RiemTelegram - warm boekenuusArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Harry Potter and the Order of the Phoenix die duurste nuwe kinderboek in die geskiedenis

Frieda Hughes, die dogter van Sylvia Plath en Ted Hughes, het ’n gedig geskryf in protes teen ’n beplande Hollywood-film oor die lewe en selfmoord van haar ma. In die gedig, “My mother”, skryf sy: “My buried mother / Is dug up for repeat performances / Now they want to make a film / For anyone lacking the ability / To imagine the body, head in oven.”

Die BBC-film, Ted and Sylvia, met Gwyneth Paltrow in die hoofrol, is moontlik gemaak deur 140 briewe wat Ted Hughes kort voor sy dood in 1998 gepubliseer het. Frieda Hughes weier egter om saam te werk. Sy skryf verder: “They think I should love it /... they think / I should give them my mother’s words / To fill the mouth of their monster, / Their Sylvia Suicide Doll, / Who will walk and talk / And die at will, / And die and die, / And forever be dying.” Die gedig sal in die Maart-uitgawe van die glanstydskrif Tatler verskyn.

* * *

Die nuwe Harry Potter-boek het reeds sy eerste rekord oortref, vyf maande voor die publikasiedatum. Harry Potter and the Order of the Phoenix sal die duurste nuwe kinderboek in die geskiedenis wees. Scholastic Children’s Books, die Amerikaanse uitgewer van die Harry Potter-reeks, het aangekondig dat die boek vir $29,99 sal verkoop. Normaalweg verkoop nuwe, populêre kinderboeke vir ongeveer $16,95. Hierdie aankondiging het skokgolwe gestuur deur Internet-boekhandelaars wat tans bestellings neem teen $17,95. Alhoewel Scholastic se hoofrede vir dié besluit “hoë produksiekoste” is, meen kenners dat dit bloot ’n geval is van vraag en aanbod.

* * *

’n Amerikaanse teatergroep, die Empty Stage Theater Company, het uit frustrasie self ’n stuk geskryf, Who Killed Woody Allen, omdat regte vir ’n Woody Allen-toneelstuk wat hulle sou opvoer, op die nippertjie teruggetrek is,. Die stuk word eersdaags op off-off-off Broadway opgevoer en handel oor die moord op Allen en die soektog na die skuldige. Die verdagtes is niemand anders nie as bekendes soos Diane Keaton, Billy Crystal, Leonardo DiCaprio en Spike Lee - almal mense met wie Allen graag saamwerk. Ironies genoeg was die toneelstuk wat die teatergroep graag wou opgevoer, Allen se Death.

* * *

“Sailor!” Matt gasped. “You’ve come back!” He couldn’t believe his eyes. “Hello, Sailor!”
Sailor laughed. “Did you think I’d forgotten you? I thought we were going to sail round the world together.”
“Yes,” cried Matt. “I’ve been waiting for you!” The two friends didn’t know whether to laugh or cry.
They turned round in a circle, to get a better look at one another. It was almost as if they were dancing.
Sailor was back!

Dit is ’n uittreksel uit ’n opspraakwekkende prenteboek vir jong kinders, Hello, Sailor, wat vroeër hierdie maand deur die uitgewersreus, Macmillan, gepubliseer is. Hello, Sailor is die verhaal van ’n vuurtoringwagter, Matt en sy vriend, ’n matroos genaamd Sailor, wat in ’n gay-verhouding saamleef. Dit is een van die min boeke vir jonger lesers wat die kwessie van gayverhoudings aanspreek en ’n toleransie probeer kweek. Macmillan was egter versigtig om nie te eksplisiet te wees nie. Vroeër het ’n skoolleesreeksboek, Jenny Lives with Eric and Martin, só ’n opskudding verwek dat dit deur plaaslike owerhede in Brittanje onttrek moes word op grond van ’n wet wat die “bevordering van homoseksualiteit” verbied. Miskien kan Macmillan daaraan dink om Hello, Sailor beskikbaar te stel aan Britse regeringsamptenare.


* * *

Die bekroonde Indiese skrywer en aktivis Arundhati Roy sal van 10 tot 16 Maart vanjaar besoek aflê aan Suid-Afrika. Roy, wie se debuutroman, The God of Small Things in 1997 met die Bookerprys bekroon is, gaan deelneem aan die Time of the Writer-fees by die Universiteit van Natal. By dié jaarlikse fees, aangebied deur die Universiteit van Natal se Sentrum vir Kreatiewe Kuns en die Franse Instituut van Suid-Afrika, sal 20 skrywers van 14 lande uit hulle werke voorlees en aan besprekings en debatte deelneem. Van die Suid-Afrikaanse skrywers wat gaan deelneem, is Ashwin Desai, Aziz Hassim, John Matshikiza, Eskia Mphahlele en Lewis Nkosi.


Bronne: Yahoo!, IOL, Guardian, BBC, New York Times


Dis die laaste aflewering van Carina se Riemtelegramme.


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.