Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Breytenbachs antwoord lesers se vrae oor woon en werk in die VK

Vraag:

Ek is 35 jaar oud en getroud, met twee kinders van skoolgaande ouderdom. My suster, wat 11 jaar jonger as ek is, is tans in die Verenigde Koninkryk op 'n Grootouer-visum. Ek wil net graag weet of daar 'n ouderdomsbeperking is op die Grootouer-visum. Sal ek met dieselfde grootouers as sy kan kwalifiseer ten spyte van my ouderdom? Verder, sal ek my vrou en kinders kan saamneem na die Verenigde Koninkryk as my ouderdom nie teen my tel om te kwalifiseer vir die visum nie?

Antwoord:

Daar is geen boonste ouderdomsbeperking op die Grootouer-visum (Ancestry Visa) nie. Indien jy wel aan al die vereistes voldoen vir die visum, sal jy op dieselfde tydstip wanneer jy vir jou permit aansoek doen, ook aansoek doen om jou gesin met jou saam te neem as jou visum-afhanklikes. Ongelukkig mag 'n mens net jou kinders onder die ouderdom van 18 jaar saamneem.

Vraag:

My dogter is tans in die Verenigde Koninkryk op 'n Grootouer-visum. Haar oupa aan vaderskant was Brits-gebore. Sy is nou al twee jaar in die Verenigde Koninkryk en ondersoek die moontlikheid om terug te kom Suid-Afrika toe vir so 'n paar jaar, maar sluit nie die moontlikheid uit dat sy dalk wel later weer in die Verenigde Koninkryk wil gaan werk nie. Sal sy weer kan teruggaan na die VK op haar Grootouer-visum?

Antwoord:

'n Grootouer-visum word toegeken vir 'n periode van vier jaar. 'n Mens kan die Verenigde Koninkryk binnekom en verlaat soveel keer as wat jy wil op hierdie visum en vir so lank as wat jy wil. Indien jou dogter besluit om weer terug te keer na die Verenigde Koninkryk terwyl die visum geldig is, sal sy geen probleem hê nie.

As haar visum egter verval terwyl sy in Suid-Afrika is en sy wil weer terugkeer VK toe, sal sy weer vir 'n Grootouer-visum aansoek moet doen vanuit Suid-Afrika.

Sy moet egter in gedagte hou dat hoewel sy die VK vir enige tydperk kan verlaat terwyl sy op die Visum is, dit haar aansoek vir permanente verblyf en Britse burgerskap kan beïnvloed, aangesien 'n persoon vir minstens 'n driekwart van die tydperk op die visum in die VK moet wees om te kan kwalifiseer.


Het jy enige vrae of wil vir 'n Britse permit aansoek doen?

Kontak Breytenbachs by info@breytenbachs.com of besoek hul webtuiste by www.breytenbachs.com

Wat ons kliënte sê

I CANNOT thank you enough for all the trouble and hard work you all put into my case - it really means a lot to me and is GREATLY APPRECIATED! Thank you very much! I know it is your job and you get paid to do it, but you have just given me my future and a great deal of happiness!
Kim Joubert


LitNet: 01 Junie 2005

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.