VryepoortArchive
  Versorg deur: Kabous Meiring, Johan Pienaar en Susan Samuel
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vryepoort@LitNet

Vryepoortstasie


Projek
Afrika Afrikaan

Projekskets: AFRIKA AFRIKAAN vrywilligersprojek


Kapittel
Datums

16 Junie - Jeugdag


Vlampunte

Die landskap van Afrika Afrikaan

Rudi Buys verduidelik wat die kapittels behels

Beste Reisiger

Baie dankie dat jy belangstel om deel te neem aan AFRIKA AFRIKAAN deur jou mening te laat hoor.

Daar is ’n hele storie om te vertel oor die ontstaan van die inisiatief, waar die naam vandaan kom en hoe die idee eintlik tussen ’n klomp jongmense van regoor ons land ontwikkel en dinamies groei. ’n Storie wat ek of een van die ander vrywilligers graag met verloop van tyd met jou rondom ’n koppie koffie en ’n lekker sigaar sal wil gesels!

Maar kom ons skets eers die landskap van AFRIKA AFRIKAAN, sodat jy self inisiatief kan neem.

WAT DOEN ONS?

Ons gesels met jongmense oor ons almal se idees van Suid-Afrika, oor hoe ons almal onsself sien as Suid-Afrikaners, en oor watter bydrae ons elkeen graag tot die groei van Suid-Afrika wil maak. Ons doen dit op Vryepoortstasie en met informele gesprekforums (Kapittels). Ons het  16 Junie vanjaar, Jeugdag, se feesvierings as ’n eerste sneller en ’n platform vir die groter gesprekke gestel.

HOE DOEN ONS DIT?

A.
Ons vra jongmense uit enige gemeenskap regoor die land wat hou van die idee om oor Suid-Afrika se toekoms te gesels, om as vrywilligers ’n groep jongmense uit hulle eie gemeenskap bymekaar te nooi en oor ’n lekker glas wyn of koppie koffie of ’n bier, in ’n informele gesprek, oor die idees saam te kuier.

Ons noem dit die SOL PLAATJE AKADEMIE KAPITTELS. 

Ons vra dat die geselsgroepe een keer per maand saamkuier met verskillende jongmense.

En julle doen dit in ENIGE TAAL wat julle self kies om te praat.

B.
Dan vra ons jou as vrywilliger om met julle plaaslike gemeenskapskoerant of radiostasie se mense te gaan praat oor geleenthede, soos Nasionale Feesdae soos 16 Junie, om jongmense informeel en vrywilliglik te laat saampraat oor ons land se mense en sy toekoms.

Jy vra die koerant en radio om op hulle eie inisiatief vrywilliglik ’n storie te doen of ’n program te wy aan sulke geleenthede en om jongmense daaraan te laat deelneem.

C.
Dan kan julle as vrywilligers die sportklubs, die kerkgroepe, die kultuurverenigings en skole in julle omgewing gaan vra om vrywillig jongmense aan gemeenskapsgeleenthede in julle provinsie of omgewing te help deelneem.

D.
AFRIKA AFRIKAAN het ’n logo wat ons alle vrywilligers vra om te gebruik – dit verteenwoordig die idee van saampraat en -werk aan die toekoms.

E.
Bel Rudi Buys of Kabous Meiring, die projekvoorlopers, by 082 301 6900 om saam te gesels oor hoe jy ’n rol kan speel in jou omgewing, en watse maklike maniere daar is vir verenigings en skole om deel te neem.

F.
Stuur ’n e-pos met jou navraag aan afrikafrikaan@mighty.co.za. Rudi of Kabous of ’n ander vrywilliger sal reageer en met jou saampraat oor hoe jy ’n plan kan maak vir jou eie omgewing. Ons het baie idees oor wat individue, groepe, die media, verenigings en skole kan doen om ons as jongmense ’n stem te gee in die land. Ons sal graag met jou saamgesels.

Ons is opgewonde daaroor dat ons kan saamkuier en werk aan die toekoms van ons land.

Ons hoor graag van jou.

Bestes

Rudi

AFRIKA AFRIKAAN

P.S. This communiqué is available in English and will become available in other languages as we go along.




LitNet: 15 Junie 2006

Wil jy reageer op hierdie artikel? Opinies/essays kan gestuur word na redaksie@vryepoortstasie.co.za, of jy kan op SêNet reageer deur 'n brief te stuur aan webvoet@litnet.co.za.

to the top / boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.