Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Waar daar 'n Wilson is, is daar 'n weg

Medewerker

Anthony Wilson slaan sy hand wéér aan die ploeg. By vanjaar se Suidoosterfees bring hy die Vredendal-gemeenskap verhoog toe: Die Nyl vannie Weskus volg op verlede jaar se treffer Perlemoen my Ghoen - 'n perlemoenstorie, wat uit die Hawston-gemeenskap gekom het.

Wilson vertel: "Met die Hawston-projek het ons veral gepoog om iets positiefs oor die mense van Hawston te sê en weg te breek van die stigma dat almal in dié gemeenskap by perlemoenstropery betrokke is. Nou het ons te doen met 'n ander tipe verhaal: die Olifantsrivier en -vallei is voorheen gesien as die "broodmandjie" van Suid-Afrika. Wanneer die Olifantsrivier sy walle oorstroom het, is koring op sy oewers geplant. Mettertyd is koring vervang met die wingerdstok en sy wyn wat somtyds dui op die absolute verval van mense.

"Met Die Nyl vannie Weskus sal ons sekere aspekte en dispariteite uit die gemeenskap aan die kaak stel."

'n Jongman Jonathan draai sy rug op sy mense en gaan soek sy heil in Kaapstad. Wanneer hy na Vredendal terugkeer, heers daar onsekerheid oor die rede agter sy skielike terugkoms.

"In dié drama herleef ons ook die verhaal van Die Nama Potjie, 'n restaurant van Saldanha wat vir sy eg Namakwalandse kos en afval bekend was en baie toeriste gelok het," sê Wilson.

Karen Newman, projekkoördineerder, noem dat dié groep van twaalf lede tussen die ouderdomme 20 en 35 sedert hul aansluiting by die dramagroep spontaan grepies uit gedigte in hul daaglikse gesprekke laat val. Hulle's lief om te sê "Of hoe?" - en dit na aanleiding van Peter Snyders se gedig. Of hulle sê: "Soos Vaalput se water in droen tyd".

Wilson merk op: "My fokus is op digters soos André Boesak, Eugène Beukes en Leonard Koza, veral gedigte met eie stories."

By die onlangse Wes-Kaapse Taalkomitee se Dialektefees op Koekenaap het die groep 'n woordkunsprogram opgevoer. Dis met groot lof begroet. Die lede het onder meer die gedig "Ons is Afriqua" deur Elias P Nel vir die kitaar getoonset.

Wilson: "Hierdie gedig sê: 'Ons is werklike Suid-Afrikaners en is trots daarop.' Die drama self vertel 'n storie uit die gemeenskap, deur die gemeenskap, hul lief en leed met die soet en suur."

Die Nyl vannie Weskus sal twee keer tydens die Suidoosterfees opgevoer word.

  • Die Burger Suidoosterfees vind op 24 en 25 September by die Skiereiland Technikon-kampus (Pentech) in Bellville plaas. Besprekings open op 30 Augustus landwyd deur Computicket.




LitNet: 02 Julie 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.