Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Breytenbachs antwoord lesers se vrae oor woon en werk in die VK

Vraag:

Ek is te oud om vir skemas soos die werkende vakansie te kwalifiseer en dink nie ek sal vir iets soos 'n werkspermit kan kwalifiseer nie. Ek het egter onlangs uitgevind dat my stiefpa se pa in Brittanje gebore is. Sal ek deur hierdie verbintenis kan aansoek doen vir die voorouer-visum?

Antwoord:

Nee, ongelukkig kan 'n mens nie vir die voorouer-visum kwalifiseer deur stiefouers nie, tensy mens amptelik aangeneem is.

Om te kwalifiseer vir die voorouer-visum moet jy onder andere die volgende kan bewys:

  • Jy moet 'n burger van 'n Statebondsland wees (Suid-Afrika is 'n Statebondsland).
  • Jy moet 17 jaar of ouer wees.
  • Jy moet kan bewys dat jy 'n grootouer het / gehad het wat in die Verenigde Koninkryk gebore is. Die grootouer kan aan enige kant van jou familie wees. Jy kan ook aansoek doen indien jy aangeneem is en jy deur jou aangenome familie aan die kriterium van die grootouer gebore in die VK voldoen, of indien die ouer deur wie jy dit wil bewys, 'n aangenome kind is van 'n ouer wat in die VK gebore is.
  • Jy moet van plan wees om te werk en in staat wees om te werk.
  • Jy moet jouself en enige afhanklikes kan onderhou en akkommodeer sonder om jou te wend tot openbare fondse.

Vraag

Ek was gelukkig genoeg om 'n onderhoud te kry met 'n Britse firma in Londen. Hulle het reeds 'n telefoniese onderhoud met my gehad en het aangedui dat die onderhoud eintlik maar net deel van 'n formele proses is, aangesien hulle my net graag in lewende lywe wil ontmoet voor hulle 'n finale aanbod maak. Kan ek die Verenigde Koninkryk binnegaan as 'n besoeker? Ook, as hulle my dan wel die werk aanbied, kan ek in die Verenigde Koninkryk bly terwyl hulle die nodige reëlings tref om die werkspermit te reël?

Antwoord

Ja, jy moet die Verenigde Koninkryk binnegaan as 'n toeris.

Indien jy wel die pos aangebied word, sal jy moet terugkeer na Suid-Afrika terwyl jou toekomstige werkgewer die werkspermitaansoek indien by die Britse Departement van Binnelandse Sake. As die aansoek suksesvol is, sal daar dan ook aansoek vir jou gedoen moet word vir vooraftoestemming (entry clearance) om die VK binne te kom.

Het jy enige vrae of wil vir 'n Britse permit aansoek doen?

Kontak Breytenbachs by info@breytenbachs.com of besoek hul webtuiste by www.breytenbachs.com

Wat ons kliënte sê

I CANNOT thank you enough for all the trouble and hard work you all put into my case - it really means a lot to me and is GREATLY APPRECIATED! Thank you very much! I know it is your job and you get paid to do it, but you have just given me my future and a great deal of happiness!
Kim Joubert


LitNet: 03 Oktober 2005

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.