LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
Hierdie week gaan die gesogte virtuele LitNet Dopper
Joris-Oskar aan:
En die uiters befaamde virtuele LitNet Dopper Goris-Oskar
gaan hierdie week aan:
Laurence Fishburne ...
... oftewel Morpheus in The Matrix, wat in sy besige akteursloopbaan tyd maak om welwillendheidsambassadeur vir
Unicef te wees en tydens sy SA besoek steun aan programme vir kinders met MIV/Vigs gegee het.
Gaan lees die artikel hier.
Me Naledi Pandor ...
... Minister van onderwys, wat in die parlement laat
blyk het dat haar voorkeur vir moedertaalonderrig slegs vir die eerste
drie skooljare geld, waarna sy onderrig in Engels voorstaan.
Pandora se boks? Gaan lees die artikel hier.