Alles boeke!Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Nog lesers sê watter boeke haal hul top 10-lyste

Die keuse van:

Neem asseblief deel deur 'n brief te stuur aan: webvoet@litnet.co.za

Anneke se keuse

Ek beskou myself as begeesterde Afrikaanse leser en die volgende boeke het ‘n invloed op my denke en belewenis van ons land en sy mense gehad:

Top 10 Afrikaanse boeke

1.  Die Reise van Isobelle – Elsa Joubert
2.  Seks, Drugs & Boeremusiek – Koos Kombuis
3.  ‘n Droë Wit Seisoen – André P Brink
4.  Agaat – Marlene van Niekerk
5.  Triomf – Marlene van Niekerk
6.  Vatmaar – AHM Scholtz
7.  Slagoffers – Dine van Zyl
8.  Griet skryf ‘n Sprokie, Wegkomkans, Bestemmings – Marita van der Vyver
9.  Pieternella van die Kaap – Dalene Mathee
10.  Niggie – Ingrid Winterbach

My keuse van Top 10 Engelse boeke weerspieël ook my groeiproses in ons land en sy mense:

1. Long Walk to Freedom – Nelson Mandela
2. Call Me Woman – Ellen Kuzwayo
3. My Traitor’s Heart – Rian Malan
4. Pale Native – Max du Preez
5. Disgrace – JM Coetzee
6. Our Generation – Zubeda Jaffer
7. Dance with a Poor Man’s Daughter – Pamela Jooste
8. The Story of an African Farm – Olive Schreiner
9. Country of My Skull – Antjie Krog
10. Cry, the Beloved Country – Alan Paton

Anneke

*

Erasmus Folly se keuse

Oeps, dis nou 'n bietjie meer as tien, maar hierdie is almal boeke wat 'n mens allerhande dinge wys omtrent wat met 'n boek of storie gedoen kan word, wat betref vorm, styl en/of tema.

In alfabetiese volgorde (volgens skrywers):

1. Breyten Breytenbach - Om te vlieg (“Dink aan slakke en jy dink aan winter.” Hoe kan 'n mens nie aangegryp word nie?)

2. JM Coetzee - The Master of Petersburg (Verreweg sy beste boek; “Disgrys” is so styf soos 'n hoender se poephol. Ek sweer as 'n mens een letter uit die boek [“Disgrys”] haal, dan tuimel die hele “edifice” inmekaar.)

3. Joseph Conrad - Heart of Darkness (Maar so 'n moersk*nt kan SKRYF! En Engels was sy derde taal.)

4. Umberto Eco - The Name of the Rose (Lees as speurwerk - lekker! En sy Foucault's Pendulum handel oor dieselfde goed as Da Vinci Code. Ek sal nie lg lees nie – te lig – en Eco se boek - die historiese gedeeltes - was meesterlik.)

5. Desiderius Erasmus - The Praise of Folly (hah hah)

6. William Faulkner - As I Lay Dying (“My mother is a fish.”)

7. Knut Hamsun - Hunger (Deens. Kortliks: “Ek lieg nou. Lieg ek vir julle,
lieg ek vir myself? Lieg ek regtig? Ek is honger, baie honger, ek moet iets skryf. Sal ek ooit iets skryf?”)

8. Charles Johnson - Middle Passage (Amerika tydens die slawetyd en ’n bevryde slaaf steek hom weg op a skip. 'n Paar dae later op see word hy ontdek - hy is op 'n skip op pad Afrika toe om slawe te gaan haal. Lagwekkend and skrikwekkend. En Johnson is Conrad se literary afstammeling - dis duidelik te sien in hierdie boek.)

9. James Joyce - Ulysses (Ja, die middelste deel is vervelig en 'n bietjie van 'n literary game, maar, hoor my, gebakte skaapniertjies het nog nooit so lekker geklink nie. Vroeg in die boek bak Leopold 'n paar niertjies en jy kan dit ruik. En dan is daar die seks: “He did, she did. Into her. They did.” Of so iets.)

