Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
Senior watch slim, Jaeger Le Coulter Masters Series must not replica watches miss. Jaeger Le Coulter's master series is swiss replica watches an entry - level series in the brand, but it replica watches sale also has a complex style to replica watches online the sky.

N u u s b e r i g

Premier stel “taalweek” bekend

Die Wes-Kaap se drie amptelike tale, Afrikaans, Xhosa en Engels, gaan spesiale aandag kry met Veeltaligheidsweek (12-19 Februarie), wat vandag (12 Februarie) deur die provinsiale premier, mnr Peter Marais, amptelik by die Kunstekaap Teatersentrum in Kaapstad bekend gestel is.

“Jy is wat jy praat. Tale is ’n emosionele onderwerp, maar as ons ’n nuwe patriotisme wil bou, moet ons leer om mekaar se tale te praat,” sê Marais.

Marais het ’n beroep gedoen op die Wes-Kaapse minister van kultuursake, sport en ontspanning, mnr Patrick McKenzie, om veeltaligheid te bevorder.

“Ons moet in die voorskole begin sodat die volgende geslag parlementariërs mekaar kan verstaan sonder tolke of vertalers,” sê hy.

“Die week is daarop gemik om inwoners van die Wes-Kaap aan te moedig om hulle eie taal te praat en die taal van andere te respekteer, en om te leer hoe om al drie die amptelike tale te praat,” sê prof Isabel Cilliers, voorsitter van die Wes-Kaapse Taalkomitee (WKTK).

Sedert sy totstandkoming drie jaar gelede het die WKTK taalregte aktief in die streek bevorder deur sleutelprojekte van stapel te stuur om beleidsontwikkeling en -implementering te stimuleer. Dit sluit in ’n taalopname onder beamptes van die Wes-Kaapse regering en sy kliënte en taalgebruiksopnames van plaaslike regerings en toerismeburo’s.

In die aanloop tot Veeltaligheidsweek het die WKTK ’n suksesvolle werkkursus oor tolking en vertaling aangebied. Die parlement se Nasionale Vergadering beplan ook om Internasionale Moedertaaldag op Donderdag 21 Februarie te vier.

“Die WKTK beplan verskeie aktiwiteite om veeltaligheid te bevorder. Dit sluit in jeugkompetisies, die verspreiding van lapelwapens en plakkate, die bevordering van alledaagse frases in drie tale, koerantartikels, radio-onderhoude met veeltaligheidsvoorstanders en die aanbied van werkkursusse deur Aksiegroepe vir Veeltaligheid.

“Al wat ons wil hê, is dat elke inwoner in die Wes-Kaap gedurende dié week net twee of drie woorde of frases in ’n ander amptelike taal of die ekwivalent daarvan in Gebaretaal aanleer. Dit kan moontlik die stukrag wees om ’n vloedgolf van steun en wedersydse respek vir mekaar se tale te skep,” sê Cilliers.

Die slagspreuk van Veeltaligheidsweek is “Ek praat jou taal / Nolwakho ndiyaluthetha / I speak your language”.

Afskrifte van die Wes-Kaapse Talewet, die Wes-Kaapse Taalbeleid (wat in beginsel deur die Kabinet goedgekeur is), die jongste jaarverslag en ’n korporatiewe brosjure is by die sekretariaat van die WKTK by tel (021) 424-0410 of faks (021) 424-0457 beskikbaar.

Namens die WKTK uitgereik deur Afrikom (12 Februarie 2002)
Navrae:
Prof Isabel Cilliers, WKTK, Tel: (021) 976-3616 of Sel: 082-784-7512
Frikkie Odendaal, Afrikom, Tel: (021) 423-7263.

Multilingualism Week


12 to 19 February 2002
Phrases for everyday use

Afrikaans Goeiemôre
Hoe gaan dit?
Goed,
dankie
Dankie
Ek praat jou taal

Geniet die dag

Totsiens
Jammer
Asseblief
Uitstekend
Ry veilig
Gelukkige Valentynsdag
Veels geluk
Welgedaan!

 

Xhosa
Molo
Kunjani?
Ndiphilile,
enkosi
EnKosi
Ndiyaluthetha ulwimi lwakho
Ube nemini emnandi *
Sala kakuhle **
Uxolo
Nceda
Ubalasele
Uqhube kakhule
Uyonwabele imini yeValentine
Ndiyavuyisana
Wenze kakhule!

 

English
Good morning
How are you?
Fine,
thank you
Thank you
I speak your language
Have a nice day

Goodbye
Sorry
Please
Excellent
Drive safely
Happy Valentine’s Day
Congratulations
Well done!


* If you are speaking to more than one person you would say “Nibe nemini emnandi”

** If more than one person: “Nisale kakuhle”
To greet the person who is leaving: “Hamba kakuhle”
If more than one: “Nihambe kakuhle”

Issued on behalf of the Western Cape Language Committee by Afrikom
Enquiries:
Prof Isabel Cilliers, Chairperson, WCLC, Tel: (021) 976-3616 or Cell: 082-784-7512
Frikkie Odendaal, Afrikom, Tel: (021) 423-7263.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.