Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Boeiende toneel op Woordfees 2003-planke

Die Stellenbosse Woordfees wat plaasvind van 3 tot 9 Maart is nie net ’n skrywersfees nie, maar bied ook ’n wye spektrum van dramas om na uit te sien.

Een van die toneelstukke wat uitgesonder kan word, is Raaiselkind. Dié stuk is gegrond op Annelie Botes se gewilde boek Raaiselkind waarin die kruis van outisme genadeloos oopgevlek word. Sentraal in hierdie aangrypende verhaal staan twee onvergeetlike vrouekarakters: Ingrid Dorfling, ma van Alexander, wat die grense van wanhoop oorskry in haar verbete stryd om die kind wat hulle gesinslewe ontwrig, “mens” te laat word; en Miriam — oppasma — wat met haar kinderlike godsvertroue en aardse wysheid die enigste is wat tot “Boetatjie” kan deurdring. Hierdie teer menslike drama word deur Distell moontlik gemaak en in samewerking met KKNK aangebied. Van die akteurs is June von Merch en Aletta Bezuidenhout. Marthinus Basson hanteer die regie.

Mamma Medea word deur die Oude Libertas Teater aangebied en is ’n verdere groot produksie op die Woordfees-program om na uit te sien. Hierdie drama is gegrond op die oorspronklike Euripides-tragedie. Mamma Medea dryf die problematiek van kulturele verskeidenheid op die spits. Binne ’n politieke en seksuele stryd om voortbestaan staan die hartstogtelike verhaal van ’n vrou in haar liefde verlaat. Tom Lanoye is die skrywer van hierdie klassieke drama en is ook verder op die Woordfees-program te sien. Antjie Krog, wat Mamma Medea in Afrikaans vertaal het, gesels met Lanoye in Die stemme agter Medea (Protea Boekwinkel, Stellenbosch) oor die vertaling en die inhoud van hierdie grootse toneelstuk. Marthinus Basson is die regisseur, en akteurs soos Anthea Thompson, Neels van Jaarsveld (Die Goue Seun) en Antoinette Kellerman tree op in hierdie toneelstuk, wat nie misgeloop moet word nie.

Op ’n ligter noot is daar Drie tannies en ’n tert. Petro van den Heever is te sien in ’n nuwe gedaante — ’n kwartet van vroue. Sy is die tannie wat die troues reël in Brakpan, Meraai van die Baai, die vrou in die geel trui wat by die verkeerslig bedel en die geesdriftige verkoopsdame. Alles uit die pen van die veelsydige kunstenaar Theo Kleynhans.

In Die Joseph en Mary Affair beplan drie fabriekswerkers om ’n mirakelspel aan te bied vir die maatskappy se jaareindfunksie. Een is ’n Moslem, en die ander twee se geloofskennis is nie te waffers nie. Hierdie toneelstuk, wat deur Malan Steyn geskryf is, bied ’n komiese, deernisvolle grepie uit die lewe van gewone mense vir gewone mense.

Dan is daar nog Tip deur die bekende dramaturg Saartjie Botha, wat ’n komiese blik gee op ’n jong akteur in ’n sukkelende bedryf, Die uurwerk kantel met Joanie Combrinck en Suzanne Beyers, en die gewilde skoolproduksie Die vaal koestertjie deur die Hoërskool Bloemhof. Die ATKV bring opwindende produksies vir die kinders.

Vir die volledige feesprogram, skakel (021) 8082901 / 0723438179, stuur ’n e-pos na fees@sun.ac.za, of besoek die webwerf www.sun.ac.za/woordfees.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.