Pop se gedagtesArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Eintlik moet elke week SA musiekweek wees

Julle besef seker bewus daarvan dat die tweede Suid-Afrikaanse Musiekweek Saterdag afgeskop het, né. Wonder maar net.

Kyk daar is baie te sê vir en teen so ’n georganiseerde poging om plaaslike talent by ons as luisteraars tuis te bring. Die “vir” is vanselfsprekend, die “teen” is iets waaroor mens nie te lank moet tob nie.

Miskien net dit: dat ’n mens versigtig te werk moet gaan om te veel waarde te heg aan ’n enkele week uit 52 in die jaar waar daar net op plaaslike talent gefokus word. Eintlik moet elke week SA musiekweek wees, of hoe?

Ons is egter almal bewus van die probleme wat die plaaslike musiekbedryf in die gesig staar: ’n wankelrige musiekindustrie wat musikante moet ondersteun, swak ondersteuning vir SA kunstenaars in die media — vernaam radio en TV — ’n oorheersende internasionale mark met miljoene dollars om oorsese produkte in ons kele afdruk en, les bes, apatie in ons as CD kopers en plaaslike ondersteuners se geledere.

Hoe dit ook al sy, vir een week alleen moet dit dan jou missie wees om so veel as moontlik te fokus op die talent op eie bodem. As jy dag in en dag uit na ’n leë beursie staar, maak tog ’n punt daarvan om die SA CD's wat jy besit weer ’n slag af te stof en te luister, vertel jou vriende wat dit nog nie het daarvan, reël jou eie SA musiek aand en vier op die manier die ongelooflike potensiaal van kunstenaars ter plaatse.

As jy in die gelukkige posisie is om twee pond tien en ’n sikspens te kan uithaal, gebruik die komende week as geleentheid om een SA kunstenaar tot jou versameling te voeg of een groep se verhoogoptrede te gaan ondersteun. Net een, dis mos nie veel gevra nie (meer is welkom, maar elke bietjie help).

Vir meer inligting kan julle gerus die SA Musiekweek webruimte gaan besoek en lees wat bekendes in die industrie oor die komende week se bedrywighede te sê het.

Uit Pop se Gedagtes se oord wens ek alle betrokkenes — die organiseerders, musikante en julle as luisteraars — ’n voorspoedige Suid-Afrikaanse Week toe.

Ek beplan self ’n saamstaan met ’n paar musikale matertjies die week. Ons het reeds ’n paar eg-Suid-Afrikaanse produkte vir die geleentheid op gereedheidsgrondslag (en nou praat ek nie van die op die kole en daai in die glas nie).

My keuse vir musiek die week is Beeskraal se briljante nuwe een (“Huis Toe” ), die “Tassenberg All Stars, vol II” kompilasie, Spinnekop se “Soet September” EP, Akkedis se lieflike nuwe getitel “Voortvlugtend” en dan sommer Tananas, Vusi Mahlasela, Sibongile Khumalo, Max Normal, Jennifer Fergusson, James Phillipps, Matthew van der Want en Chris Letcher, Busi Mhlongo, David Kramer en Karin Zoid vir ekstra genot. Dit klink mos al te veel na ’n paartie!

OK, so gepraat van paartie … die Black August hip-hop event word op 29 Augustus (by die Bargo in Durban), 1 September (in die Standard Bank Arena in Jo'burg) en 5 September (in die Drie Kunste Teater in Kaapstad) aangebied.

Top internaionale hip-hoppers soos Talib Kweli, Jeru Da Damaja, Black Thought & Scratch, die briljante Dead Prez en Imani Uzuri sal saam met ons eie Moodphase 5ive, BLK Sonshine en Bongo Muffin in aksie wees.

Dit word aangebied deur Eargasm Entertainment, wat ook hip-hop werkswinkels beplan vir belangstellendes. Bel 082-231-0169 vir meer inligting. Kaartjies vir die drie vertonings wissel tussen R80 en R150. Gaan ondersteun met oorgawe!

Die rubriek “Pop se Gedagtes” verskyn elke Maandag in die bylae JIP en word met vriendelike vergunning van Die Burger redaksie hier gebruik.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.