Zani BotesArchive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Saartjie Botha laat die vonke spat in hierdie Heupvuur!

Zani Botes

Heupvuur vs Saartjie Botha
Foto van Saartjie: Rooi Rose

Saartjie Botha speel nie met vuur nie, sy weet presies wat sy doen! Die bebliksemde Oudtshoorn-palmboom was beslis nie die enigste gloeiende baken op die KKNK nie, maar anders as dié uitgebrande boom gloei Saartjie steeds konstant voort. Wees gewaarsku! Sy gaan Suid-Afrika nog aan die brand skryf.


1. Vertel ons bietjie meer van jouself. Jou geskiedenis, jou passies, jou drome.

Ek is ’n Kapenaar van geboorte, maar ’n Vrystater in murg en been. Het op Stellenbosch geswot, vir ’n jaar of wat ’n coffeeshop gehad en deesdae hou ek my met teater besig. Eendag as ek groot is wil ek boer en tot dan is ek gelukkig met wat ek doen, die mense in my lewe, en om in my woonstel die see te sien en te hoor.

2. By hoeveel KKNK’s was jy al vantevore?

By al 10. By die eerste twee as gewone feesganger, by die volgende drie gedeeltelik betrokke by verskeie produksies, en sedert 2000 volslae betrokke by alles vanaf die Voorbrandfees tot ’n rekord van sewe produksies in 2002.

3. Wat was jou ervaring van die 10de KKNK, in ’n neutedop?

Uit ’n logistieke, tegniese en agter die skerms oogpunt, my beste fees tot dusver. Dis maar altyd naelskou om ’n show binne die konteks van ’n fees met beperkte alles op die planke te kry. KKNK se ondersteuningsdienste het die afgelope jare baie verbeter. Ek het vanjaar minder dronk mense op straat gesien, die verkeer het redelik gevloei en die gehore was meer geïntegreerd as vantevore. Volgens my bronne was al die toneelproduksies nie op standaard nie; daar was darem Oom Wanja, Jan en Jorie en Tshepang as uitsondering, maar na my mening te veel one-man shows en te veel toneelstukke met obskure temas. In geheel dink ek wel die feesprogram was gebalanseerd.

Balle
Die akteurs van Balle
Kloksgewys van links: Altan Ungerer, Nina Swart, Neels van Jaarsveld, Lorraine Burger

4. Hoe was jou stuk Balle deur die KKNK-gehoor ontvang?

Gemeng, en ek hou daarvan. Ek dink nie dis my beste werk nie, dis eintlik ’n eksperiment en ’n akteursteks, omdat die verloop van die verskillende pool games die verloop van die tonele beïnvloed. Dit het vir my gelyk of dit die raakste tref in ’n gehoor van 28-45-jariges, met die jonges wat dink dis te lig in die broek en oueres wat gevoel het “so what?” . (Hulle, of sommige van hulle, oorleef teen dié tyd hul huwelike met gemak.)

5. Hoe betrokke was jy by die baie suksesvolle Maria de Buenos Aires?

Ek was vervaardiger en produksiebestuurder, dus was ek baie betrokke. Dit neem geweldig baie uit ’n mens as jy ’n werk van so omvang sonder infrastruktuur aanpak. Dis ook die eerste keer wat so baie vennote van die begin van ’n produksie betrokke is: Oude Libertas, Aardklop, KKNK en Grahamstad. Ons het ’n wonderlike span bymekaar vir die produksie, almal werk toegewyd en hard en dis net reg dat die harde werk beloon word.

