Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Besoek ons webtuiste!

Breytenbachs antwoord lesers se vrae oor woon en werk in die VK

Vraag:

My seun is tans in Brittanje op die tweejaar-werksvakansie. Hy kom binnekort terug SA toe vir sy ouer suster se troue. Hy is egter bekommerd of hulle hom weer gaan binnelaat in Brittanje, aangesien hy op daardie stadium minder as vier maande op sy visum gaan oor hê. Kan dit inderdaad ’n probleem wees?

Antwoord:

’n Persoon se toegang tot die Verenigde Koninkryk is altyd oorgelaat aan die diskresie van die immigrasiebeampte by die poort van toegang tot die land. Hierdie immigrasiebeampte het die reg om ’n persoon toegang te weier indien hulle voel dat die persoon nie die VK gaan verlaat na verstryking van sy/haar visum nie. Jou seun se visum sal steeds geldig wees met sy terugkeer na die VK en hy behoort nie ’n probleem te hê nie. Nietemin adviseer ons gewoonlik kliënte op die tipe visum wat minder as drie maande oor het wanneer hulle weer die VK binnekom, om gereed te wees om moontlik vrae te beantwoord. Die immigrasiebeampte moet oortuig wees dat jy steeds aan die voorwaardes van die betrokke visum sal voldoen en dat jy die land sal verlaat teen verstryking daarvan. Daar kan ook verwag word van jou seun om bewys te lewer van sy retoerkaartjie terug na Suid-Afrika.

Vraag

Is dit waar dat dit vir jonger mense makliker is om te kwalifiseer vir die sogenaamde “Highly Skilled Migrant Programme”-permit om in Brittanje te werk?

Antwoord

Ja, dit is inderdaad die geval, hoewel mense oor 28 agv hulle langer werkservaring en groter inkomste ook gewoonlik die vereiste aantal punte behaal. Die Britse regering het twee tipes kriteria ingestel vir dié tipe permit: vir diegene ouer as 28 en vir diegene jonger as 28 jaar oud. Om vir dié tipe permit te kwalifiseer het jy ’n bepaalde aantal punte nodig en die kriteria om punte te verdien is aansienlik makliker in die onder 28-kategorie. Jy kry ook boonop 5 bonuspunte indien jy jonger as 28 jaar oud is. Die rede vir hierdie verskil is dat die Britse regering erkenning wil gee aan die feit dat jonger persone waarskynlik vir ’n langer tydperk ’n bydrae tot die Britse ekonomie gaan lewer. Jy kan meer hieroor lees op ons webwerf.


Het jy enige vrae of wil vir 'n Britse permit aansoek doen?

Kontak Breytenbachs by info@breytenbachs.com of besoek hul webtuiste by www.breytenbachs.com

Wat ons kliënte sê

I CANNOT thank you enough for all the trouble and hard work you all put into my case - it really means a lot to me and is GREATLY APPRECIATED! Thank you very much! I know it is your job and you get paid to do it, but you have just given me my future and a great deal of happiness!
Kim Joubert


LitNet: 28 Februarie 2006

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.