SkryfNet - 'n aanlyn-skryfskool
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Sanlam/LitNet aanlyn-skryfskole

Algemene opmerkings en wenke

IL de Villiers

Om ander digters se werk te beoordeel, is nie vir my maklik nie. Om hulle te “help”, is nog moeiliker. Daar is mense wat spesialiseer in verstegniek, interpretasie en die juiste woord, maar die digter het die finale woord oor sy/haar werk - of hy/sy daarby staan of val. Ek respekteer dit. Elkeen ontwikkel sy eie styl op sy eie manier.

Ek is geen kritikus nie (hoewel wyle Merwe Scholtz gesê het dat dit verkieslik is dat ‘n “kritikus” ten minste ‘n mislukte digter moet wees!). Wat ek dus te sê het, is wat ‘n Amerikaanse finansiële ontleder op sy aandele-webblad “Dr. Gut” noem (soos in “gut feel”) – gewoonlik wanneer hy nie mooi sy standpunt oor ekonomiese grafieke kan verduidelik nie en op die aanwysings en waarskuwings van sy gevoel wil-wil staatmaak. Nie juis betroubaar nie, maar die ekonomie, soos die poësie, werk nie op die beginsels van wiskunde nie. Dis eerder soos Goethe gesê het: “Gefühl ist alles.”

Ek is dankbaar vir elke vers wat in Afrikaans geskryf word. Dis een van die stutte van ‘n taal waarvan die voortbestaan nie so seker is as wat sommige wil voorgee nie. Ek dank die digters dus vir insae in hul werk. Wat ek ook al daaroor te sê het, moet hulle altyd bly besef dat dit húlle werk is, húlle Gefühl, en dat hulle daarmee moet saamleef en die vers dan ‘n eie lewe gun. Dus: “Dr. Gut” moet praat en daarna die vers laat vlieg en koers kry na die son … of na die duister van vergetelheid.

Dié tema is dalk ‘n gedig werd! Maar nie met my clichés hierbo nie.

Wyle J.du P. (Canis) Scholtz het by die eerste lees van Breyten se “Ysterkoei moet sweet”, reeds by die eerste gedig in die kantlyn geskryf: “Sterk nuwe digter ontdek.” Nie almal het aanvanklik met hom saamgestem nie. Maar Breyten is ‘n meester en Scholtz se “Dr. Gut” was in die kol.

Ek is bitter jammer dat ek dit nie van een van bostaande digters kan sê nie; nog nie. Almal het moontlikhede. Almal het die aanvoeling vir die poësie, selfs die passie. Ek het nie een gedig as onherroeplik swak bevind nie. Maar ek bemerk ‘n armoede aan die juiste metafoor en ‘n té lukrake omgang met vorm. Elke gedig wat ek gelees het, is werd om aan te werk, en mag poëtiese groeipunte wees. Soms duur dit jare.

Alle voorspoed aan die digters.





LitNet: 19 Julie 2006

Wil jy reageer op SkryfNet X? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / terug


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.