Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Beraad: ’n volhoubare plek vir Afrikaans in die tersiêre onderwys

Mediaverklaring

U word hartlik uitgenooi om beraad oor ’n volhoubare plek vir Afrikaans by te woon. Die beraad word aangebied as ’n gesamentlike aksie van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Datum:  1 en 2 September (Vrydag van 14:00 - 21:00 met ’n onderbreking vir ’n vingerete en Saterdagoggend van 08:00 - 12:30)

Plek:  Oude Libertas-konferensiesentrum, Adam Tasweg, Stellenbosch

Deelnemers aan die konferensie

Op uitnodiging: Rektore/Verteenwoordigers van Rektore/Senior bestuurders van die vorige Histories-Afrikaanse Universiteite, Universiteite van Tegnologie, Taalsosioloë, Taalbeplanners, Sakeleiers, Senior Akademici, gemeenskapsleiers en studenteleiers.  Die getal deelnemers word beperk om effektiewe gesprekvoering te bevorder.  Sowel die Minister van Onderwys as die Adjunk-Minister van Onderwys is genooi, maar kan die uitnodiging nie opvolg nie.

Opset van die konferensie

Dat die tema van die konferensie tans ’n brandende kwessie is, ly geen twyfel nie.  Die verskyning van die twee publikasies No lesser place van prof Chris Brink en die Akademieverslag ’n Vaste plek vir Afrikaans – Taaluitdagings op kampus van Giliomee en Schlemmer toon aan dat dit om ’n veelfasettige kwessie gaan.  Dat daar vandag nie meer ’n enkel-Afrikaanse universiteit in die land is nie – nie dat die herinstelling daarvan onmiddellik bepleit word nie - is sorgwekkend.  Op die oomblik lyk dit nie of Afrikaans by een van die verskillende HAU’s of Universiteite van Tegnologie vas en veilig is nie.  Amptelik bestaan daar ’n beleid van meertaligheid, terwyl Afrikaans ook as onderrigtaal volle erkenning geniet.  Wat kom in die praktyk hiervan te pas?  Uiteindelik gaan dit om ’n begrotingskwessie om Afrikaans en meertaligheid in die algemeen tot sy reg te laat kom. Is daar ’n plan om die huidige skaakmatposisie te oorbrug?

Die bedoeling is dat die beraad met ’n praktiese plan vorendag kom vir oorleg met die Regering.

Algemene vraagstelling

  • Hoe gunstig of hoe ongunstig is die huidige politieke klimaat om ’n plek vir Afrikaans in die hoër onderwys te verseker?
  • Wat is die onderskeie huidige strategieë by universiteite om ’n volhoubare plek vir Afrikaans te verseker?
  • Hoe volhoubaar is die plek van Afrikaans onderrigtaal op die langtermyn?
  • Wat is die regering se standpunt oor die aangeleentheid?
  • Wat is die stand van wetenskaplike publikasies in Afrikaans?  Gaan daar nog geskikte onderrigmateriaal (HO) in Afrikaans wees?

Spesifieke vrae

  • Hoe moet ’n taalbeleid lyk wat eksplisiet gerig is op die behoud van Afrikaans as wetenskapstaal/tersiêre onderrigtaal binne die raamwerk van ’n pluralistiese staatsbestel, en sonder om as belemmernis te funksioneer m.b.t. (i) toegang;  (ii) die bevordering van studente se akademiese prestasie;  (iii) plaaslike uitnemendheid;  en (iv) internasionale kompeterendheid?
  • Watter (spesifieke) statutêre maatreëls is nodig om die behoud van Afrikaans as wetenskapstaal te verseker?
  • Watter strukture is nodig vir die effektiewe implementering van ’n taalbeleid in HO?  (Bv ’n taalsentrum.  Wat moet die taak, funksies en magte van so ’n liggaam wees?)
  • Hoe moet ’n gesprek gevoer word wat daarop gerig is om die regering te oorreed om fondse beskikbaar te stel vir meertalige HO?
  • Hoe kan die steun van sleutelrolspelers aan ’n HO-instelling verkry word vir die saak?  (Bv studente, personeel.)
  • Watter dienste is essensieel vir effektiewe twee- en meertaligheid?  (Bv tolkdienste en vertaaldienste in die geval van vergaderings van akademici – soos fakulteitsvergaderings.)

VOORLOPIGE PROGRAM

Let wel:  die indeling van die program en tye kan fluktueer.