10. Kafka - Amerika (Baie snaaks, en hy was nog nooit daar nie.)

11. Naghuib Mahfouz - Harafish (Egipties. Epies. Harafish beteken “armes”. Strek oor talle generasies.)

12. David Malouf - An Imaginary Life (Australies. Ovidius in ballingskap. Hy ontmoet en word vriende met 'n jong seun, en word dan die seun se leermeester. Magical realism sonder enige magic, dws nie in die trant van wat bekend staan as magical realism nie. Die boek neem jou na 'n ander, vreemde plek sonder dat daar snaakse goed gebeur à la Marquez of Rushdie en dies meer.)

13. Herman Mellville - Moby Dick (F*kken snaaks, homo-eroties, postmodernisties, en diep. Diep.)

14. Cormac McCarthy - Child of God (USA. Southern rural, poor marginal, living in the forests. Strange happenings, strange indeed.)

15. Rohinton Mistry - A Fine Balance (Indies. Late 20th-century realism is so much better than that over-written Salman Rushdie's stuff, with its obvious magical realism.)

16. Robert Musil - The Man Without Qualities (Duitser? Oostenryker? Nog 'n snaakse “modernist” boek; dit sal jou laat skaterlag.)

17. Michael Ondaatje - In the Skin of a Lion (Working-class immigrants in Canada; f*k English Patient.)

18. Rabelais - Gargantua & Pantagruel (Baie meer vloekwoorde as F*k*fpolisiekar, en baie, baie meer talent. En vol warmbloedige Renaissance-insig.)

19. Laurence Stern - Tristram Shandy (Hedendaagse “postmodernisme” kan gaan k*k)

20. DM Thomas - The White Hotel (Skrikwekkend! Die mees disturbing beskrywing van die Holocaust, en dit in twee blaaie.)

21. Hunter S Thompson - Fear and Loathing in Las Vegas (Die boek wil my net laat drink.)

22. Amos Tutuola - The Palm-Wine Drinkard and my Life in the Bush of Ghosts (African magical realism from late 1950s. So much better and funnier than Achebe, Ngugi and more recently Okri. The world of the book is a crazy, strange place.)

23. Etienne van Heerden - Toorberg (Again, an early SA example of what magical realism can be, unlike recent stuff in SA with obligatory, fashionable and thus artificial nods to magical realism. This “vervreemding” lies more in the tone of the writing than in “magical” details.)

24. Ivan Vladislavic - Missing Persons (Kortverhale; sy eerste boek, sy beste boek.) (Sien Van Heerden.)

25. Derek Walcott - Omeros (Epiese gedig; gebaseer op Homeros se Odusseu, maar vind plaas in hedendaagse Karibiese See. En dan is daar al Walcott se ander digboeke.)

26. Edmund White - Caracole (Cf Van Heerden, Vladislavic, Malouf.)

27. Patrick White - The Vivisector (Australies. Bildungsroman concerning a f*cked-up painter.)

Kies 'n een of 'n paar of meer. Jy sal bly wees.

Erasmus Folly

*

Kadys se keuse

Hiermee dan my lysie, nie noodwendig in voorkeurorde nie. Dit is nou nie almal fiksie nie, maar dis hoe ek lees en dit is die klompie wat heel eerste in my gedagtes opgekom het.

Daar is vir my nogal 'n verskil tussen boeke wat ek op my boekrak wil hê en dié wat ek sommer by die bib sal uitneem. So is die boek Ingrid vir my die heel mooiste boek - in verskillende fasette - wat ek nog ooit besit het. Ek kan soms met die boek in my hande sit, daaroor streel en dan net hier en daar lees (dis nou nadat ek dit reeds klaar gelees het). Net eenvoudig omdat dit so mooi is en so lekker is om oor die blaaie te streel. Mens kan sien daar is baie moeite daarmee gedoen.

Dit sal goed wees om al die boeke wat voorgestel is, in 'n lys bymekaar te hê. Die populêrste boeke sal stellig al deur H van der Linde gelees wees. Dit is juis daardie onbekende juweeltjies wat vir 'n mens so 'n uitdaging is. Ek weet dat jy op ander plekke op die internet ook lyste kan kry, maar dit is nie dieselfde nie. Al baklei almal op die Sê so oor alles, weet mens tog dis jou soort mense. Daarom sal hulle boeklyste vir jou interessant wees!

Groete, voordat ek jou oorweldig!

