Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

SA 2014: Strategie vir grondhervorming moet holisties van aard wees

Dolf van Niekerk

is 'n bekende skrywer en kenner op die gebied van landbou en grondhervorming.
  Dolf van Niekerk

Die SA 2014-bespreking oor Grondhervorming op Sondag 22 Augustus fokus op die ekonomiese en finansiële aspekte van grondhervorming, en wel teen die agtergrond van die owerheid se sosiopolitieke aksie om bepaalde mikpunte met die herverdeling van landbougrond te haal. Tereg word enkele kardinale aspekte van grondhervorming aan die orde gestel:

  • die mens se reg tot grondbesit
  • die inslag van die politiek op grondhervorming
  • die hantering van grondeise-finansiering van grondhervorming
  • die produktiewe aanwending van landbougrond
  • finansiering van die produksieproses
  • afset van landbouprodukte
  • opleiding van nuwe boere tov produksie
  • mentorskap van kommersiële boere ten einde beginnerboere tegnies te bemagtig.
  • Hierdie faktore wat grondhervorming raak is ter sake. Ongelukkig skep dit 'n eensydige beeld van grondsake deur die hoofklem te plaas op grondbesit, produksie en bemarking. Dit terwyl landbougrond nasionaal en internasionaal deel uitmaak van die totale omgewing en ekologie waarbinne die mens sy voortbestaan moet verseker. Kortom: 'n beperking van grondhervorming kan slegs sin maak as die stand en status van grond as natuurlike hulpbron en primêre produksiemiddel die basis vir optrede vorm.

    Die oorbeklemtoning van produksie, afset en welvaart het wêreldwyd bygedra tot die behoefte aan berade oor die stand van die planeet se hulpbronne soos dié in Rio de Janeiro, Johannesburg en elders - berade wat tot nog toe maar 'n skrale oes opgelewer het, omdat die mens nie die wil het om paal en perk aan die bevrediging van sy behoeftes te slaan nie.

    'n Strategie van grondhervorming in Suid-Afrika oor die komende tien jaar moet dan noodwendig holisties van aard wees, sodat herverdeling van grond, produksie en verbruik nie ten koste van volhoubaarheid sal geskied nie. Die beperktheid van die land se natuurlike hulpbronne is oorbekend, asook die feit dat die druk op hulpbronne weens bevolkingsgroei steeds toeneem.

    Die welslae van grondhervorming berus uiteindelik op die verhouding tussen die mens en sy totale omgewing, by uitstek sy houding jeens die hulpbron wat hy bewerk, of hy 'n kommersiële boer, kleinboer of bestaansboer is. 'n Strategie vir grondhervorming rus op die skouers van die land se inwoners en hulle owerheid. Dit is 'n verantwoordelikheid wat gerugsteun moet word deur sosiale betrokkenheid en omgewingsbewoënheid. Hierdie dinge moet mededoelwitte wees van opleiding, onderwys en gemeenskap.

    Ten slotte: die mens is die enigste wese wat die plek van die planeet aarde en ook sy eie plek in die heelal ken. Die digter Ernst van Heerden het dit só verwoord:

    Ons hou die aarde vas; ek, bome, berge en see - die bome deur hul wortels, die berge met hul remkrag, die see met sy ewewig

    en ek, al een wat stand en status kan verander; deur my kry die aarde sy tinteling, want my voete weet ek is deel van hom, omdat ek los is, beweeglik, meer deel as die ander, meet noodlottig-diep betrokke by sy gevaarlike ellips.





    LitNet: 2 September 2004

    Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.