SkryfNet - 'n aanlyn-skryfskool
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Sanlam/LitNet aanlyn-skryfskole

Wat is SkryfNet?
SkryfNet I SkryfNet II SkryfNet III SkryfNet IV SkryfNet V SkryfNet VI SkryfNet VII SkryfNet VIII SkryfNet IX SkryfNet X

SkryfNet X

SkryfNet X se inwonende digters

IL de Villiers

IL de Villiers het 19 jaar lank as predikant gedien in verskillende gemeentes van die NG Kerk: Albertinia, Bonnievale en Constantia. Hy het in hierdie tyd 47 beroepe ontvang.
       Hy was in die tagtigerjare lid van die Raad van KRUIK-toneel in Kaapstad en voorsitter van die Otto du Plessis Kollege vir Verpleging. Sedert 1974 het hy verskeie rubrieke in koerante en tydskrifte behartig. In 1982 het hy redakteur van Sarie geword. In 1991 is hy aangestel as hoofredakteur van Rapport en lid van die direksie van Rapport-Uitgewers.
       De Villiers is ‘n digter van wie reeds vyf digbundels verskyn het: Leitourgos, Gelykenisse en ander Verse, Manna oor die Duine, Leviet en Vreemdeling en Jerusalem tot Johannesburg. Sy digbundel Jerusalem tot Johannesburg is sy 35ste publikasie.
Kirby van der Merwe Lucas Malan is in 1946 op Nylstroom (Modimolle) gebore en
voltooi sy skoolopleiding in 1963 op Pietersburg (Polokwane). Tans woon hy op Darling in die Wes-Kaap. As digter debuteer hy in 1981 met 'n
Bark vir die ontheemdes
, gevolg deur Tydspoor (1985), Edenboom (1987), Kaartehuis (1990), Hongergrond (1994) en Afstande (2002).

SkryfNet X se digters

Die storie in jou hande

1 Pieter du Plessis is 'n oud-Potchefstromer wat in die omgewing grootgeword en daar studeer het. 'n Jaar gelede het hy besluit om die Mooirivier se water te verruil vir die son en see in Gordonsbaai. Hy werk al 3 jaar as 'n agent in eiendomme, terwyl sy familie nog in Potchefstroom bly. Hy beoog om in die toekoms verder te studeer.




Illona Melanie Edwards woon tans in Bonteheuwel. Sy is huidiglik in diens van Pick 'n Pay en 'n finale jaar regstudent aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Verskeie van haar gedigte was gepubliseer in boeke van die Poetry Institute asook in Contrast. Haar mees onlangse werk gepubliseer was in Nuwe Stemme 3. Sy skryf ook graag kortverhale. Sy is ongetroud met geen kinders, maar hou baie van diere.



Magda Janse van Rensburg is in die veertigerjare op Vryheid, Kwa-Zulu Natal, gebore en is tans woonagtig in Strand. In 1964 het sy aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat afgestudeer (BA Tale). Na dertig jaar in die onderwys waartydens sy hoofsaaklik Afrikaans en Engels aan matrikulante en Reisbestemmings (Toerisme) aan kollegestudente onderrig het, gebruik sy nou haar tyd van aftrede kreatief vir skilder, digkuns en skryfwerk.



Antoinette Klein is 'n late bloomer. Sy't kinders grootgemaak en weggemaak. Toe't sy begin om haar eie lewe te geniet. Met kwilts, skilder en skryf. Later vanjaar verskyn haar nuutste skets in Riana Scheepers se plaasstories. Van haar gedigte verskyn in Bieblebom (Bent Uitgewers); Swewende Siele, Woorde van Waarheid (Poetry Institute for Africa); As die son kom oogknip (Fanie Olivier); Onder een Hoed, Skulp teen die oor (Stilbaai Skryfkring). Tans gee sy self 'n digbundel uit, Skoene van sement. Antoinette se gedigte kom uit haar uitsonderlike verbeelding en liefde vir Afrikaans. Sy kan met haarself fyn spot en ook die punch vat as dit teen haar boemerang. Sy skryf op die man af, sonder om doekies om te draai.

Loammi Wolf is 'n gebore Duitswester wat in die Vrystaat regte studeer het. Soos die seisoene gedraai het, het daar 'n albatros verby gevlieg wat haar saamgevat het Amerika toe. Vandaar het die Rubiconstorms haar Europa toe gespoel. In Duitsland leer sy toe 'n roeikampioen met die mooiste blou oë en die breedste skouers ken. Van toe af het die bootjie van die lewe al in die rondte begin draai met 'n hart wat Suid-Afrika toe trek en 'n romanse wat die hart in Duitsland bind.


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.