Kadys

Afrikaans

  1. Ingrid Jonker – Beeld van ’n digterslewe - Saamgestel deur Petrovna Metelerkamp
  2. Martha – Winnie Rust
  3. Oopkop – Dirk Nagtegaal
  4. Moerbeibos – Dalene Matthee
  5. Moer toe die vreemde in – Johan C Bakkes
  6. Vatmaar – AHM Scholtz
  7. Die ander Marta – Eleanor Baker
  8. Die verdwyning van Mina Afrika – Zuretha Roos
  9. Iets goeds uit Verneukpan – Elias P Nel
  10. Wie is Jan Hoender – Jeanne Goosen
  11. Reise van Isobelle – Elsa Joubert
  12. Raaiselkind – Annelie Botes
  13. Skilpoppe – Barrie Hough

Engels

  1. Bridges of Madison County – Robert James Waller
  2. Domina – Barbara Woods
  3. The Alchemist – Paulo Coelho
  4. The little Prince – Antoinette de Saint-Exupéry
  5. The Power of One – Bryce Courtney
  6. April Fool’s Day – Bryce Courtney
  7. A Dry White Season – André P Brink
  8. The Pianist – Wadyslaw Szpilman
  9. A Safe Place – Lorenzo Carcatera
  10. Sleepers – Lorenzo Carcatera

*

Yuri se keuse

Oor boeke kan 'n mens baie lank gesels. Dit was 'n interessante vraag, want 'n mens dink nie juis daaroor nie. Wat vir jou die beste is, vertel waarskynlik iets oor jou, en vriende kan kwaad raak oor hul beste keuses. Hier is my beskeie lys.

Ek wou na die buiteland dwaal, maar het daarteen besluit. Dit is immers ons plig as Suid-Afrikaners om trots op plaaslike werke te wees. En ek dink ons is geseën met die baie werke, fiksie en niefiksie, wat uit die pen van Suid-Afrikaners verskyn het. Nadine Gordimer, JM Coetzee, André Brink, Van Wyk Louw en talle ander het getoon dat ons nie hoef terug te staan vir buitelandse werke nie.

My top tien Suid-Afrikaanse boeke (fiksie):

1. Kringe in ‘n bos - Dalene Matthee. (Dit is seker by uitstek een van die beste boeke in Afrikaans.)

2. Kanna hy kô hystoe - Adam Small. (As toneelstuk seker die beste in Afrikaans. Is daar nog 'n Makiet in die Kaap met die maatskaplike toestande daar vandag?)

3. Cry the Beloved Country - Alan Paton. (Die doodstraf en misdaad in apartheid-Suid-Afrika. Het dit gewerk en kan dit werk?)

4. Dolosse - DJ Opperman. (Die eerste digbundel wat ek gekoop het. Teen daardie tyd het ek nog gedink Afrikaans suck.)

5. 'n Droë wit seisoen - André P Brink. (Wat sou Ben van die nuwe Suid-Afrika dink?)

6. The suit - Can Temba. (Verneukery in Suid-Afrika bly nuus. Die humor hierin kan egter in tragedie omskep word, soos dit aan die einde blyk.)

7. Magersfontein, o Magersfontein! - Etienne Leroux. (Is Winnie Mandela 'n sielsgenoot van suster Nagtegaal?)

8. A story like the wind - Laurens van der Post. (Is daar 'n Francois in ons of ken ons een?)

9. Sagmoedige Neelsie, Hêrrie op die tremspoor en ander werke - CJ Langenhoven. ('n Briljante skrywer wat soms onderskat word en meer as skrywer van “Die Stem” erken word. Die humor in sy werke is briljant.)

10. Life and Times of Micheal K - JM Coetzee. (Dit is werk wat die Nobel-prys vir letterkunde verdien het.)

 
Niefiksie:

1. Long walk to freedom - Nelson Mandela. (Wat kan 'n mens hieroor sê?)

2. Super-Afrikaners - Hans Strydom et al. (Skrikwekkend oor wat die Broeders kon en nog steeds kan doen.)

3. Down Second Avenue - Eska Mphahlele. ('n Skitterende storie oor die lewe in Marabastad voor die Groepsgebiedewet en gedwonge verskuiwings.)

4. Down where no lion walked - John Oxlee. ('n Uitstekende vertelling van hoe sir Ernest Oppenheimer en sy seun Harry die Witwatersrandse goudvelde ontwikkel het.)

