Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

BEKROONDE ROMAN ‘VATMAAR‘ NOU OP VERHOOG TE SIEN

OUDE LIBERTAS AMFITEATER, STELLENBOSCH 13 — 16 Maart 2002 — Wêreldpremière

KKNK, OUDTSHOORN 31 MAART — 6 APRIL 2002

BAXTER TEATER, KAAPSTAD VANAF 10 APRIL 2002

AHM Scholtz se debuutroman, Vatmaar, het sedert die verskyning daarvan in 1995, die M-Net Boekeprys, die Eugène Marais-prys én die CNA prys losgeslaan, is in Duits, Nederlands en Engels vertaal en het meer as 10 000 kopieë in Suid-Afrika verkoop. Bekroonde teaterregisseur Janice Honeyman en ’n span gedugte Kaapse akteurs is nou kliphard aan die werk om dié storie van baie stories oor ’n klein gemeenskappie in die Noord-Kaap ook aan teatergehore toeganklik te maak. Die wêreldpremière van Vatmaar, die verhoogproduksie, word vanaf 13 tot 16 Maart by die Oude Libertas Amfiteater op Stellenbosch aangebied. Die projek is moontlik gemaak deur die Baxter Teatersentrum, die Oude Libertas Amfiteater en die Klein Karoo Nasionale Kunstefees.

Honeyman, wat die oorspronklike Afrikaanse teks vir die verhoog verwerk het, is pas vir ’n Fleur du Cap teatertoekenning as beste regisseur genomineer. Die wenners van dié gesogte teaterpryse word op 8 Maart bekendgemaak. Die span akteurs, van wie baie goed bekend is op Kaapse verhoë én nasionale televisie, is Ivan Abrahams, Royston Stoffels, Mary Daniels, Euodia Samson, Jody Abrahams, André Samuels, Mary Dreyer, Neels Coetzee, Glenn Swart, Nazli George, Sizwe Msutu, Michelle Scott, Liande Snell, Chad Abrahams en Caroline Jacobs.

Vatmaar is ’n collage van alledaagse stories van merkwaardige mense en ’n merkwaardige plek. Die subtitel lees “’n lewendagge verhaal van ’n tyd wat nie meer is nie.” Die boek is al beskryf as “’n warm uitbundige, helende en soms skokkende weefsel van verhale, in liefderyke beskouing van dit wat ons maak wat ons is” en “een van die groot vondste van die onlangse Afrikaanse letterkunde. Verhale oor die Anglo- Boereoorlog, diamantsoekery, gemeenskapsrituele, liefde en verraad word vertel uit ’n eenvoudige maar trefseker-perspektief.

Nog ’n merkwaardige aspek van die werk is dat Scholtz die debuutroman geskryf het toe hy reeds 72 was, en dat hy net tot standerd 5 skoolgegaan het, aan die Beaconsfield Coloured School. Hy het daarna begin om hom as skrynwerker te bekwaam voordat hy, om sy gesin te onderhou, aan die Tweede Wêreldoorlog deelgeneem het. Na die oorlog het hy na Kimberley teruggekeer waar hy as boukontrakteur gewerk het. Hy en sy vrou woon tans op Mafikeng.

In die verhoogproduksie, vertolk Ivan Abrahams die rol van Ta Vuurmaak, die hoof-storieverteller en Royston Stoffels die rol van Oom Chai, stigter en ‘hoofman’ van die Vatmaar gemeenskap. Jody Abrahams is onder andere die geleerde Kenneth Kleynhans, wie se liefdesverhaal met Kaatjie, vertolk deur Liande Snell, groot aftrek kry en wie mettertyd ’n groot rol speel in die vooruitgang van die gemeenskap. Mary Daniels vertolk die rolle van Sus Lena wat ’n diamantsmokkel-storie te vertel het en ook die rol van Tant Yvonne Müller, Kaatjie se ma wat onskuldig voor die hof beland oor ’n gesteelde trouring. Nazli George is Sus Bet, onder andere die brouer van die beste heuningbier in Vatmaar. Brian Collins is verantwoordelik vir die stel- en beligtingsontwerp vir die produksie en Koos Marais koördineer die kostuums.

Na afloop van die Oude Libertas Amfiteater première, is die verhoogstuk ook vanaf 31 Maart tot 6 April by vanjaar se Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn te sien, en vanaf 10 April in die Baxter Teater in Kaapstad. Bespreek by Computicket.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.