Vrydag 1 September  
13:00-14:00  Registrasie (dra asseblief u naamkaartjies)
14:00

Opening:
* Hennie van Coller
(Voorsitter van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns)
* Christo van der Rheede
( Uitvoerende Hoof, Stigting vir die Bemagtiging
deur Afrikaans)

  Sessie 1:  Voorsitter Hennie van Coller
14:20-14:45 Van Zyl Slabbert: Die huidige politieke klimaat en die plek van Afrikaans:  ’n Nasionale en internasionale perspektief.
14:50-15:15 Leon de Stadler (US) - Namens 4 rektore:  Proff Chris Brink (US), Theuns Eloff (NWU), Frederick Fourie (UV) en Calie Pistorius (UP): 
Afrikaans en meertaligheid in die Hoër Onderwys – ’n respons aan die Minister van Nasionale Opvoeding. (Hierdie voordrag hou verband met bogenoemde rektore se taalverslag wat hulle verlede jaar aan die Regering voorgelê het.)
15:20-15:45 Teetyd
  Sessie 2:  Voorsitter Wannie Carstens
15:45-16:10 Niek Grové:’n Volhoubare plek vir Afrikaans en die regeringsteun daarvoor.
16:15-16:40 Christo Viljoen:Het die Regering ’n verantwoordelikheid tov finansiële steun vir meertaligheid by universiteite?
16:45-17:10 Lawrence Schlemmer:’n Ontwikkelingstaak vir Afrikaans: Uitdagings vir universiteite.
17:15-17:40 Richard van der Ross: Lae deelnamekoers van arm Afrikaanssprekendes aan tersiêre onderrig: Watter stappe kan geneem word om die probleem te oorbrug?
17:45-18:30 Vingerete
  Sessie 3:  Voorsitter Marlene Verhoef
18:30-20:00 Paneel Senior bestuurders Universiteite:Proff Annette Combrink (NWU), Teuns Verschoor (UV), Niek Grové (UP), Leon de Stadler (US) en Lionel Posthumus (UJ) – Gespreksleier:  prof Marlene Verhoef (NWU)
20:05-20:30 Johan Anker:Wat is die stand van Afrikaans by die Universiteite van Tegnologie?
  Verdaging
Saterdag 2 September  
  Sessie 4:  Voorsitter Michael le Cordeur
08:00-08:25 Neville Alexander: Beplanning vir Moedertaalonderrig
Respondent:  Elize Koch (NMMU)
08:35-09:00 Victor Webb: Voorwaardes vir die behoud van Afrikaans as wetenskapstaal: ‘n Taalbeplanningsperspektief
09:05-09:30 Ina Gräbe (Redakteur van die Tydskrif vir Geesteswetenskappe):
Akademiese publikasies in Afrikaans:  ’n Afdraande pad? (Wat is die toekoms van Afrikaans met betrekking tot ons akademiese tydskrifte?;  Wat van die SA Akademie se tydskrifte?;  Notas uit die verslag van ASSAF oor akademiese tydskrifte aan die betrokke Staatsdepartement. Moet universiteite optree?)
09:35-10:00 Christa van Louw: Toekomstige vennootskappe tussen die SBA, SA Akademie en netwerke met ander Afrikaanse organisasies.
10:05 Teetyd
  Sessie 5:  Voorsitter Gerrit Brand
10:30-10:55 Justa Niemand (SUNMeDIA): Die rol en toekomsmoontlikhede van Afrikaanse boeke en kursusmateriaal
11:00-12:15

Studentepaneel – Gespreksleier:  Gerrit Brand

Michael Kennedy (NWU)
Chris de Beer (NWU)
Piet le Roux (US)
Henry Cloete (US)
Chrismi Kotze (UV)
Kedibone Moreni (UV)
Ernst Roets (UP)
Barend Uys (UP)

[Let wel:  Die studente praat in eie reg en tree nie noodwendig namens hulle
universiteit of in opdrag van ’n studenteliggaam op nie.]

  Sessie 6:  Voorsitter Theuns Erasmus
12:15

Die Pad vorentoe:  Riglyne vir ’n beraadsdokument

[’n Kernkomitee sal na aanleiding van die beraad ‘n persverklaring uitreik en ’n finale beraadsdokument opstel vir voorlegging aan die Regering.]

 

Geen registrasiegeld is betaalbaar nie.  Deelnemers is verantwoordelik vir eie reis- en verblyfkoste.  Registrasie is noodsaaklik.

Registrasie word aanvaar tot Woensdag, 30 Augustus om 12:00.

FINANSIËLE STEUN VIR DIE BERAAD DEUR PSG KONSULT (FINANSIËLE BEPLANNING) EN NASPERS WORD MET GROOT DANK ERKEN.

Eksemplare van ’n Vaste Plek vir Afrikaans:  Taaluitdagings op kampus, uitgegee deur SunPress, ’n afdeling van African Sun MEDIA word by die beraad te koop aangebied teen R150,00 per stuk.  Dit bevat ’n uitgebreide oorsig oor die resente universitêre taaltoneel, geskryf deur Hermann Giliomee en Lawrence Schlemmer.



LitNet: 30 Augustus 2006

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.