Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Kleinboer (kreun) by kerslig

Adriaan Basson

Kleinboer trek draad as die Blou Bulle gelykop speel. En hy loop baie minder rond. Hierdie onthullings is onlangs gemaak deur Die Boer van Yeoville self tydens ’n aand van “Kontreimusiek” by Back2Basix in Westdene.

Fanie de Villiers, oftewel Kleinboer, het voorgelees uit sy bestseller Kontrei, en Trike, Albert de Vos en ene Piet Planter het die kitaar geslaan.

Dit was my eerste kennismaking met Kleinboer. En hy is rêrig klein. Of eerder, kort. En hy lyk onskadelik. Amper soos ’n ou wat net so wel die Engen op die hoek kon besit. Of ’n wetenskaponderwyser by die plaaslike hoërskool kon wees. (Daar is iets in Kleinboer wat my baie aan een van my eie onderwysers laat dink. Ek wonder of mnr X ook rondgeloop het ...)

Klik hier en help ons om LitNet te verbeter!

Baie mense verwag seker ’n sleazy-looking ou soos Joe in Egoli, wat met olierige hare en vuil naels kriptiese notas in ’n klein Sanlam-dagboekie maak ná een van sy vele omswerwings in Jozi se hoerhuise. Maar nee. Verrassing, verrassing. Kleinboer lyk of hy gereeld bad, sy klere het nie gate in nie en sy hare is netjies gesny. ’n Opregte (klein)boerseun met ’n oop gesig, sou my ouma sê.

Hy het selfs sy eie kers saamgebring nadat ’n kragonderbreking vroeër die aand ’n sluier oor Auckland Park, Melville en Westdene getrek het. Hy lyk gemaklik by kerslig en wissel die voorlesing uit Kontrei af met anekdotes wat hy die vorige nag met die hand geskryf het. (Lungi, sy “houvrou”, was glo nie tuis nie.)

En dan begin hy. “Baie mense vra of die skrywer nog rondfok. Ja, maar heelwat minder.”

Die mense lag.

“As die Blou Bulle wen, loop hy rond van plesier. As die Blou Bulle verloor, loop hy rond uit teleurstelling. En as die Blou Bulle gelykop speel - gelukkig gebeur dit min - trek hy draad uit frustrasie.”

Die mense lag. Anders. En hulle drink meer wyn.

Presies dertig jaar gelede sou Kleinboer ’n offisier in die weermag word. Vanaand is hy die offisier van sekspraatjies.

“Op 23 het ek my ouerhuis verlaat as ’n virgin,” sê hy, en ek dink aan die FHM se onlangse peiling wat wys dat die gemiddelde Suid-Afrikaanse man sy maagdelikheid tussen 16 en 18 verloor.
Kleinboer was ’n late starter, maar die jirre weet hy het vinnig ingehaal.

En te oordeel aan die verkope van Kontrei is Suid-Afrikaners honger vir nog boeke soos dié. Die eerste 1 000 eksemplare is uitverkoop en die tweede oplaag is tans op die rak.

’n Vriend sê dit is nie soveel die seks as die eerlikheid van die boek wat hy geniet het nie. Hier is ’n man wat sy onderbroeke, komkolle en al, vir die wêreld ophang om na te kyk. En aan te ruik.

Eerste is Piet Planter aan die woord om die gemoedere te bedaar en swetende voorkoppe droog te kry ná Kleinboer se voorlesing. Planter is ’n boer van Sannieshof in Noordwes wat onlangs besluit het om die kitaar permanent op te neem.

Of dit ’n goeie idee was, is nie vir my om te besluit nie. Maar die outjie sal bietjie moet werk aan sy performance as hy saam met ouens soos Trike wil speel.

“Jy wil nie dans, jy’s ’n plastic girl, jy maak my naar,” lui ’n deel van een van sy lirieke. Uhm.

Die volgende sarsie voorlesings is vreemder as fiksie. “Ek voel soos ’n tennisskeidsregter,” sê Die Boer op sy preekstoel. “Dis net jammer Kris Kristofferson en Johnny Cash is nie hier nie.”

Huh? Het Kristofferson en Cash tennis gespeel? Of sou hulle sy sekspraatjies geniet het?

Hy vertel van Memory en Gift, twee prostitute van Jozi, wat hy die ander aand na ’n pizza-plek in Rosettenville geneem het. Hulle koop toe ook worsies wat hulle in die kar vir hom voer terwyl die sop oor sy klere spat. Die pun: hy praat oor peri-peri-sous; die een dame kan nie ’n “r” uitspreek nie en sê toe “peli-peli”. Soos in “pielie-pielie”. Ha-ha.

Voordat ds Fanie de Villiers van die AGS-gemeente Yeoville (soos een van die fans hom noem) sy preek finish, sing Albert de Vos (“een van daai underground ouens”, volgens Kleinboer) sy sad songs. Dis lekker, en veral “Eenuurvrou” pas goed in by die stemming. Ware Kontreimusiek.

Hier begin my notas dof raak (en maak rooiwynkolle dit onmoontlik om sekere woorde te lees).

“Juliette: sy is soms ’n nimfomaan.” Seker maar Kleinboer.

“KB: skreeu, oerkreet.” O ja, Kleinboer het op die mense geskreeu toe hulle nie wil stilbly nie.

Hier êrens het Kleinboer opgehou en het Trike voor die mikrofone ingeskuif. Drikus (Brixton) Barnard en Esmé Eva Kwaad is in ’n ander klas as enige van die vorige sangers. Hulle CD Volle militêre eerbetoon is een van my gunstelinge van die jaar sover. Hulle sluit die aand af met ’n song waarvan ek gedink het die titel “Disnis” is. Maar met haar donker, soepel stem kondig me Kwaad aan: “Die volgende track is vir Fokofpolisiekar en sy naam is ’Trek jou fokken broek op poes’”. En dan sing sy: “Die wêreld is koud en mense is fucked-up.” En dis die einde van Kontreimusiek.

Buite loop ek die donker in om my kar te soek. Skielik kom Kleinboer van voor af op die sypaadjie aangestap en ek het geen idee waarvandaan hy kom nie.



LitNet: 11 Mei 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.