NetFiksie - nuwe fiksieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW Hiemstra Trust



Danie Botha
Die Soft Rock Klub, Danie Botha se bundel kortverhale oor gay ervarings, het in 1995 verskyn. Verhale vir kinders en volwassenes het in tydskrifte soos Sarie, Tydskrif vir Letterkunde en New Contrast, en in bloemlesings soos Vrede op aarde, Goue fluit, my storie is uit, Wisselstroom en Soort soek soort verskyn. Die jongste is “Iemand by die deur” in Uit die kontreie vandaan (samesteller: Abraham H. de Vries). Hy het vanjaar as boekeredakteur by Tafelberg-Uitgewers uitgetree. As vryskut versorg hy gay skrywers se werk vir die uitgewersafdeling Homeros.
  Danie Botha

Vir ons plesier

“O, Here, God en Meester, gaat deze donkere nag tog weder met ons in; wees tog al onze kinderen een God van nabij, waar hulle ook mag wezen moeten. Om U naam’s wille.” — Oupa Botha se gebed.

Mense wat op die “Spoorweë” gewerk het, het destyds swart gedra. Met silwer kentekens.
     Hy het daardie someraand by die Pickwick Tavern in Kasteelstraat uitgestap gekom. Die Pickwick nogal. Met sy uniform aan. Kaartjiesondersoeker, kruier?
     Hy stap redelik stadig. Asof hy ingedagte is.
     Ek, in my twintigerjare, skat hom diep in die veertig. Kort en ronderig.
     Hy kom verby my waar ek skielik toegewyd kyk na uitgestalde krokodilvelhandsakke en volstruisvelbeursies.
     Wanneer hy vyf tree verder vassteek, stoot hy sy pet eers agtertoe, haal dit dan heeltemal af terwyl hy hom omdraai. Hy vee met sy hand oor sy groot voorkop; dis baie witter as die res van sy pienk gesig.
     Hy glimlag sodat ek die klein tandjies met die goudvulselspoortjies kan sien. Dan kyk hy ook na die vensteruitstalling.
     Ek stap nou al maklik drie uur rond. Drie uur van gereed wees vir ’n belangstellende in my. Die kortbroek en die knop wat daarvoor saamspan.
     Gaan dit ek en hy wees vanaand?
     Hy kyk op na my en die oë word skrefies, want hy glimlag weer.
     Begin dan wegstap, kyk om, wink met die kop voordat hy sy skouers optrek en dit lyk asof hy sy nek verkort.
     Ek sien dat ons stasie se kant toe stap.
     Hy klim dan ook uiteindelik in ’n nogal vol wa van ’n voorstedelike trein en gaan sit. Ek het nie ’n kaartjie nie; daarom steek ek vas by die deur. Weer wys hy met die kop dat ek oorkant hom moet kom sit; daar’s plek.
     In die elektriese lig voel dit asof al die lywe alles sien en weet.
     Ek ry so min trein. ’n Herinnering aan ’n situasie in ’n radiovervolgverhaal maak my effens gerus. Iemand het vir ’n ontstelde meisie verduidelik: ’n Mens kan tog kaartjies op ’n trein koop. Ja, maar slegs as die kantoor reeds toe is. Maar hy’s ’n werknemer; hy sal weet wat om te doen.
     Waar hy nou kromskouer sit, lyk hy nog ouer en molliger. Hy hou sy stomp hande tussen sy knieë.
     Ons sien mekaar raak in die ruitweerkaatsing. Nou glimlag hy toe mond.
     Twee stasies verder klim ons af sonder dat daar ’n kritieke oomblik met ’n kaartjiesondersoeker was.
     Eers die duikweg, met kort-kort voortjies pis of ou water. Ons moet daarna nog ’n blok ver stap in die sterk skemer voor ons indraai by die woeste grasperk voor ’n skakelhuis. Hy gee nou amperse trippeltreë teen die steilte uit na die voordeur, die rug ver vooroor.
     Hy stap voor my uit deur die muwwe sitkamer. Vaagweg sien ek klein bokhorinkies bo ’n ongebruikte kaggel. In die plek van ’n middeldeur na die kombuis hang ’n skerm van platiekstroke; dit val lui terug na hy deurgestap het.
     Hy skakel die gloeilampie bo die geelgroen kombuistafel aan. Trek ’n stoel aan die kant uit, hou ’n oomblik aan die gespikkelde rug vas asof hy sy balans moet herwin, stap dan na die stoel aan die bopunt en sak daarop neer. Ek aanvaar dat ek op die uitgetrekte een moet sit.
     Sy oë raak ’n rukkie lank leperig, kyk eers vir my en dan na ’n oranje broodblik bo-op ’n lywige koelkas. Hy kry sy pet beet, buig effens vooroor en gooi die pet na die broodblik se kant.
     Dit val voor die koelkasdeur en hy begin lag. Dis ’n gehyg.
     Ek tel dit vinnig vir hom op.
     “Sirritop!” Sy stem is heserig.
     Die pet sak ver oor my ore, ek moet dit terugstoot om vir hom te kan kyk.
     Hy gryp-gryp na die pet terwyl hy nog giggel, sodat ek effens nader kom. Hy sit die pet op die tafel en knik met sy kop af na sy skoene. Ek is nie heeltemal seker wat hy van my verwag nie.
     Hy steun terwyl hy sy skoenveters begin losmaak. Ek kniel en trek die goed gepoleerde swart skoene vir hom uit.
     Hy wikkel sy tone, strek hom uit en laat ’n wind. Lag kopskuddend daaroor. Ek steier terug na my stoel.
     Dan kyk hy stip na die ketel langs die tweeplaatstofie en die stoomkoker. Hy gaan skakel dit aan sonder om te kyk of daar water in is. Hy wieg sy bolyf na my kant, bekyk my op en af en stap deur die plastiekskerm.
     Die voordeur gaan nie oop en toe nie; hy moet nog in die huis wees.
     Skielik is hy terug.
     Hy lag sielig en hou ’n poskaartjie rukkerig na my uit.
     ’n Sjimpansee glimlag oordrewe vir die kamera. Het ’n matroospak aan, die pet skeef op die kop. Hou ’n afgeskilde piesang vas tussen die bene.
     Toe hy agterkom ek is nie beïndruk nie, vryf hy met ’n vinger oor die stukkie geelwit van die piesang en sy lag word ’n kreun. Hy maak die kaartjie staan teen die pet en begin sy gulp knoop vir knoop oop te maak voor die sjimpansee.
     Hy kom ’n klein bietjie, en maak hom met ’n kombuisvadoek skoon.
     Oomblikke later raap hy die poskaart op en gaan sit dit vermoedelik in sy slaapkamer weg.
     Hy het met ’n wiegende kop en ’n grynslag weer by die tafel kom sit.
     Ek is alleen stasie toe sonder om koffie te drink. Ek moes seker die ketel vir hom afgeskakel het.