5. Broedertwis - Alf Ries en Ebbe Dommisse. (Twis en die Afrikaner is soos vinkel en koljander. Briljant.)

6. Jonty - Edward Griffiths. (Suid-Afrika sou seker meer toetse gewen het was ons veldwerk soos Jonty s'n ... puik.)

7. Anton Rupert: 'n Lewensverhaal - Ebbe Dommisse. (Die ware verhaal van die Rupert-empire.)

8. Groot Verseboek - DJ Opperman en André P Brink.

9. Die Jabez-gebed - Bruce Wilkinson.

10. Enige publikasies deur die AA wat jou maklik by jou eindbestemming kan bring.

Yuri

*

Ray se “Niefiksie”-keuse

Hier is my top tien niefiksie-boeke. Dit was vir my baie moeiliker om dié lys op te stel. (Nee, nie omdat ek nog nie tien boeke gelees het nie ...) Ek het die fiksielys benader deur so vinnig as moontlik die boeke neer te skryf, dié wat die grootste impak gehad het, die beste onthou word. Met niefiksie moes ek nadink oor die rol wat die boeke gespeel het om my opinie te vorm. Ek dink dat Taking a Chance on God deur John McNeill waarskynlik die niefiksie-boek is wat die grootste rol gespeel het in wie ek vandag is, maar ter wille van die vervelige gaydebat sluit ek dit nie in my lys in nie.

Ek sluit "vervelige" tegniese of akademiese tekste soos die Nasionale Bouregulasies ens doelbewus uit.

Hier is dit uiteindelik:

10. Cohousing: A Contemporary Approach to Housing Ourselves - Kathryn McCamant.
9.  Arts and Ideas - William Fleming.
8.  Oscar Wilde - Richard Ellmann.
7.  Africana: The Encyclopedia of the African and African American Experience - Kwame Anthony Appiah en Henry Louis Gates.
6.  From Milton Keynes to Manhattan: Conran and Partners - Lucy Bullivant.
5.  Homosexuals in History: A Study of Ambivalence in Society, Literature and the Arts - AL Rowse.
4.  The Green Imperative, Ecology and Ethics in Design and Architecture - Victor Papanek.
3.  A Theory of Good City Form - Kevin Lynch.
2.  The Blackwell City Reader - Gary Bridge en Sophie Watson (reds).
1.  Architecture of the Transvaal - Roger C Fisher, Schalk le Roux en Estelle Maré (reds). (Klara, Roger Fisher se hoofstuk "The Third Vernacular" sal jou laat huil oor Pretoria.)

Ek wil weet wat lees julle, en hoekom dink julle soos julle dink.

Ray

*

Miss Naaitie se keuse

Dankie vir die geleentheid om my top tien fiksiewerke te lys. Ek is nie 'n kundige hierin nie; my fokus en gekose terrein is die filosofie van die godsdiens (en daarom sou ek Karen Armstrong se A history of God hier wou invoeg, maar nouja, dan moet antie Karen maar eers wag), waaruit 'n verdere belangstelling in die transendente ontstaan het – vandaar my lysie aan Thomas nou die dag. Ek het egter voor 'n nuwe uitdaging gekom toe my spirituelebegeleiersgids vanuit die niestoflike dimensie aan my sê: "Ons sal aan jou dinge gee/sê wat jy nie in boeke kan lees nie ... jy sal naderhand nie meer jou duisende boeke nodig hê nie."

1. Maar daar die voorskrif van jou versoek FIKSIE is, moet my eerste fiksieboek Die Bybel wees, ook omdat dit in soveel tale beskikbaar is, soveel reggekry het en sowaar deur sovele geglo is/word.

2. Dan moet Nathan Bond se Hoe om op te hou rook dadelik en direk hierop volg. Dis ’n godsdienstige fiksiewerk van onnoembare afmetings. Alexander die Grote en baas Chè het die proloog geskryf, so dit verdien 'n prominente plek hier.

3. En omdat Bond myns insiens die beste verkoopsman is wat ek nog van gehoor het, moet ek The greatest salesman in the world van Og Mandino as ‘n fiksiewerk hier lys.

