SkryfNet - 'n aanlyn-skryfskool
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Sanlam/LitNet aanlyn-skryfskole

Wat is SkryfNet?
SkryfNet I SkryfNet II SkryfNet III SkryfNet IV SkryfNet V SkryfNet VI SkryfNet VII SkryfNet VIII SkryfNet IX SkryfNet X SkryfNet IX SkryfNet XII

Wat is VraNet?

SkryfNet XI

SkryfNet XI se inwonende skrywers

Eben Venter

Marlize Hobbs is gebore op 'n plaas in die Louwna-omgewing en het daar grootgeword. Sy het in Laerskool Louwna skoolgegaan tot standerd 5. Daarna was sy in Hoërskool Vryburg, toe vir 2 jaar sendeling in Hillbrow, en het Maatskaplike Werk by RAU geswot. Daarna het sy rondgetravel vir 2 jaar. Toe begin sy werk in Ganyesa vir 4 jaar, waarna sy 'n oorplasing na Vryburg gekry het waar sy steeds werk. Sy het Flarde geskryf en die Johannesburg Universiteits-, Eugène Marais- en Jan Rabie-pryse gewen. Sy was eens 'n bekende LitNet-skrywer.
Abraham Hermanus De Vries Dine van Zyl is ‘n bekroonde skrywer en vryskutjoernalis met meer as 30 jaar se ondervinding in alle vorms van die media. Sy het verskeie boeke geskryf, onder andere Potjiekos, Afval en Afvalligheidjies en Boerekos (nie-fiksie); Annerkant-die-berg en Slagoffers (fiksie). Enkele van haar toekennings is o.a. die SAUK Artes: beste programmaker (dokumentêr) (1985), naaswenner in die Groot Romanwedstryd van Sanlam, Insig en Kwêla, in samewerking met Radiosondergrense en LitNet in 2001, asook die WA Hofmeyr-prys in dieselfde jaar en die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Eugène Marais-prys vir Literatuur in 2002. Sy kry spesiale vermelding: Noma Toekenning (Afrika Literatuur, toegeken deur Oxford Universiteit) in 2003, is Finalis Mondi Joernalis van die Jaar Toekenning in 2005 en is in 2006 twee keer genomineer as Mondi Joernalis van die Jaar.


SkryfNet XI se skrywers

Die storie in jou hande

1 Etienne Marais is in 1969 in Johannesburg gebore en het kort daarna na Kaapstad verhuis. Hy was 12 jaar op skool by Jan van Riebeeck en het daarna 'n honneursgraad in Bestuursrekeningkunde aan die Universiteit van Stellenbosch behaal. Hierna het hy by verskeie firmas in Kaapstad en Johannesburg as rekenmeester (en later programmeerder) gewerk, asook vir 'n jaar in London. Hy het sopas teruggekeer van Taipei waar hy vir 3 jaar onderwys gegee en deur die Ooste gereis het, en is nou besig om sy eie besigheid op die been te bring. 'n Enkele storie van hom ("Die Vlieg") het 'n paar jaar gelede 'n prys gewen en is in 'n bundel gepubliseer en 'n paar van sy verhale verskyn op LitNet.



Nolene Sodom is gebore 24 Augustus 1976 in Valsbaai hospitaal, Wynberg distrik, maar het opgegroei by haar oumagrootjie in die platteland op die Sendingstasie Langkloof (Buitestasie van Wupperthal) in die Cederberg-gebied. Sy matrikuleer in 1995 aan Clanwilliam Sekondêr en werk tans as ‘n Toerismebeampte in Wupperthal waar sy ‘n wye verskeidenheid van mense en persoonlikhede ontmoet. Afrikaans is haar Taal. Die Taal waarin sy Lag, Bid en Huil. Vanaf haar laerskooldae het sy gediggies geskryf. Sy het ook later drama’s en kortverhale begin skryf. Twee van haar drama’s was al voorheen op Langkloof deur die plaaslike jeug opgevoer maar sy het nog nie van haar werke publiseer nie. In haar vrye tyd - wat baie min is - geniet sy die volgende: voetslaan, tyd met familie en vriende, lees, geskiedenis, reis, musiek en die natuur.


Philip Theunissen is in 1959 in Krugersdorp gebore. Hy matrikuleer in 1976 aan die Hoërskool Wolmaransstad en na sy diensplig behaal hy ‘n BComm aan die PU vir CHO in 1982. Hy verwerf ook ‘n Hons BComm en MComm aan UNISA. In 1998 behaal hy ‘n PhD in Ondernemingsbestuur aan die PU vir CHO. Hy begin sy loopbaan in 1983 as ‘n ekonoom by die Suid-Afrikaanse Landbou-unie maar aanvaar vier jaar later ‘n betrekking as landbou-ekonoom by Vrystaat Koöperasie. Hy was daarna ook Finansiële Bestuurder van ‘n boerdery-maatskappy in die Paarl voordat hy in 1991 die burodiens vir boere, naamlik COMPUTUS Bestuursburo, BK, op Bethlehem in die Oos-Vrystaat begin het. Hy is betrokke by die ontwikkeling van korrespondensiekursusse vir boere en is ook ‘n vryskut landboujoernalis. In 1993 is hy aangewys as Suid-Afrika se landboujoernalis van die jaar en in 2001 is sy artikel: "Wanneer moet 'n boer halt roep?" as beste artikel aangewys wat in SA Graan verskyn het. Hy is getroud met Marlize en hulle het drie kinders.


Jo Viljoen het baie verskillende identiteite: Bedags 'n spesialis psigiatriese verpleegkundige, waar sy heeltyd die probleemverhale van ander se lewens dekonstrueer. Soms 'n narratiewe terapeut met 'n doktersgraad in godsdienswetenskappe. Ander kere 'n skrywer, leser en leerder. Of 'n biker. Hang net af. Of die belangrikste persoon in haar Bassets se lewe. Al wat egter van belang is is die mag van storie, want dit kan die werklikheid verander.




Fanus Vivier het nagraadse studies voltooi in teologie, sielkunde en besigheidsadministrasie. Na ‘n paar jaar in die bediening het hy besluit dit is beter om ‘n vryskut-gelowige te wees, en werk hy ‘n groot deel van sy loopbaan as kommunikasiekonsultant in die korporatiewe omgewing. Hy doen tussendeur vryskutwerk as kopieskrywer, en is tans gevestig in die Skotse Hooglande waar hy en sy vrou ‘n gastehuis het, en die af tye vul met lees en dink.


boontoe / terug


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.