Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Breytenbachs antwoord lesers se vrae oor woon en werk in die VK

Vraag:

Ek het gehoor dat die Britse Permit vir Hoogs Geskoolde Persone dit ook vir persone onder die ouderdom van 28 jaar moontlik maak om in Brittanje te woon en werk. Is dit so?

Antwoord:

Ja, daar was wysigings in die Program op 31 Oktober 2003 wat dit makliker maak vir persone onder die ouderdom van 28 jaar as vir mense oor 28 om te kwalifiseer. Die Permit vir Hoogs Geskoolde Persone werk op 'n puntestelsel en 'n persoon moet 65 punte verdien om te kwalifiseer vir dié tipe permit. Indien jy onder 28 jaar oud is op die tydstip wanneer die Home Office jou aansoek ontvang, verdien jy klaar 5 punte. Die res van die punte moet verdien word in die kategorieë vir akademiese kwalifikasies, werkservaring en inkomste. Die Britse regering het hierdie toegewing gemaak aangesien hulle voel dat jonger persone waarskynlik vir 'n langer periode 'n bydrae kan maak tot die Britse ekonomie. Ongelukkig bly hulle maar streng in die toepassing van die reëls en ken hulle nie punte toe tensy hulle oortuig is dat die applikant oortuigend bewys het dat hy daarvoor kwalifiseer nie.

Vraag:

Ek wil aansoek doen vir 'n permit om in die Verenigde Koninkryk te woon en werk. Ek het gehoor van die Program vir Hoogs Geskoolde Persone en verstaan dat ek sal kan kwalifiseer hiervoor. Sal my vrou ook moet aansoek doen vir 'n permit om te werk, of kan sy as afhanklike saam met my kom indien my aansoek suksesvol is?

Antwoord:

Die Program vir Hoogs Geskoolde Persone het 'n kategorie waarvolgens punte verdien kan word indien jy 'n geskoolde eggenoot het. Jy sal dus 10 punte kan verdien as jou vrou of lewensmaat "geskoold" is ingevolge die kriteria van die Program, met ander woorde indien sy 'n graad het, of kan bewys dat sy 'n posisie beklee of beklee het waarvoor 'n graad normaalweg benodig word. Sy hoef nie aansoek te doen vir 'n afsonderlike permit nie en kan jou vergesel as afhanklike indien jou aansoek suksesvol is. Sy sal egter natuurlik eers moet aansoek doen vir 'n afhanklikheidsvisum.


Het jy enige vrae of wil vir 'n Britse permit aansoek doen?

Kontak Breytenbachs by info@breytenbachs.com of besoek hul webtuiste by www.breytenbachs.com

Wat ons kliënte sê

I CANNOT thank you enough for all the trouble and hard work you all put into my case - it really means a lot to me and is GREATLY APPRECIATED! Thank you very much! I know it is your job and you get paid to do it, but you have just given me my future and a great deal of happiness!
Kim Joubert


LitNet: 21 Januarie 2005

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.