4. Omdat Alen Alford 'n bepaalde agtergrond hieromtrent belig, wil ek sy Gods of the new millennium vierde plaas. Veral omdat Kleinboer en Baas X beweer hierdie is spookverhale wat Alford bespreek ... dus fiksie.

5. Dan en nou sal ek Kleinboer se volgende boek, Believing is om te sê jy glo nie, hier móét plaas.

6. En omdat Kleinboer die persoon is wat my laat glo het dat ek kan kanaliseer met bewussyns in ander dimensies, moet ek Barbara Clow se The Pleiadean Agenda, A New Age cosmology for the Age of Light, hier plaas. Dis mos volgens die meeste van ons deelnemers opperste fiksie.

7. En dan is daar boeke insake die berggrootte psigiese legende, Edgar Case, wat steeds volgens deelnemers van SêNet topfiksie is.

8. Daarom beskou ek die uitstekende Your psychic powers and how to develop them van Hereward Carrington as ‘n onvervangbare werk vir ons lesers wat verslaaf is aan hierdie soort van fiksie.

9. En dan het ek va’ oom André se Anderkant die stilte gehou, nie omdat dit ‘n uitstaande, letterkundige werk is nie, maar omdat dit ‘n ruwe storie uit ‘n barre wêreld vertel, wa’ hille ok ma’ nie as deelnemers by Saynotieng sodanig geduld sou wees nie dat hille hille se storie kon vertel het ... die kêttieskietters sou hille onner gekry het. Soos vir my. En talle ander. Jiehaaa!

Nota: Dit lyk my om voort te beweeg tot anderkant die stilte is nie so ‘n slegte gebruik nie, nog is die resultate suiwer fiktief.

10. Watter boek is dan nou tiende op my lys van vandag? Die Tanse verhaal van die Boeddha, Krishna en Hitler ... en moontlik ook Jesus ... soos oorgedra vanuit Die Anderkant, wat nog eendag deur my geskryf sal word ... in Afrikaans! En in fiksievorm.

Dankie vir geleentheid

Miss Naaitie

*

Varkspek se keuse

As ek begin lees het vanaf die ouderdom van so elf of twaalf, strek dit oor 'n tydperk van byna vyftig jaar, en van die titels en skrywers het ek al vergeet – ek onthou net vaagweg die verhale en enkele mooi passasies. Boonop, die afgelope twintig jaar lees ek bitter min fiksie, eerder biografieë en ander feitelike werke. Selfs vroeër was daar heelwat niefiksie, soos boeke oor die Anglo-Boereoorlog, en tussen alles deur was daar die natuurvertellings van mense soos PJ Schoeman (Op ver paaie) en Sangiro (Uit oerwoud en vlakte) en die Hobson-broers (Buks). Laasgenoemde handel oor die wel en wee van 'n ratel.

Veral in my tienerjare het ek enigiets verslind, soos die Swart Luiperd-stories, Keurboslaan-reeks, Frits Deelman (ruimtefiksie), Rooi Jan, en stories met 'n Franse geur wat in die Kaap afspeel in die agtiende eeu. Van die skrywers se name wat ek uit hierdie tyd onthou is Braam le Roux en Karel Kielblock, en die joos weet wie nog. Dan was daar ook Engelse goed van bv Jeffrey Farnol, soos Murder by nail en The piping times. En talle speurverhale!

In standerd tien het ek Afrikaanse en Nederlandse Letterkunde gehad as 'n vol vak met ses voorgeskrewe werke en daarby die ses vir Afrikaans as vak en vier vir Engels, sestien altesaam. Omtrent vier daarvan was digbundels.

Hier is nou my lysie van moontlik die top tien wat ek seker die meeste geniet het, nie noodwendig in voorkeurvolgorde nie:

  1. Kroniek van Perdepoort - Anna M Louw. (Die beste Afrikaanse boek wat ek ooit gelees het; mens herken die karakters daarin om jou, dit is jou familie of vriende, selfs jyself!)
  1. Die uur van verlange - WA de Klerk
  1. Man van Cirene - FA Venter
  1. Ampie - Jochem van Bruggen
  1. Fanie se veldskooldae – PJ Schoeman
  1. Moby Dick - Herman Melville
  1. Mafeking Road - Herman Charles Bosman (en ander van sy kortverhaalbundels)
  1. Don Quixote - Miguel de Cervantes (In Engels gelees.)
  1. Peregrine's Progress - Jeffrey Farnol
  1. Alice's adventures in Wonderland - Lewis Carol (Ek kon destyds lekker lag oor die humor, die spot met die mensdom.)

