Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Barrie Hough: 17/01/1953 - 16/08/2004

Erns Grundling

Barrie Hough
Barrie Michael Hough
17/01/1953 - 16/08/2004

  • Klik hier om Hough se skrywersbiografie te lees
  • Klik hier om Sonja Loots se huldeblyk te lees
  • Klik hier om Pieter van Zyl se huldeblyk te lees
  • Klik hier om Anton Goosen se huldeblyk te lees

    Die bekroonde skrywer en joernalis Barrie Hough is vroeg gisteroggend dood aangetref in sy woonstel in Mellville, Johannesburg.

    Sy eerste boek - My kat word herfs (1985) - word beskou as 'n grensverskuiwende werk wat die Suid-Afrikaanse jeuglektuur in 'n nuwe rigting laat inslaan het. Dié boek is reeds in sy 20ste herdruk en maak later vanjaar deel uit van die Proudly South African: 100 Representative Children's Books-uitstalling in Kaapstad.

    Ander boeke uit sy pen was Droomwa (1990), Vlerkdans (1992), Skimmelstreke (1995), Skilpoppe (1998) en Breek (2002).

    Lizz Meiring het Vlerkdans tot 'n toneelstuk omskep. Breek was ook aanvanklik 'n toneelstuk wat later in romanvorm verskyn het. Skilpoppe - wat ook 'n toneelstuk geword het - is onlangs verfilm met Sandra Prinsloo en Marius Weyers in die roverdeling. Dit word op Maandag 24 September om 20:00 vir die eerste keer op M-Net uitgesaai.

    Barrie was ook 'n bekende joernalis en tot verlede jaar Rapport se kunsredakteur.

    Verskeie bekendes het gister aan hom hulde gebring:

    Kerneels Breytenbach (hoof van Human & Rousseau): Ek dink dis werklik tragies dat hy so moes heengaan. Sy lewenspad was nie altyd op gelyke aarde nie, maar daar was baie hoogtepunte gewees. Hy het veral aanklank gevind by jong lesers. Dit is 'n gawe wat nie vir almal beskore is nie. Daar was ook nog baie skryfwerk in hom gewees wat nou nooit ontsluit sal word nie. Ek ken hom reeds sedert die vroeë 80's toe ek as joernalis saam met hom gewerk het. Hy het ook as joernalis 'n besondere manier van skryf gehad.

    Charl-Pierre Naudé (digter en vriend van Barrie): Nog so 'n tragedie kom nie as 'n verbasing nie. Ek dink die manier waarop die fokus op kuns, letterkunde en 'n spirituele lewe besig is om weg te kalwe in die aangesig van blinde materialisme is iets wat akteurs en skrywers sleg affekteer. Ek het nou die dag vir iemand gesê dat nog 'n Kerkorrel-geval op hande is, so hoewel ek absoluut geskok is, verbaas dit my nie. Daar is altyd persoonlike redes by iemand se besluit om sy eie lewe te neem, maar daar is onderliggend daaraan ook 'n "grid of despair" wat meer sosiaal as persoonlik is. Barrie was net so 'n groot gees, hy kon daarin slaag om die letterkunde en die populêre wêreld te fuse, nou is daar weer eens 'n groot gaping.

    Jackie Nagtegaal (jong skrywer wat deur Barrie geïnspireer is om te begin skryf): Ek is speechless, dis way te sad om aan quotes te dink ... I don't know. Hy was a kind, kind, amazingly awesome mens.

    Louise Steyn (Barrie se redakteur by Tafelberg-Uitgewers): Ek onthou hom as hierdie groot, joviale mens wat hierdie wonderlike grappe kon vertel en uit sy maag lag daarvoor. Maar daar was ook 'n ander, donker kant ... hy kon verskriklik terneergedruk raak en het aan depressie gely. Hy het 'n ongelooflike slag gehad met tieners en jong mense. Ek het gehoor hy was destyds 'n uitstekende onderwyser by die St Barnabas-skool in Johannesburg. Die kinders het altyd wonderlik gereageer as ons skole besoek het; hy het hulle as gelykes en met respek behandel.

    Neels Clasen (akteur wat saam met Barrie gewerk het): Barrie was amazing, veral tydens Breek. Hy het byna elke oudisie self bygewoon en was nooit haastig om kritiek uit te deel nie. Hy het eerder sy eie opinie gedeel. Saam met Lizz Meiring het hulle 'n ongelooflike werksverhouding gehad. Sy vriendekring was vir hom so na as familie, waar hy regtig homself kon wees. Hy het ook baie insig gehad. Tydens die repetisies van Skilpoppe het hy ons gevat na die tronk en voorgestel aan die persoon op wie hy die hoofkarakter baseer het. Dit was 'n voorreg om hom te kon ken en saam met hom te werk.

    Sy begrafnis sal Vrydag in Johannesburg plaasvind. Geen finale reëlings is getref nie. Hy word oorleef deur sy broer, Johnny.



    LitNet: 18 Augustus 2004

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.