RiemTelegram - warm boekenuusArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Oor Jan Afrika wat Afrikaners finaal groet

Jan Afrika, Jan Blom, Breyten Breytenbach. Die dae wat ons hierdie name op publikasies gesien het, is verby. In ’n e-pos-boodskap aan ’n geselekteerde groep vriende en kennisse het Breyten Breytenbach te kenne gegee dat hy nooit weer in Suid-Afrika sal publiseer of in die openbaar gaan optree nie. Volgens Breytenbach het daar ’n onoorbrugbare kommunikasiegaping tussen hom en die Afrikaanse mense ingetree. Voortaan sal sy gedigte slegs aan die uitgesoekte groepie per e-pos gestuur word. Vir ons ander is dit dan: Vaarwel BB Lazarus!

* * * *

’n Nuwe kunstydskrif, Art South Africa, is op 4 September in Kaapstad geloods. Volgens die redakteur, Sophie Perryer, is die doel van die tydskrif. wat deur Bell-Roberts Publishing uitgegee word, om ernstige kunsgerigte artikels en resensies die lig te laat sien. Sy voel dat visuele kuns dringend ’n podium nodig het, aangesien koerante en ander media al hoe minder spasie aan dié genre wei. Van die kunsskrywers wat op ’n gereelde basis gaan meewerk, is Cobus van Bosch, Paul Cilliers en Kathryn Smith. Die tydskrif is by alle Exclusive Books-takke en kunsgalerye beskikbaar.

* * * *

Local is nie lekker nie. Die kortlys van Exclusive Books se jaarlikse Ama-Boeke-prys is bekendgemaak. Die genomineerdes is: Atonement (Ian McEwan), Balzac and the Little Chinese Seamstress (Dai Sijie), The Blind Assassin (Margaret Atwood), The Bonesetter's Daughter (Amy Tan), The Constant Gardener (John le Carré) en Five Quarters of the Orange (Joanne Harris). Jill van Zyl, Exclusive Books se bestuurder, sê die prys is in 1995 ingestel om die draak te steek met die ernstige Britse Booker Prize. Die doel van die Ama-Boeke-prys is om te illustreer dat goeie boeke ook populêre leesgenot kan bied. Vir Exclusive Books gaan dit egter om internasionale publikasies en skrywers. Sedert 1995 was Pamela Jooste, Mark Behr en JM Coetzee die enigste skrywers suid van die Sahara wat die kortlys gehaal het.

* * * *

“Seks in 2002 is angswekkend, maar wonderlik.” Om hierdie besef te vier, het die Britse kunstenaar, Liam Yeates, ’n paartjie gevra om vir ’n week in die vertoonvenster van ’n Soho-galery saam in die bed deur te bring. Langs die vertoonvenster was ’n kondoom-masjien om die boodskap van veilige seks tuis te bring. Belangegroepe en kunskenners het die “tentoonstelling” gekritiseer as substandaard, niksseggende kuns. Een kritikus het die kunswerk afgemaak as “condoms and hairy toes”. Yeates se vorige uitstalling was ’n daglange, naakte skaakspel in die winkel Selfridges se vertoonvenster.

* * * *

Die Franse skrywer Michel Houellebecq sal voortaan by Salman Rushdie moet gaan aanklop om raad. Houellebecq is deur vier Islamitiese organisasies aangekla van rassisme. Hy verskyn later in September in die Franse hof. Dit volg na die publikasie van sy roman Platform, wat ’n sterk anti-Islamitiese strekking het. Verder het Houellebecq in ’n onderhoud in die tydskrif Lire na Islam verwys as die “simpelste religie ter wêreld”.

* * * *

Digters in Engeland het die 200-jaar-herdenking van William Wordsworth se bekende sonnet “Upon Westminster Bridge” gevier deur elk ’n gedig te skryf oor Wordsworth en sy sonnet. Die interessantste poging het gekom van Peter Finch wat sy poëtiese bydrae in die vorm van ’n sms-boodskap geskryf het:

N Wst Brdg by Peter Finch:

erth nt a thng so brill
hes dul v soul pssng by
sght of mjstic tch
cty now wrs grmnts
of mrng bty :-) slnt bare
Shps twrs dms thtrs + chrchs
opn t flds + sky — ^v^v^
brite glttrng in nosmke air
nvr sun so butfl steep
n hs Ist splndr vlly rck or hll
nvr saw nvr flt clm so deep!!!
rvr flws at hs sweet wll (own):
Deer DG! vry hses seem slp I I
+ all that BIG HRT lyng still!

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.