Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Breytenbachs antwoord lesers se vrae oor woon en werk in die VK

Vraag:

Ek en my man is albei in ons laat dertigs en wil die moontlikheid ondersoek om in die Verenigde Koninkryk te werk. Ons is albei gegradueerdes en my man het ongeveer 15 jaar se bestuurservaring. Volgens wat ‘n vriendin wat in die VK woon vir my vertel het, behoort ons te kwalifiseer vir die Migrasieprogram vir Geskoolde Persone. Kan julle my asseblief meer vertel oor hoe die program werk?

Antwoord:

Die Migrasieprogram vir Hoogs Geskoolde Persone, of die HSMP (Highly Skilled Migrant Programme) soos dit algemeen bekend staan, is een van die gewildste wyses vir persone om hulself in die Verenigde Koninkryk te vestig. Die gewildheid van die program is hoofsaaklik te danke aan die feit dat ‘n persoon nie vooraf ‘n werkgewer hoef te hê om vir die program te kwalifiseer nie.

Dit werk volgens ‘n puntestelsel en ‘n persoon moet minstens 65 punte verdien om te kwalifiseer. Aansoekers moet ook kan bewys dat hulle hulle beroepe in die VK kan voortsit. Die program verdeel in twee evaluerings, een vir aansoekers onder die ouderdom van 28 jaar en een vir dié bo die ouderdom van 28 jaar. Dit is iewat makliker vir persone onder die ouderdom van 28 jaar om te kwalifiseer, aangesien die Britse regering die feit erken dat sodanige aansoekers waarskynlik vir langer ‘n ekonomiese bydrae tot die Britse ekonomie kan lewer.

Die punte kan onder andere verdien word in die kategorieë akademiese kwalifikasies, werkservaring, vorige inkomste en unieke prestasies. Daar is ook ‘n prioriteitskategorie vir mediese dokters wat dit aansienlik maklik vir hulle maak om te kwalifiseer onder hierdie program.

As voorbeeld: in die kategorie akademiese kwalifikasies kan ‘n graad ‘n persoon 15 punte besorg, ‘n meestersgraad 25 punte en ‘n PhD 30 punte. Die punte wat in die onderskeie kategorieë verdien kan word, vermeerder dus soos wat die prestasie in die spesifieke kategorie toeneem.

Aansoekers met ‘n vaardige eggenoot of langtermyn-lewensmaat kan ook ‘n addisionele 10 punte verdien om die lewensmaat se bydrae tot die VK-ekonomie te erken. Om die 10 punte te verdien moet bewys kan word dat die lewensmaat of eggenoot opgelei is tot graadvlak of ’n ekwivalente professionele of werksvlak-kwalifikasie, of kan bewys dat hulle huidiglik of vantevore ‘n pos beklee het op gegradueerde vlak.

Daar is geen werksbeperkings op die aansoeker tydens die verblyf in die VK nie. ‘n Persoon kry eers toestemming om in die VK te bly vir ‘n jaar om werk te soek of selfindiensnemingsgeleenthede te ondersoek. Na een jaar kan hy/sy aansoek doen vir ‘n verlenging van die permit, wat toegeken sal word indien die VK se Departement van Binnelandse Sake tevrede is dat die persoon ekonomies aktief is.

Indien jy en/of jou man suksesvol is in julle aansoek vir die HSMP-permit, mag julle julle afhanklikes saambring na die VK.

Het jy enige vrae of wil vir 'n Britse permit aansoek doen?

Kontak Breytenbachs by info@breytenbachs.com of besoek hul webtuiste by www.breytenbachs.com

Wat ons kliënte sê

I CANNOT thank you enough for all the trouble and hard work you all put into my case - it really means a lot to me and is GREATLY APPRECIATED! Thank you very much! I know it is your job and you get paid to do it, but you have just given me my future and a great deal of happiness!
Kim Joubert


LitNet: 08 Junie 2005

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.