tant Sannie geloseer het. Elke dag het tant Sannie vir hom padkos saam gegee. Die padkos is luns (lunch) genoem. Maar die briekie het baie hard gewerk en begin kla oor die klein toebroodjie wat hy werk toe kry. Tant Sannie gee toe vir hom vier snye brood, en toe ses. Maar hy bly honger. Tant Sannie vererg haar, vat 'n hele brood, sny dit in twee, smeer konfyt tussenin en gee dit vir hom saam werk toe. Daardie aand kla hy: "Ek sien Tannie is terug by twee snye!?"

Nog 'n toebroodjiestorie is van die briekie wat etenstyd hoog op die onklaar gebou sit en sy pakkie toebroodjies oopmaak. Hy loer tussen die twee snye en vloek: "Blerrie jêm alweer!" So hou dit dag vir dag aan. Op 'n dag kan sy maat dit nie meer hou nie en vra: "Hoekom sê jy nie vir jou vrou jy eet nie konfyt nie?" "Maak my eie toebroodjies," brom die man.

Ontmoet ons Nasionale Voël

Ons Nasionale Voël

Ja, dit is tog die Kraanvoël, maar nie die tradisionele een nie. Ek praat van die nuwe kraanvoël. Die een wat Rufus Papenfus hier so mooi geteken het. So behoort ons Nasionale Kraanvoël te lyk, want ons het 'n kroniese gebrek aan water.

Maandag, wanneer, verskyn daar hierdie brief in Die Burger (glo dit as jy wil, geskryf deur Gert Watermeyer!):

Ek het 'n oplossing vir twee van ons grootste landsprobleme, en kan twee voëls met een klip tref. Die een is werkloosheid en die ander is water te kort [sic]. Dis maklik: Gebruik die werkloses om vir ons so veel moontlik damme te bou!

Maar toe antwoord iemand uit die kantoor van die Minister van Waterwese:

Die oplossing wat mnr Watermeyer voorstel is ongelukkig nie haalbaar nie, want ons het gewoon net nie genoeg water vir nog damme nie.

In die Weskaap is daar hoeka alweer waterbeperkings. Watermorsers, ons vra mooi - bespaar water:

BAD SAAM MET JOU NOOI!
DIE OUMENSE BLY NIE DORS NIE
KINDERS MOENIE IN DIE WATER MORS NIE
LUISTER NA MY:
DIE OUMENSE GOOI DIT BY!

Slimmigheid vir die dag: "Rook maak jou dood en as jy dood is, het jy 'n belangrike deel van jou lewe verloor!" (Brooke Shields tydens 'n onderhoud nadat sy as segspersoon vir 'n antirook-veldtog aangestel is.)

Nog een: "Ek het nog nooit 'n ernstige knie-operasie aan enige ander deel van my liggaam gehad nie." (Winston Bennett, Universiteit van Kentucky se bofbalspan.)

Wil iemand nie asseblief hierdie Engelse uitdrukking vir ons probeer vertaal nie: "If you can't beat them, join them!"

Nog voorstelle vir ons rubriek se naam:

Joan Kruger van Tamboerskloof: @-Aapstert
Zahn van Muizenberg: SêNet of LagNet
Ananda van Silverton: Sterpos

John Baskind skryf uit Kiwiland: "Dagsê julle daar by die huis. Probeer maar hierdie: "Oom Fanie se Wyshede", of miskien "Konfyt Halfprys - Gesels vry", of dalk "BoereWyshede" of, nog beter: "Ai, hoe lekker kry ek nou!" - spesiaal vir diegene wat grootgeword het met Verbode Liefde namiddae na skool waar 'n mens die hele episode kon hoor en nog net 'n paar minute laat wees vir Voortrekkers. Lekker bly.

Nog voorstelle van Frans van Rensburg: Komlaatonskliek, Klieknet, Woord-en-kliek, Die nuwe FAK (Fanus se Kubervriende), Palawermaters of Woord-vir-woord.

Ondertussen wag ons steeds vir voorstelle vir 'n Afrikaanse vertaling van urban legend.

Groetnis!

Fanus



*ONS DOOP-/NAAMGEE-WEDSTRYD

Fanus Rautenbach het onlangs 'n dubbellaserskyf (CD) Hele opvoering vrygestel. Dit bevat onder meer: "Hoogtepunte van Flinkveria se tiende verjaarsdag in Bronkhorstbaai", "Die Bronkhorstbaaifees", "Fanus se grapplaat", optredes in onder meer die Kangogrotte, en geselsies met Simon van de Wildt.

NOU BIED FANUS EEN VAN HIERDIE CD'S AS PRYS AAN VIR DIE LESER WAT HIERDIE NUWE RUBRIEK DIE OORSPRONKLIKSTE NAAM GEE.

Moenie huiwer nie, dink flink, dink suiwer! En stuur dadelik jou voorstel aan: erns@litnet.co.za.

Wil jy graag hierdie dubbel-CD bestel teen slegs R100? Stuur 'n e-pos na erns@litnet.co.za om te bestel!





LitNet: 19 November 2004

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.