Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Gee die T-opsie 'n kans!

Mia Cloete*

Klaarblyklik oorheers die sogenaamde taaldebat vir die afgelope paar weke al weer die briewekolom (of -kolon?) in Die Burger. Wie weet? En wie gee om? Vir die meeste van ons huidige Maties, wat die afgelope 2-4 weke in 'n akademiese stryd tot die dood vasgewikkel is, is dit van bitter min belang hoegenaamd. Die taalkwessie is in elk geval lankal nie meer 'n studentekwessie nie. Dit is nou 'n politieke rolbal in die hande van 'n spul verveelde grysgeskoeide fossiele met niks beters te doen as om die sewentigerjare te herleef en eindelose vervelige gesanikery los te laat op onskuldige koerantlesers nie.

Onlangs, miskien in 'n poging om die kwessie terug te bring na die studente, wat uiteindelik die enigste mense is wie dit eintlik raak, is daar 'n petisie omgestuur op kampus oor Afrikaans. Ek het dit nie geteken nie, ten spyte van die atmosfeer van vriendelike intimidasie rondom die Rooiplein. Hoekom nie? Niemand kon heeltemal vir my verduidelik waaroor die petisie gaan waarop hulle so graag my naam wil hê nie. My pa sê altyd jy teken niks voor jy nie weet wat daarin staan nie. Small print included. Ek het nog altyd gedink dis nie 'n slegte reël nie en dis rede een. Rede twee is moeiliker om in woorde om te sit sonder om te klink soos 'n snob (maar laat ek nou maar die risiko neem): die tipe van mense betrokke by die opstel van die petisie en die tipe van mense wat saamgedrom het om dit te teken. Oh my word. "Throwback" is nie die helfte daarvan nie. Die tipes was nou vir my 'n duidelike indikasie van Afrikaner-sentimentaliteit wat hunker na die dae van oranje-blanje-blou en swartes wat jou "Baas" noem om jou brose ego sagkens te ondersteun. Ek het glad in die laaste twee weke 'n oranje-blanje-blou t-hemp gespot op pad uit die bib uit. Ag sies man. Ons is mos almal mooi groot. Of is ons?

In my fakulteit, Landbou- en Bosbouwetenskappe, word die T-opsie, soos ek dit verstaan, vir 'n geruime tydjie al met mening toegepas in voorgraadse kursusse. Dit was nog altyd nodig, omdat 'n paar van die kursusse slegs op Stellenbosch aangebied word. En in my opinie werk dit soos 'n bom. Daar is nie verengelsing nie, almal is relatief gelukkig en het notas in die taal wat hulle pas. Hou op sanik, losers, en gee dit 'n kans!

Die taaldebat kan my nie minder skeel nie, en ek dink nie ek is die enigste een nie. Régte studente het erger dinge om oor te worry. Kyk, as dit kom by 'n keuse tussen Wingerdkunde 666 op die eerste probeerslag deurkom en myself skaar by 'n wenspan soos die grysskoenbrigade of die junior neandertalers, dan is dit nou summier bib toe met my!


Mia Cloete* is in die vierde jaar van 'n vyfjaarplan-BScAgric met Plantpatologie en Wingerdkunde as hoofvakke. In haar beperkte vrye tyd was sy al voorsitter van Lesbigay Stellenbosch (die gaystudente-organisasie), 'n onderbetaalde bibliotekaresse in die boekrakke van Mammon, en 'n koshuis hk-lid.



LitNet: 07 November 2005

Wil jy reageer op hierdie mini-seminaar? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.