En nou moes ek A tale of two cities van Charles Dickens uitlaat!

Groete

Varkspek

*

Maya se keuse

  1. Twee vir 'n stuiwer - WA Hickey
  2. Kane and Abel - Jeffrey Archer
  3. Anna Karenina - Leo Tolstoi
  4. Dr Faustus - Christopher Marlowe
  5. Rivals - Jilly Cooper
  6. Kringe in ‘n Bos - Dalene Matthee
  7. Dis ek, Anna - Elbie Lötter
  8. Mrs Warren’s Profession - George Bernard Shaw
  9. Brolloks en Bittergal - CJ Langenhoven
  10. Liewe Heksie gaan Maan toe - Verna Vels

Mooi bly

Maya

*

Marius Crous se keuse

Ek probeer altyd soveel moontlik van een outeur lees, om sodoende ‘n groter geheelindruk van hul oeuvres te kry. So het ek feitlik al Isabelle Allende en AS Byatt se boeke gelees, die meeste van Margaret Atwood se romans, etlike van Iris Murdoch – om maar enkeles te noem.

Van Margaret Atwood beveel ek altyd The Robber’s Bride vir mense aan as ‘n soort lusmaker om in haar omvattende oeuvre in te kom. The handmaid’s tale en Alias Grace is twee ander gunstelinge deur haar.

‘n Groot vonds was die ontdekking van die skrywer WG Sebald se romans, en spesifiek sy Austerlitz. Ander romans wat ek graag herlees, is: AS Byatt se Possession, Milan Kundera se The unbearable lightness of being, Niall Williams se As it is in heaven, en Isabelle Allende se The House of Spirits.

Onlangs is die dramatisering van Iris Murdoch se laaste treurige dae weer uitgesaai en ek het besete na haar boeke begin soek. Veral The bell, met sy aardige, aweregse spul karakters, sorg vir ‘n goeie balans tussen die ernstige intellektuele inslag en die ironiese blik op religieuse gemeenskappe. Ook John Bailey se The Iris trilogy bied ‘n intieme blik op haar lewe soos beskryf deur haar man.

Neil Gaiman se American Gods, al Jeannette Winterson se romans, Douglas Coupland se romans, Jonathan Franzen se The Corrections, Peter Ebling se The food taster, Alain de Botton se Kiss and Tell en TC Boyle se Drop City is nog leesbares.

Marlene van Niekerk het onlangs vertel van die Turkse skrywer Orhan Pamuk se roman Snow, en ek kon daarin slaag om dit deur Kalahari.net in die hande te kry. ‘n Ander groot vonds is John Banville se The sea, ‘n pryswennerroman wat lekker lees en onderhoudend vertel. ‘n Niefiksieboek wat ek verslind het, was Mary Roach se Stiff – The curious lives of human cadavers, ‘n teks wat, soos die flapteks dit stel, “lifts the lid on exactly what happens to our bodies after we die”. Vergelyk die openingsgedeelte: “The way I see it, being dead is not terribly far off from being on a cruise ship. Most of your time is spent lying on your back. The brain has shut down. The flesh begins to soften. Nothing much new happens, and nothing is expected of you.”

Plaaslik is dit JM Coetzee se Slow Man, Niq Mhlongo se Dog eat Dog oor sy lewe in die township, Ndebele se The Cry of Winnie Mandela en Galgut se The Good Doctor wat ek kan noem. Finuala Dowling se What Poets Need kon my nie enduit boei nie, maar ek het wel die volgende gedeelte onderstreep: “Lots of surfers are really clever; submitting doctorates on Jung or studying whale skeletons or winning poetry prizes; but the longterm effect of sunburn, of salt water in sinus cavities, anvils and tearducts, gives them a deceptively glazed look” (p 18).