Destyds het niemand vir my gesê wat gaan snags en naweke op Groentemarkplein aan nie.
     Ek, neëntien jaar oud, het net een warm aand van ’n opvoering in die Hofmeyr-teater daarlangs Langstraat toe gestap. En op ’n randsteen vasgesteek. Mans in motors wat om en om die leë plein ry, dan af in Burgstraat. Weer terug. En in die winkelingange staan mannetjies. Of hulle sit op die banke onder bome.
     Daardie aand het ek hulle nie sien praat by motorvensters nie, of sien inklim of ’n motor tot in ’n systraat volg en dan eers insak nie.
     Die volgende aand, ná kerk, het ek weer soontoe gegaan.
     Dit is asof daar seine der seine deur almal, selfs die stug geboue, uitgestuur word: Wag, kyk, hier gaan dit gebeur. Hier’s mans wat seks met mans wil hê. Dit wat jy mos begeer.
     Een, lank en slank van lyf in ’n broek wat uitwaaier by die kuite, donker oë, kyk na my en dan weer weg. Ek begin stadig rondstap.
     Dit word later en later. Kort-kort loop ek hom raak. Een maal gaan staan hy volledig in die straatlamplig, die bleek gesig opgelig. Hy kyk na ’n donker kleremakersplek asof hy ’n verkyker gebruik.
     Toe tree hy terug en bly ’n armlengte van my af staan op die sypaadjie.
     Ek formuleer sinne, maar sê hulle nie.
     Wat presies het ek van hom gedink? Oor wat hy daar soek? Wat hy gaan doen?
     Het ek myself gesien? Soos so baie kere daarna?
     Om ons die suising van opwinding.
     Dis die wit klokbroek wat eerste in die rigting van Langstraat wegstap. Ek het hom te stadig gevolg en hom gou verloor.
     Maar dit was die begin. Later gehoor daar’s woorde daarvoor: kamp, cruise, piel soek, jag, hoereer.

