Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Petisie aan die Raad van die US
Vir aandag:
die Rektor, prof Chris Brink
(14 Oktober 2005)

Doel van petisie

Om studente- en personeelsteun te toon met betrekking tot
    • die bevordering van Afrikaans as basiese onderrig- en institusionele taal aan die US binne ‘n meertalige konteks;
    • die bemagtiging van sowel Afrikaans- as nie-Afrikaanssprekendes in Afrikaans vir akademiese, sosiale en beroepsdoeleindes.

Verklaring

Die ondertekenaars van hierdie petisie spreek hul besorgdheid uit oor die groot verwarring rondom die US se taalbeleid en vra dat teruggekeer word na Afrikaans as basiese onderrigtaal met inagneming van die volgende:

1. Dat die US terugkeer na sy verbintenis tot die behoud en uitbou van Afrikaans as primêre onderrigtaal. Dit is duidelik gestel in die opsomming van die Taalbeleid en -Plan wat vanjaar aan alle nuwelingstudente tydens registrasie uitgedeel is. Die omskrywing van die T-taalspesifikasie in die Taalplandokument (p 3) onderskryf hierdie verbintenis:

Die T-taalspesifikasie word veral aangewend om studente met Engels as huistaal of voorkeurtaal stelselmatige blootstelling te gee aan Afrikaanse vaktaal sodat hulle op tweedejaarvlak optimaal ... kan studeer in modules met ‘n A-taalspesifikasie.
Die besluit van die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte om die T-opsie in 2006 deur te voer tot op derdejaarvlak is opvallend teenstrydig met hierdie doelstelling. Verder word ook nie naastenby al die riglyne vir die motivering van die T-opsie (pp 4 en 5) gevolg nie.

Ons versoek dringend dat die Fakulteit streng by hierdie doelstelling en riglyne bly.

2. Dat die US meertaligheid bevorder deur tolkdienste in te stel in die US-vergaderings soos benodig, sodat daar oor taalgrense heen effektief gekommunikeer kan word en Afrikaans terselfdertyd sy status behou.

3. Dat die US van 2006 af sy bestaande maar ontoereikende taalsteundiens dringend uitbrei na alle fakulteite. Dit moet gedoen word deur die insluiting van kredietdraende taal- en kommunikasiemodules in die eerste studiejaar van studente met onvoldoende taalvaardigheid in Afrikaans en/of Engels (soos bepaal deur ‘n taalvaardigheidstoets). Nie-Afrikaanse studente wat egter geen of baie min Afrikaans praat, moet in meer as net een studiejaar taalsteun ontvang weens hul groot agterstand in akademiese taalvaardigheid.

By voorbaat dankie vir u aandag aan hierdie uiters belangrike saak.

Besorgde US-studente en –personeel



LitNet: 7 November 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.