Edie van die AardeArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Baby addicts

Edie Boshoff

Ek het 'n ex-boyfriend wat in rehab was. 'n Klomp kere. Vir 'n klomp goed. Een van my beste vriendinne is 'n alkoholis (albeit 'n non-practising een). Omtrent almal in my vriendekring is lusser vir 'n dop aan die einde van die dag as wat hulle behoort te wees. Vir heelparty is 'n trek van 'n joint so alledaags soos 'n bier, en die meeste van hulle sal nie nee sê vir 'n lyn cocaine as dit voor hulle neergesit word nie. En ek sê geensins dat ek altyd onskuldig staan en toekyk as hierdie dinge gebeur nie. Maar ek wonder partykeer. Wat is dit aan hierdie dinge, hierdie goed wat die lewe vir 'n uur of twee sagter kan maak, wat ons so vashou? En kan ons dit rêrig los as ons wou, soos ons dikwels vir mekaar vertel?

Sure, die meeste van die alcoholics wat ek ken, het 'n geen geërf en hoef gewoonlik nie verder as ouma of oupa te soek vir die wortel van hulle lus nie. En al die mense wat ek ken wat verslaaf is aan omtrent alles waaraan jy kan dink, het inderdaad die sogenaamde "addictive personality". Maar wat van die res van ons? Die baby addicts, soos 'n vriend dit noem. Ons wat miskien vir 20 of 30 of 60 jaar kan aankarring met biere en joints en sigarette en nooit ons jobs verloor nie, nooit in rehab beland nie, nooit overdose nie. Maar steeds vasgehou word deur ons daaglikse ritueeltjies. Ons kom by die huis. Drink 'n bier. Rook 'n joint. Drink nog 'n bier. Kyk TV. Rook nog 'n joint. Drink nog 'n bier. Gaan slaap. Staan op. Gaan werk. Kom by die huis. Drink 'n bier. Rook 'n joint … You get the picture. En hoekom? Wat is dit wat ons baby addicts laat vasklou aan dìt wat die edges van ons lewens se prentjies blur? Hoekom het ons ons lewens in soft focus nodig?

Dis moeilik om namens ander te praat. Maar dit kan met redelike sekerheid gesê word dat as 'n gewoonte eers 'n afhanklikheid word, dit waarvan jy afhanklik, is 'n gaatjie begin toestop. Miskien 'n gaatjie wat altyd daar was. Miskien 'n gaatjie wat onlangs gemaak is. En hoekom skyn kreatiewe mense soveel meer gaatjies te hê? Of dink ek maar net so omdat ek meer kunstenaars ken as die gemiddelde persoon? En het gaatjielose mense werklik die reg om 'n vinger te wys na ouens wat soos sifdrade deur die lewe gaan? Want weakness is 'n tricky ding. Almal het dit. So wie s'n is erger as wie s'n? Is die swakheid van die vlees erger as die swakheid van die gees? En wat van die swakheid van net wees?

Natuurlik dra die stigma van onwettigheid by tot die samelewing se verwerping van verslaafdes/gebruikers. Dit kan dalk verklaar hoekom dit, in sekere gemeenskappe, okay is om elke Vrydagaand in die gutter te lê en kots, maar dat jy tot die hel verdoem sal word as jy dit sou waag om 'n joint op te steek.

En elkeen is seker maar geregtig op hulle opinie oor hierdie dinge. Maar besef hulle werklik hoe omring deur baby addicts hulle is? Die wandelende gewondes wat langs hulle bly, saam met hulle werk, in hulle huise grootgeword het? En wat sou hulle maak as hulle weet? En gaan baby addicts ooit weggaan? En so what as hulle bly? En was hulle nie nog maar altyd met ons nie? En het mens 'n verantwoordelikheid om hulle te help? Of 'n verantwoordelikheid om hulle keuses te verstaan? Ek weet nie.

Maar ek's reg vir 'n bier.



LitNet: 15 Desember 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.