Zani BotesArchive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Antjie Krog: koeël en kalm

Zani Botes

1. Jy is op Aardklop met ’n stootwaentjie opgemerk. Wat is aan die gang?
Ek het Susan se pasgebore baba opgepas sodat sy die feeskoerantjie kon doen.

2. Jy was onlangs by die Winternachten-fees in Den Haag. Wie was nog daar en wat was jou ervarings?
Sello Duiker en Zakes Mda van Suid-Afrika - en soos altyd is jy verbyster oor die belangstelling van Hollanders nie net in hulle eie letterkunde nie, maar ook in dié van ander lande. Opvallend was egter die aantal Hollandse skrywers wat die laaste tyd in ander lande woon - een het gesê dat Holland al hoe meer benouend word. Ek het ’n onderhoud met die burgemeester van Rotterdam gelees waarin hy sê hy wil nie by sy kantoorvenster uitkyk en die torings van ’n moskee sien nie - en dit was nie juis aangebied as ’n problematiese stelling nie.

3. Wat beoog jy met Nuwe Stemme 3 saam met Alfred Schaffer?
Ons hoop ernstig op ’n wonderlike verskeidenheid stemme wat sal bewys dat alle jong Afrikaanse poets nie rap-, rock- en punksterre is nie.

4. Kan ons binnekort ’n nuwe digbundel verwag?
Praat nie oor brood in die oond nie.

5. Sou ’n Afrikaanse weergawe van Change of Tongue verskyn, wat sou die Afrikaanse vertaling van die titel wees?
Weet nog nie.

6. Wat gaan jou rol wees aan die Universiteit van Wes-Kaapland?
Ek is nie betrek by ’n spesifieke departement nie en behoort mettertyd by verskillende afdelings aan te sluit. Ek bekyk die moontlikhede om ’n navorsingsprojek op die been te bring.

LitNet: 30 Maart 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.