Voor die ou wat my in Burgstraat opgelaai het, my begin stoot in sy bedompige huis in Mowbray, sê hy drie, vier maal: “Jy’s nie een van hulle nie!” Lag innemend. Asof hy vrek verlig is, asof hy die moontlikheid nogtans wil besweer. Plesierig vryf hy oor my boude. Ek het die hele tyd stilgebly; het in elk geval eers heelwat later presies mooi verstaan waarvoor hy my aangesien het.

Plakkate, plakkers, lapembleme op baadjies en jasse verkondig dat die Jesus People wil hê dat almal moet saamstaan. Hulle kenteken is vingers wat soos ’n kerktorinkie hemelwaarts wys.
     Hy staan in die raam van die helderverligte winkelingang in Burgstraat. Die hare te blond; die lyf gepak vir aksie; die mond reg vir suig of gesigspoeg. Prostituut. So moet een lyk. Ek kyk te lank na hom sonder om iets te sê. Daarom draai hy hom effens weg sodat ek sien waar hy, seker met ’n breë glimlag of met houtoë, die embleem vasgewerk het. Die torinkie wys na sy gat.

Kort voor lank het ek ander plekke, parke en strate as seksueel akkommoderend “aangevoel”.
     Een van hulle: Pleinstraat.
     Genoeg winkelvensters om na te kyk, genoeg systrate, saans nie te besig nie, veral nie in die omgewing van die OK nie.
     Hy kom vinnig van vooraf. Die gesig van ’n seuntjie bo ’n skraal lyf. Middelmatige lengte. Hy kyk my reguit in die gesig solank as wat dit hom neem om verby my te kom.
     Op die volgende straathoek steek hy vas en kyk sonder huiwering om. Sy hele houding sê: Ek wag vir jou.
     Wanneer ek nader kom, stap hy vinnig verder. Tot in die ingang van ’n ontruimde gebou. Oomblikke lank kan ek hom nie sien nie.
     Walms van stof, ou water, sement en houtsaagsels kom vanuit die donkerte. Vanaf die sypaadjie met die lig van die straatlamp kan ek later feitlik net sy gesig uitmaak. Groot oë; spits neus; tuitende mond.
     “Het jy ’n plek?” Met ’n hoë bevelklank soos van ’n luitenantjie.
     “Ja.” Sal ek hom saamneem?
     “Waar?”
     “Dis ... ’n hele ent.”
     Geïrriteerd laat sak hy sy kop en kom uit op die sypaadjie.
     “Ons gaan na my plek.” Hy stap byna driftig weg.
     Twee, drie blokke verder hardloop hy feitlik by ’n vuil stegie in. Ek kan hom nie meer sien nie. Kan nie besluit om hom te volg nie.
     Ek roer nie, forseer my oë om iets te sien.
     Daar’s hy weer. Nou ignoreer hy my as hy verby my kom.
     Maar tien tree verder wag hy tog vir my.
     Daarna loop ons saam tot by ’n woonstelblok in Zonnebloem. Aan die voorkant die braakland van Distrik Ses.
     Teen twee van die sitkamermure staan vertoonkaste vol harlekyne. Naas katgesigmaskers beeldjies en poppe. Linte, pofkrae, diamantbroeke.
     Hy raak weg in die kombuis. Kan hoor hy skink iets in, sonder navrae.
     Ek lees sy voorletters en van op twee rekeninge in ’n perlemoenskulp.
     “Lyk of dit jou stokperdjie is?” Ek staan gebukkend voor ’n kas wanneer hy met twee biere terugkom.
     Hy grom iets wat soos ’n bevestiging klink.
     “Waar kry jy hulle?”
     “ Oral. Ek reis baie.”
     “O ...”
     “Ek’s in die handelsvloot.”
     “Hoekom? Ek bedoel ... waarom sulke goed?”
     Hy skakel die lig af en die videomasjien aan.
     Hy kom pluk my nader, steier agteroor tot op die swart leerrusbank, druk my aan die skouers tussen sy bene neer en zip sy broek oop.
     Hy druk my kop om in die rigting van die televisie waar ek kaal mans by ’n swembad sien.
     Dan druk hy my mond af oor sy klam voël.
