Pop se gedagtesArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

’n Eenvoudige les: jy is wat jy aantrek

Ek sidder as ek dink aan wat mense as mode beskou het in die jare tagtig.

Nou die dag grawe ek in ’n ou karton vol briewe, foto’s en onvoltooide skooltake op soek na niks in besonders nie. Dis toe ek afkom op my matriekafskeid-kiekie, een wat nes duisende ander soortgelykes in die voorportaal van ’n gemeenskapsaal van enige dorpie in Suid-Afrika geneem is, net voor jy en jou gesellin aan ’n koue seekoskelkie as voorgereg sou smul.

My date dra ’n seegroen-rok met ’n onaardige orgidee-agtige motief en ek, trots soos ’n trofee, in ’n donker strepiespak wat enige staatsamptenaar in sy elfuur-tee sou laat stik van jaloesie. Die skouerruiker ’n wit angelier wat oordadig-deftig op my linkerbors gepronk het soos ’n bronstige posduif.

Nou ja, deesdae is dit anders. Dinge word maande vooruit beplan, hoe meer eksoties hoe beter. Ek lees glad nou die dag van iemand wat per olifant na haar matriekafskeid gereis het!

Maar grappies op ’n stokkie. Destyds was ons kleresmaak...wel, smaakloos. Frokkies oor t-hemde was groot, trouens, hoe meer lae klere oor mekaar hoe cooler het jy gelyk. Die gewaagdes onder ons ouens het kopbande gedra soos die hartseer rocksterre van daai tyd, die meisies weer leg warmers ala Cyndi Lauper...jy weet mos, “girls just wanna have fun …”

En ofskoon ons stylloos was en moes luister na musiek wat hierdie stylloosheid soos ’n bloedbroer onderskraag het, het ons oorleef en mettertyd leer aanpas by wat deesdae as mode beskou kan word. Of het ons?

Met die koms van grunge het ’n nuwe klerestyl ook kop uitgesteek — gehawende jeans en voos, geruite hemde gedra saam met uitgetrapte Doc Martins — maar dit moes mettertyd plek maak vir die slick dance-diertjies en hulle energieke t-hempies, duur slentertekkies en veelkleurige bykomstighede.

Deesdae? Ek sien baie ouens met wat die skaatsplank-look aanhang — kort langbroeke (of lang kortbroeke?), los t-hemde en basketbalkepse (agterstevoorom). Die meisies is ’n ander storie. Dis wat my aanvanklik laat grawe het op soek na foto’s van destyds, onthou ek nou.

Want ek lees ’n artikel in ’n Engelstalige koerant van die Christina Aguilera en Britney Spears brigade. As ons die idioom kan aanpas: hoe kaler jonker, hoe stouter in die donker.

Die artikel het dit veral oor die tweens (meisies tussen 7 en 12) wat so skraps aantrek dat ’n mens skoon aardig voel. Kry die kinders nie koud nie?

Britney en Christina verskyn op internasionale verhoë met niks meer nie as ’n oulap se materiaal wat beswaarlik Bof 2 en Bof 3 verberg. Hulle skep die mode wat jong tieners slaafs navolg en waarvoor ouers maar gedwee moet opdok.

Is dit verkeerd? Gesien in die post-feministiese era seker nie. Kleredrag was nog altyd ’n manier om jou rebelse streep ten toon te stel -of jy nou jou jeans geskeur het of T-hemde met slagspreuke dra. Die twee sterre verteenwordig sukses. Hul boodskap is duidelik: ons trek so aan omdat ons gemaklik is met ons liggame en omdat dit bydra tot ons sukses.

Die ander argument dra ook water. Skrapse klere kan eksplisiet en uitlokkend wees, sletterig as dit moet. Christina en Britney word as sekskatjies gesien.

Maar hoe kyk mense na Saartjie Stroopsoet wat in haar eina-eina uitrusting ’n melkskommel in die Wimpy drink?

Dis les is eenvoudig: jy is wat jy aantrek — moenie dat die jongste mode jou boelie om iemand anders te wees wat jy nie is nie.

Die rubriek “Pop se Gedagtes” verskyn elke Maandag in die bylae JIP en word met vriendelike vergunning van Die Burger redaksie hier gebruik.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.