Pop se gedagtesArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Valiant Swart, die profeet?

Miskien is dit beter om eerder te swyg oor die verskriklike bloedvergieting in Amerika. Die media het die afgelope week of twee die aanval op die World Trade Center herkou tot pulp, soveelso dat die afgryslikheid van die daad so voos bespreek is dat die erns daarvan vir baie begin taan het.

Die ironie was dus ysingwekkend toe ek Valiant Swart se nuwe CD — ’n kort promosie-ene met drie snitte — ontvang. Die titel: Die Bom Kom met die ‘profetiese’ lirieke:

    “Ek en my broers was baie onrustig/Ons was seker dat iets boos gaan gebeur/En ons was bang vir verdoemenis, wellus en heiligskennis/en daar was onheil in die weer/Eensklaps skeur moeder aarde middeldeur/Mense en diere disintegreer/Mannetjies en wyfies en babatjies se lyfies/Die leeu en die jakkals en die slang en die beer …”

    Die omslag: van ’n Boeing wat deur ’n klomp sterre vlieg.

Benewens die treffende titelsnit bevat die CD ook heropnames van Die Mystic Boer en International Maria — opgewarm met ’n “dance” ritme.

Voor julle dink die CD was ’n bemarkingsfoefie, voor julle reken dat die uitgewer — Albert du Plessis en Rhythm Records — die Amerikaanse tragedie ’misbruik’ vir goedkoop publisiteit laat ek die sakie gou in perspektief stel.

Die titelsnit is uitgedink lank voor mal terroriste die WTC bevlieg het. Dieselfde geld vir ontwerp op die omslag — die knap werk van Carel de Beer van One Love Design. Met die bedoeling was daar dus niks sinister nie. Die toeval het wel vir Albert ’n leiderlike kaart geskiet.

Trouens, so kwaai het hy getob oor die CD, dat hy dit ernstig oorweeg het om die omslag te herontwerp en ’n nuwe titel te kies (wat vir Rhythm Records ’n ekstra klomp geld sou kos)

    So verduidelik Albert: “Die gelyktydigheid van die uitreiking met die aanval was ’n dilemma. Hier sit ons met ’n voltooide EP wat reeds deur verskeie platejoggies ontvang is — die vrees was daar dat dit as opportunisme gesien kon word.

    “Daarom het ek ’n persvrystelling uitgestuur om te benadruk dat die opnames, CD omslag en verspreiding vóór 11 September gedoen is. Kundiges op die gebied van joernalistieke etiek het my ook verseker dat ek die situasie reg hanteer het,” het hy bygevoeg.

Gelukkig het nugtere denke geseëvier. Die drie snitte op Die Bom Kom sal einde vandeesmaand ingesluit word saam met 12 ander op ’n kompilasie CD getitel Boland Punk.

Die Bom Kom se drie is bonussnitte — dance-weergawes van die oorspronklikes. Nie dat die “dance” weergawes afbreek doen aan die rock-elemente in die heropnames nie. Trouens, met Anton L’Amour op leierkitaar en Schalk Joubert of bas klink die aansteeklike drum loops wat die snitte voortdryf na iets wat rock- en rave-diertjies tot dansvloere sal dryf.

Die groot Kahuna is natuurlik die volledige Boland Punk kompilasie. Die titel is genoeg aanduiding van wat jy hier te wagte kan wees — Valiant op sy Bolandpunkste lekkerste, met ’n reeks oortuiters wat ons tot partytjiegangers geprojekteer het.

Al die kitaargedrewe grotes is ingesluit — van Pienk Pajamas en Kake van die Leeu tot Cybersakkie en Die Son Sak in Durbanville — elk met ’n storietjie deur Valiant van waar die song sy oorsprong gekry het. En dan volg die genoemde “dance-trio” boonop as bonus om die heerlike produk af te sluit.

Kyk uit vir die nuwe een, ’n moet vir jou versameling en ’n ideale afskopplek as jy nog nie ’n Valiant CD besit nie.

Die rubriek “Pop se Gedagtes” verskyn elke Maandag in die bylae JIP en word met vriendelike vergunning van Die Burger redaksie hier gebruik.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.