     Ek wil die video sien. Vir die eerste keer sien ek ’n pornovideo. Waar’s die aand sowat vyf jaar vantevore toe ou Faan met groot moeite ’n projektor te huur gekry en ons vier was wat na die film teen die laken gekyk het? Dof, klankloos, en van ’n meisie wat kort-kort met ’n bebrilde, lywige bejaarde te doen gehad het en seker so een keer gestoot is deur ’n jonger ou.
     Maar ek moet suig.
     Die kere dat ek kan omkyk, doen ek dit. Maar nie vir lank nie.
     Uiteindelik ruk hy uit en druk sy smal onderlyf met ’n skreeu omhoog terwyl hy spuit.
     Hy laat my toe om ’n rukkie tussen sy bene te sit terwyl hy tot verhaal kom. Ek kry ’n paar slukke bier in en ek kan kyk na vyf, ses skraal piete wat by mekaar ingeryg staan; dan weer ’n ou wat met twee suigstokke tegelyk besig is.
     Maar skielik begin die manne alles vreeslik vinnig doen. Woerts-warts, in, uit, op ’n drafstap.
     Dis C. S. Hildebrandt wat die band laat vorentoe rol. En uiteindelik afskakel.
     Ek kan duidelik aanvoel die passie het net geduur solank die styfte gehou het. Jy moet groet en laat waai, meneer.
     Voor hy die deur oopmaak, sit hy ’n arm om my skouers en soen my vinnig in die nek.
     Die eerste ding wat ek tuis doen, is om sy telefoonnommer na te slaan.
     ’n Nommer wat ek ’n week later bel. Hy beantwoord die telefoon neutraal; laat tog dadelik blyk hy onthou my.
     Dié keer begin die ouens gouer as die vorige keer rond te flits, en hy neem my ook na die harde bed in die beknopte slaapkamer waar hy my gat gebruik.
     Twee aande later brand ek weer om die porno te sien en bel hom.
     Daar’s ’n pouse voor hy sê hy is tuis. Ek sê hy moet my oor twintig minute verwag.
     Vanaf Distrik Ses se kant sien ek ’n skadu vergroot en verklein agter sy venstergordyn.
     Nou met trappe aan die agterkant van die woonstelle op.
     Ek druk die klokkie.
     Daar’s lig in die kombuis. En in die badkamer.
     Moet ek weer druk?
     Water loop êrens in ’n bad in. In sy badkamer?
     Is ek by die regte voordeur?
     Ek druk die knoppie langer. Probeer kyk of daar lig onder die wit deur deurskyn.
     Nou begin daar musiek speel. Op ’n televisie? By hom of by die bure?
     Het hy voor die kombuisvenster verbygeloop?
     Dalk is hy by bure. Ek sal ’n draai onder in die straat gaan loop en kyk of ek hom dalk êrens sien of hoor.
     Ek staan lank op die oorkantste sypaadjie. Raak benoud as ’n motor stilhou of mense uitgestap kom.
     Twee outjies gooi pyltjies op ’n balkon. Skielik is ek nie meer seker watter een sy woonstel is nie; is hulle sy bure?
     Die musiek kom uit die woonstel wat ek glo syne is.
     Hy moet tog daar wees. Hy weet tog ek kom. Sal hy nie op die uitkyk wees nie?
     Weer gaan lui ek die klokkie.
     Weer gaan staan ek in die straat. Kyk en kyk.
     ’n Verlamming slaan oor my toe. Ek begin wegstap. Tot op die hoek. Terug tot by die ingang.
     Ek het daarna tot in Adderleystraat gestap en driftig by ’n taxi ingeklim.
     Die bestuurder praat oor die “lekker warme aand”.
     Ek wil vir hom sê: Boeta, ry met my na ’n plek met piele. Of soek jy dit nie ook nie? Kom ons gaan naai by my plek. Hel, hel, hel!
     H. het my nie gebel om uit te vind waar ek dan bly nie. Al het ek die tweede aand my naam en adres en telefoonnommer vir hom gegee.
     Ek het hom ook nie gebel nie. Ek wou nie hê hy moet die telefoon in my oor neersit nie.