Maria de Buenos Aires
Akteurs in Maria de Buenos Aires
Van links na regs: Jose Domingos, Dawid Minnaar en Nicole Holm.
Dansends: Mark Hoeben en Ina Wichterich

6. Vertel ons meer van Rys, Vleis en Aartappels. Waar het dit begin en vanwaar die naam?

Vleis, Rys en Aartappels is in Mei 2001 gestig deur Marthinus Basson, Jaco Bouwer en ekself. Die hoofdoel van die produksiemaatskappy is om teaterproduksies van hoë gehalte, wat innoverend en relevant is, te skep en te vervaardig. Die produksiehuis het drie onderafdelings:

    - Vleis: vervaardig teater vir die hoofstroom en kunstefeeste
    - Rys: vervaardig kleiner, eksperimentele werk
    - Aartappels: konsentreer op gemeenskapsteater.
Daar is bitter min struktuur in die bedryf en stigting van die maatskappy. Vleis, Rys & Aartappels was ’n poging om meer gestruktureerd te werk, infrastruktuur en werksgeleenthede te skep. Uiteindelik sal dit hopelik lei tot die stigting van ’n permanente teatergeselskap, wat waarskynlik voor die einde van die jaar sal realiseer. Die naam was Jaco Bouwer se idee: stapelvoedsel, koningskos, broodnoodsaaklik vir die kunste.

Nina Swart konsentreer hard!
Balle7. Vir watter produksies was Rys, Vleis en Aartappels verantwoordelik vanjaar by die KKNK?

Maria de Buenos Aires en Balle. In my privaat hoedanigheid het ek Pous Johanna se teks vertaal en verkort en was ek ook verantwoordelik vir die Skrywersitkamer en die gespreksreeks Tussen Skrywers.

8. Watter ander stukke/opvoerings het jy ook gaan kyk? Hoe was dit?

Ek het Jannie Moolman, Dozi en die African Mamas en Die Hangkashaas agter publieke gewildheid aan gaan kyk. Eersgenoemde was bietjie hard op my ore maar nietemin genietlik. Hangkas was ’n afgeronde produksie. Ek het baie van Meermin gehou, wat my betref ’n gemeenskapsproduksie met baie integriteit. Tusseninbetween het my geraak.

9. Het jy al planne vir volgende jaar se KKNK?

Ja, mens moet vooruit dink. Moontlik ’n nuwe pantomime skryf, dan wil ek ook graag Highway Crossing or The Tale of a Golden Fish van Jahn Tätte doen. En alles wat op my bedkassie lê, en ’n play oor plaas en grond skryf.

10. Watter Suid-Afrikaanse kunstenaar(s) en akteur(s) maak jou baie opgewonde?

Marthinus Basson maak my steeds opgewonde, Lara Foot Newton en Jaco Bouwer ook. Malan Steyn en Adriaan Meyer as dramaturge, akteurs Jose Domingos, Neels van Jaarsveld en Altan Ungerer, Nicole Holm, Lorraine Burger en Lulu Botha van die jongeres en Antoinette Kellermann, Jana Cilliers, Cobus Rossouw en Dawid Minnaar van die gevestigdes.

11. Watter boek(e) is tans op jou bedkassie?

David van Reybrouck se Die Plaag en Eugène Marais se The soul of the white ant. Op ’n Eiland van Karel Schoeman is altyd daar - wil graag ’n film daarvan maak - en dan ’n wonderlike vertaling, Romeo en Julia, Peter Verhelst se verwerking van die Shakespeare classic. Ook ’n nuwe teks van Tom Lanoye, Die val van samehorigheid.

12. Wat is jou gunsteling tydverdryf?

Mense kyk.

13. Watter Saartjie Botha-stukke gaan op toer? Wanneer en waar gaan jou stukke hierdie jaar opgevoer word?

Bevestigde datums


1975: Antoinette Kellermann
            en Jana Cilliers

1975Maria de Buenos Aires Grahamstown National Arts Festval, 9-10 Julie Aardklop 28 September-2 Oktober

1975 Volksblad -Kunstefees, Bloemfontein 14-18 Julie Kalfiefees, Onrus 7-9 Augustus Artscape, Kaapstad 12-28 Augustus

Balle Volksblad -Kunstefees, Bloemfontein 14-18 Julie Gariep Kunstefees, Kimberley 26-29 Augustus

LitNet: 4 Mei 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.