Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Meneer Appel se Manifes (presies negentig jaar terug)

André-Pierre du Plessis*

Die Universiteit is ons intensiteit: dit erect die bajonette (sonder gevolge) tot die Swahili-hoof van die Afrikanerbaba; taal is lewe sonder pantoffels of parallelle; wat vir en teen eenheid is en, uiteindelik, teen die toekoms; ons weet dat ons breine soos gemaksugtige kussings sal raak, dat antidogmatisme slegs elitisties is nes die burgerlikes en dat ons nie vry is nie maar steeds roep daarna; die noodsaaklike oorheers die essensiële sonder dissipline of morele en sodoende spuug ons op die mensdom (lees: [mens]dom).

Afrikaans woon steeds binne die Universiteit se raamwerk van swakheid, dit is steeds kak, maar almal wil van nou af voorts kak in verskeie kleure om sodoende die beddings van die kunste en die lettere, oor al die vlae, te versier.

Ons is sirkusregisseurs en ons fluit saam met die winde van woordfeeste, tussen gewoontes, prostitusies, teaters, realiteite, restaurante, ho ho bang bang … Wie's bang?

Die Universiteit is nie mal, of wys, of ironies nie; ek meen kyk na my, ou bourgeois-seunskind.

Afrikaans was 'n skulpspeletjie, kinders wat woordjies bymekaar gesit het waarvan daar 'n klokkie aan sy stertjie aangelas is, en dan word die stanza gegil en gehuil, en almal het Wellingtons vir hul poppe aangetrek en die stanza het koningin geword sodat almal so bietjie kon uitsterf en die koningin het 'n walvis geword, die kinders het begin hardloop totdat hulle nie meer asem gehad het nie.

Toe kom die groot ambassadeurs van gevoel wat geskiedkundig saam gehuil het:

Afrikaans Afrikaans ho ho
Stellenbosch Stellenbosch Stellenbosch
Viva l'Afrique
Ons is naïef
Ons is hieropvolgend
Ons is eksklusief
Ons is nie simpel nie man
En ons weet hoe om te praat
Oor intellek.

Maar ons, Die Universiteit, ons deel nie hulle sentimente nie, want Afrikaans was nie ernstig nie, ek sê jou, en as ons die misdaad kan uitwys kan ons erkennelik sê ven-ti-lat-or, dit is om ons gelukkig te hou, getroue luisteraar, ek het jou so lief, ek verseker jou, en ek beny jou.

(Met apologie aan Tristan Tzara)


André-Pierre du Plessis* studeer aan 'n BA-graad in Geesteswetenskappe met Filosofie en Afrikaans as hoofvakke. Hy het vir lank eers iets anders geswot maar toe hy onlangs hoor dat Afrikaans gaan uitsterf het hy besluit om van kursus te verander sodat hy dié uitsterwende taal kan bemeester en gevolglik die laaste Afrikaans-student kan word. Hy glo hy sal sodoende vinniger faam opraap. Hy is ook, per toeval, die redakteur van die Universiteit van Stellenbosch se onafhanklike studentekoerant, Die Matie.



LitNet: 07 November 2005

Wil jy reageer op hierdie mini-seminaar? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.