Wanneer ek ’n masseur kan bekostig, moet die berg altyd na Mohammed toe kom.
     Behalwe die keer met Grant.
     Sy advertensie het my laat besluit om na sy plek toe te gaan — dis nie te ver nie; êrens in Seepunt.
     Hy het heel vriendelik geklink oor die telefoon. Asof hy my nooi vir ’n Sondagmiddagete.
     Toe hy die deur oopmaak, herken ek hom: Graaff se poel; met die groot strooihoed op, die soort wat ywerige tantes vir tuinwerk dra. Of ’n vlootpet wat al baie strawasies oorleef het. Huilende vroue op die bene getatoeëer; rose en vlinders op die boarms; stokkiesheiliges op die vingers. Prominente kakebeen; die gryserige hare altyd kort geskeer. Groot geselser met dese en gene. Nie met my nie.
     Nou het hy ’n frokkie by ’n gevaarlike rooi en kort kortbroekie aan.
      Die sitkamer is ruim en vol lig, al is al die gordyne toegetrek.
     “Sal ons maar dadelik begin? ... Ek charge vir ’n halfuur ... Trek maar daarso uit ...”
     Hy skuif ’n gordyn voor ’n alkoof weg. ’n Masseerbank is netjies geïnstalleer. Die lakens en handdoeke is gaaf en skoon en vars, tralala.
     “Ag, kom lê maar ... Eers op die maag, nè ... Lê nou maar net en ontspan en ontspan.”
     Soms ligte kreuntjies van sy kant. Veral as hy by my boude kom en sy vingers daarop trippel.
     Redelik gou kom ons by: “Draai maar vir ons om.”
     My maag kry dadelik die meeste aandag.
     Toe, asof hy vra of ek suiker by my tee gebruik: “Sal ons so ’n bietjie olietjies opsit?”
     “Asseblief!”
     Waar’s die ander met hulle simpel vrae: Heeltemal tevrede? Daar’s nie nog iets nie?
     Dadelik loop die babaolie. Dadelik die regte ritme met die hand.
     Daarna: “Hier’s ’n lappie ... Jy gaan seker eers ’n bietjie tee saam met my drink?”
     “Dit sal gaaf wees, dankie.”
     Wanneer ek respektabelik is en hy nog in die kombuis werskaf, sien ek die groterige pop op ’n stoel langs die platespeler raak. Dis ’n seuntjie. Sy klere sê sy skool is êrens in Seepunt.
     Grant moes moeite gedoen het om die klere gekoop te kry. Seker op sig geneem.
     Ek gaan sit ver van die pop op ’n purperrooi rusbank.
     Grant kom sit die teeservies grasieus neer, kyk dan met ’n glimlag na die pop.
     “O, dis Simon, hoor. Liewe kind, hy.” Hy lig die kind op en kom sit hom op die ander punt van die rusbank neer.
     Onmiddellik daarna praat Grant oor alles en nog wat. Vra my uit oor my familie, my werk. Of ek ander masseurs ook gebruik. Wat hulle prys is.
     Ek kla half oor die ekstra wat jy moet betaal as hulle ... voluit gaan.
     “Ag, dis ’n rip off. Ek vang ’n gly in hulle. Ons mans het dit mos nodig; dis hoekom masseurs daar is.” Die wenkbroue lig nie; hy bly stokroosregop sit.
     Die tee veroorsaak ’n rustigheid.
     Skielik bly Grant redelik lank stil.
     Hy kyk my en Simon beurtelings aan.
     Hy wys met sy kop: “Kom ons speel met hom.”
     Die kortbroek span baie styf terwyl hy voor Simon hurk.
     Hy trek die kakiebroekie af. Simon dra nie onderbroek nie.
     Sy stok en sak is van wondergom.
     Grant maak dit so dik en so lank as wat hy wil.
     Ek het agter Grant gaan staan, hom opgetrek en die broekie af. Hy het my toegelaat om sy draad vir hom te trek.
     Sy advertensie het net so een of twee maal weer verskyn.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.