Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Baie welkom hier by ons nog naamlose nuwe LitNet-internetrubriek - kletsbriek? netbriek? Maar maak los die brieke, want ons het nie brieke nie, en help naam soek. Wie die naam gee kry 'n prys en dis meer as dié soort van prys: "Gelukkig lyk die kind darem na sy ma." Hier onder* vertel ons meer van die doop en die prys - nie INTERNET nie, maar InterNETNOU! Ontmoet eers die redakteur van die nuwe saamklets-rubriek. Hy soek rubriekers om saam te klets, te vertel, nuwe woorde te skep, humor te deel - te rubriek in die rubriek sonder brieke by erns@litnet.co.za.

Hallo daar!

Dit is Fanus hier. Fanus Rautenbach.

Fanus Rautenbach Wie is Fanus Rautenbach? Kom ek jou ietsie van myself vertel …

Ek is van gemengde bloed: my pa was 'n man en my ma was 'n vrou.

Ek is in Lichtenburg gebore. Nee, ek weet nie hoekom juis daar nie. Wou seker naby my ma gewees het. Ek is op 'n Sondag gebore; my ma het nie in die week tyd gehad nie.

Ek was baie slim: een keer by die huis wou ek koekies steel. Dit was hoog op die rak. Toe kon ek nie my arm hoog genoeg optel nie. My skouer was stokstyf. Die dokters noem dit 'n gevriesde skouer: koud.

Dis waar die uitdrukking vandaan kom om iemand die koue skouer te gee. Maar eintlik was my arm seer en styf van intelligensie: jy sien, ek het in die skool altyd die antwoord geken.

"Baie intelligent!" het my ma by haar suster, Sarie, gespog.

"Maar ek sal jou nog 'n voorbeeld van sy intelligensie gee: Toe hy drie maande oud was, sit ek 'n bord vol spinasie voor hom neer. Hy kyk my diep met sy blou oë - onthou hy is net drie maande oud - en hy sê duidelik en hardop: 'Ek eet nie spinasie nie.' Hoe is dít vir intelligensie?"

Suster Sarie se blitsvinnige antwoord was: "Ag, Fanie is nie so danig intelligent nie, Jannie het ook op drie maande nie spinasie geëet nie!"

Laat ek jou van my veelbewoë lewe vertel. Ek was ryk en ek was arm. Ryk is lekkerder. Nou die dag spog ek: "Ek was al in Egipte ... in Japan ... in Alaska ... en in Amerika … waar hulle nou weer verkiesing gehou het. Ek was ook al in Sjina, Afganistan, Meksiko en Texas." Toe kom die stemmetjie: "Ja, maar was jy al in Secunda?"

"Vertel ons iets van die Amerikaanse verkiesing?"

Hier is ietsie; kom ons sing dit op 'n ou FAK-wysie: "Dit is weer lente"! Kom laat ons sing, ja, kom laat ons sing!

Dit is weer Stemdag
Oorlog is verby;
George is nog Bossies
In Kerry se kontrei
Is dit nie vreeslik
Lyk hul tog nie dom
die beste president
het weer tweede kom!"

Nou het die volgende kwansuis by Texas gebeur, maar Koos Meyer het die ware verhaal eerste vertel. Dit het by 'n kerkie in Stellenbosch gebeur.

Terwyl die diens aan die gang was, storm die koster die kerk binne en fluister in die eerwaarde se oor: "'n Vat KWV ... die brandewyn van Koos Wye Voete het gebars en die brandwyn stroom met die Eersterivier af!"

Eerwaarde maak keel skoon en kondig aan: "Ons sing nou almal dankbaar saam, "We'll Gather By The Riverside …!"

Skaars minute later kniel die hele gemeente by die rivier en skep die voggies bakhand op. "A!" juig een en almal, "die engele piepie op my tong!"

Groetnis

Fanus



*ONS DOOP-/NAAMGEE-WEDSTRYD

Fanus Rautenbach het onlangs 'n dubbellaserskyf (CD) Hele opvoering vrygestel. Dit bevat onder meer: "Hoogtepunte van Flinkveria se tiende verjaarsdag in Bronkhorstbaai", "Die Bronkhorstbaaifees", "Fanus se grapplaat", optredes in onder meer die Kangogrotte, en geselsies met Simon van de Wildt.

NOU BIED FANUS EEN VAN HIERDIE CD'S AS PRYS AAN VIR DIE LESER WAT HIERDIE NUWE RUBRIEK DIE OORSPRONKLIKSTE NAAM GEE.

Moenie huiwer nie, dink flink, dink suiwer! En stuur dadelik jou voorstel aan: erns@litnet.co.za.

Wil jy graag hierdie dubbel-CD bestel teen slegs R100? Stuur 'n e-pos na erns@litnet.co.za om te bestel!





LitNet: 05 November 2004

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.