Wat Afrikaanse boeke betref, haal die volgende boeke – vir nou – my lys:
Marlene van Niekerk se roman Agaat, wat volgens Kannemeyer “’n magtige greep [gee] op ‘n hele stuk lewe … én ‘n hele fase in die geskiedenis van die Afrikaners”. Een van die vele tonele uit die roman wat my altyd bybly, is die beskrywing van Beatrice met die “preutse plooibekkie” (p 285) se groot geskrik. Of die aangrypende afskeid neem van die werkers – nes Ek stamel ek sterwe van Eben Venter se afskeid neem mens altyd ontroer.

Etienne van Heerden se In stede van die liefde met sy meesterlike ineenvlegting van geweldig uiteenlopende verhaallyne. Wat my enduit laat lees het, was die drang om uit te vind hoe hy dit uiteindelik alles gaan saamknoop tot een geheel.

Ek kan nou maar eenmaal net nie loskom van Antjie Krog se rokspante nie, en haar Verweerskrif – voorafgegaan deur die hele plagiaatdebat – is weer soos Gedigte 1989–1995 so ‘n “tussenbundel”. Dis asof Krog soveel woedende energie tussen twee groot omvattende bundels in haar saamdra dat sy op die een of ander wyse daarvan ontslae moet raak. Tussen Lady Anne en Kleur kom nooit alleen nie was dit die genoemde Gedigte 1989–1995 – so mens sien uit na die volgende bundel. Ook haar ‘n Ander tongval is skryfwerk van uitnemendheid.

‘n Roman wat ek graag herlees, is Lettie Viljoen se Landskap met vroue en slang, met die onvergeetlike reël op p 48: “Ek kry skynbaar nie my draai in hierdie landskap nie.” Of verder aan: “Ek hou nie van die stad nie, sê sy. Die landskap voed my nie. Ek wil nie daar wees nie” (p 148). Of op p 65, die beskrywing van Molly Bloem in haar “mock luiperdvel” onderweg na die lykshuis.

En om die een of ander onverklaarbare rede het ek altyd ‘n sagte plekkie vir Anna M Louw se Kroniek van Perdepoort, seker omdat die sondige nature van die boere my destyds so aangegryp het. Dis ‘n boek wat ek ook graag weer lees.

Ander gunstelinge: Die kremetartekspedisie (Stockenström); Duiwelskloof en Kennis van die Aand (Brink); Hierdie lewe, Afrika: ’n Roman van Karel Schoeman; Ons is nie almal so nie (Goosen); Slagplaas (Koos Prinsloo); Hennie Aucamp se oeuvre; Etienne Leroux se grimmige satires (as mens so sukkel met jou rekenaar, dan dink ek aan Onse Hymie en die ontvangsdame wat so intiem betrokke is by haar rekenaar); Elsa Joubert se Die reise van Isobelle. Onthou mense nog daardie vreeslik swaargelaaide simboliese geskrifte van Berta Smit?

Een boek in my besit wat nog altyd lesersweerstand by my ontlok het, is Christ stopped at Eboli. Om die dood kan ek nie die boek klaar gelees kry nie.

Marius Crous

*

Wini se keuse

  1. In stede van die liefde – Etienne van Heerden
  2. Moerland – Chris Barnard
  3. Aan die oorkant – Kasha Potgieter
  4. Die Werfbobbejaan – Alexander Strachan
  5. Toorberg – Etienne van Heerden
  6. Die Silbersteins-trilogie – Etienne Leroux
  7. Herinnering aan Agnes – Louis Krüger
  8. Begeerte – Eben Venter
  9. Kringe in ‘n bos – Dalene Matthee
  10. Raka die roman – Koos Kombuis
Wini

*

Swaeltjie se keuse

  1. Will Steger & Jon Bowermaster: Crossing Antarctica. (Six men, 20 days, 3 700 miles … An Incredible Journey across the Bottom of the Earth.)
  2. Adam Killick: Racing the White Silence. (On the Trail of the Yukon Quest.)
  3. Renée Askins: Shadow Mountain. (A Memoir of Wolves, a Woman and the Wild.)
  4. Gary Paulsen: Winterdance. (The Fine Madness of Alaskan Dog-Racing.)
  5. Charlotte Bacon: Lost Geography.
  6. JM Coetzee: Waiting for the Barbarians.
  7. Gabriel Garcia Marquez: One Hundred Years of Solitude.
  8. Maria Coffey: Tales of a Vet’s Wife. (A Lambing Season in Ireland.)
  9. Jane Hamilton: Disobedience.
  10. Pierre Magnan: Innocence.

Swaeltjie

*

Thomas se keuse

Ek lees meer niefiksie, maar sal tog die volgende fiksieboeke uitsonder:

Dalene Matthee – Kringe in 'n Bos
Dalene Mathee – Pieternella van die Kaap
John Miles – Buiteveld
André Brink – Duiwelskloof
André Brink – Voor ek vergeet
Dan Sleigh – Eilande
Frederick Forsyth - Day of the Jackal


Thomas

*

Daan Desimaal se keuse

  1. Even Cowgirls get the Blues – Tom Robbins
  2. The Passion – Jeanette Waterson
  3. The White Hotel – DM Thomas
  4. The Electric Kool-Aid Acid Test – Tom Wolfe
  5. The Snow Leopard – Peter Matthiessen
  6. Catcher in The Rye – JD Salinger
  7. The Turning Point – Fritjof Capra
  8. A Manual for Living Comfortably in the Cosmos – Emmanuel
  9. The Lazy Man's Guide to Enlightenment – Thaddeus Golas
  10. Grist for the Mill – Ram Dass

*

Zippy se keuse

Ag, hier is my stuiwer ook maar. Dis onmoontlik om net 10 boeke te kies, so ek skryf maar die eerstes wat in my kop kom. Aan al hierdie boeke/tekenprente heg ek om een of ander rede vreeslike sentimentele waarde. Vir wat dit werd is:
  1. Alle Bittercomix
  2. Alle Stripshow comics
  3. Alle Gary Larson-boeke
  4. The Catcher in the Rye – JD Salinger
  5. Charlie and the Chocolate Factory - Roald Dahl (Eintlik alle boeke deur Roald Dahl.)
  6. A Widow for One Year - John Irving (Eintlik alle boeke deur John Irving.)
  7. Die Adrian Mole-reeks – Sue Townsend
  8. Klawervier – Annelie Botes
  9. Cannery Row – John Steinbeck
  10.  A Clockwork Orange – Anthony Burgess

Groete

Zippy

*

Mamma se keuse

  1. Lord of the Flies - William Golding
  2. The World According to Garp - John Irving
  3. Like Water for Chocolate - Laura Esquivel
  4. Grapes of Wrath - John Steinbeck
  5. Kringe in 'n bos – Dalene Matthee
  6. Eilande – Dan Sleigh
  7. Animal Farm – George Orwell
  8. Die swerfjare van Poppie Nongena - Elsa Joubert
  9. Tales of the Unexpected - Roald Dahl
  10.  The Lord of the Rings - JRR Tolkien
  11.  The Covenant en Hawaii - James Michener (Handel oor Suid-Africa - interessante waarnemings oor Afrikaners, oa humorsin, rugby, ens; het die eersgenoemde boek in 1982 gelees, weet nie hoe dit vandag sal lees nie.)
  12.  Blindness - Jose Saramago ('n Hele stad word blind en chaos en anargie volg.)

Geen spesifieke volgorde nie.

Mamma

*

Protea Uitgewers se top 10-verkopers


Hierdie titels en vele ander beskikbaar by Protea.
(Klik op 'n titel om die boek te bestel)

1. 'n Engel in my huis (Riana Scheepers)
2. Uit die dagboek van 'n wildbewaarder (PJ Schoeman)
3. Die Buiteposte (Dan Sleigh)
4. Witness (Jurgen Schadeberg)
5. Groep sonder grense (HF Heese)
6. Hebbelikhede (Willem de Klerk)
7. hitte vannie teerpad (Anton Goosen)
8. Tyd van die klippe (Doc Immelman)
9. Voetspore in die Kalahari (Willem D. Kotzé)
10. Die Groot Afrikaanse Heldeboek (Pieter Grobbelaar) Nie aanlyn beskikbaar
Drie van Protea se top tien wat by kalahari.net beskikbaar is. Klik op 'n omslag en koop dit nou, of klik op 'n titel in die lys.



LitNet: 04 Mei 2006

boontoe

Send us your comments. Write to webvoet@litnet.co.za and join our interactive opinion page! The letters page can be found here

© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.